Berg-en-dal Kruger Wildtuin

Danet
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 88
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dalpark Uitbr 1,Brakpan

Goeiemore Kampers,

Ons beplan om ons wa staan te maak by Berg-en-dal in die Kruger Wildtuin. Ons het nog nooit daar gestaan nie, en het dus geen idee hoe die staanplekke lyk nie.

Enige inligting met betrekking tot die grote van die staanplekke, elektrise punte (10amp/15amp) en enige ander inligting sal waardeer word!!

By voorbaat dank.

Vriendelike Kampgroete.

Danie.

Sleep 'n Wilk Amethyst met 'n Ford Territory Ghia

Kampgroete,

Danie.

Sleep 'n Wilk Amethyst met 'n Ford Territory Ghia

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Danet

Berg & Dal is een van die mooiste kampe in die wildtuin maar kan baie besig word. Die staanplekke is nie gemerk nie. Jy staan net waar jy plek kry en hoop dat jou buurman nie inwurm tussen jou en die boom nie!

Daar is `n heerlike swembad, veral vir die somer maande is dit `n MOET!

Krag en water is orals in die kamp.

Groete

Hein

 

 

 

 

Steven Weber
Nuweling
Aangesluit: 23/01/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brakpan

Hi Danie,

Puik keuse. Ek kamp die afgelope 12 jaar elke April of Julie in die wildtuin. Ons gaan elke keer terug Berg-en-dal toe. Die kamp is baie mooi, ablusies voldoende en puik, voldoende skaduwee. Soos Hein noem - staanplekke is nie afgemerk nie en daarom moet jy maar seker maak buurman frustreer jou nie. Moeilik om plek teen die grensdraad te kry, maar as jou tydsberekening reg is - 'n wonderlike ervaring!! Die swembad 'n wenner na 'n dag se wildkyk.

Wild sien 'n waarborg. Die roete agter die kamp om - 'n ware wenner. Ons het al die groot 5 meer as een keer daar raakgeloop. 

GENIET!!!!!!!!!!!!

Steven.

Danet
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 88
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dalpark Uitbr 1,Brakpan

Hi Hein en Steven,

Baie dankie vir die terugvoer!!!!!  Nou kan ek nie wag om te haak en te ry nie!!!!!!

Julle terugvoer word werklik waardeer!

 

 

Kampgroete,

Danie.

Sleep 'n Wilk Amethyst met 'n Ford Territory Ghia

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Danie,

Toe ons in Aug. 2007 daar was was hulle besig om die boonste staanplekke gelyk te maak, maar ons het verkies om onder teen die draad te staan.  Die krag kan nogal 'n ent wees so vat 'n ekstra koord saam.  Ons het laai oggend in gegaan en lekker en maklik plek gekry, die park was nie so besig gewees nie (ons het 8 nagte daar gestaan).

Geniet dit en gee vir ons terugvoering en foto's van die park self ASB.

Danet
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 88
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dalpark Uitbr 1,Brakpan

Dankie Willem, ek maak so!!!

Kampgroete,

Danie.

Sleep 'n Wilk Amethyst met 'n Ford Territory Ghia

Rooibonte
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 241
Gebruiker van lyn af.

Hallo Almal

Ons het oor die paasnaweek in n stampvol Berg en Dal gestaan. Die kamp het my beindruk as een van die beter kampe in die Kruger vir kampering. Ablusies was oor die algemeen baie skoon as die nat weer en baie mense in ag geneem word.

Goeie winkel en restaurantgeriewe (peperduur maar daar as jy dit wil gebruik), swembad en lekker staproetes in die kamp maak die ervaring net beter.

n Verbetering sal wees as veral die onderste staanplekke teen die draad maar met sementbladdens toegerus word, elke reenbui omskep dit in alle geval in onbruikbare modderbaddens en die erosie slote word net groter en dieper.

As jy die goeie wildroetes in die omgewing bytel word Berg en Dal al meer van n wenner!

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 20 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.