Benmari Oord (Witrivier)
Nuwe forum onderwerpe
Ons het op 23 Des 2009 hier oor gestaan vir die aand. Dis 'n klein oord met sowat 8 staanplekke (hulle wil nog 2 ontwikkel). Die oord is sowat 3km buite Witrivier as jy van Nelspruit afkom.
Elke staanplek is gelyk met sy eie ablusiegeriewe bestaande uit 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n kombuis met 'n 2 plaat stoof & oond, skottelgoedwasbak, yskas/vrieskas en wasmasjien.
Van die staanplekke het nie regtig koelte nie maar almal het gras. Daar is 'n swembad en speelplek vir die kinders. Daar is ook genoeg voëls om jou besig te hou.
Die eienaars is vriendelik en gasvry. Elkeen word by die hek ontmoet en na jou staanplek geneem. Jy kry ook jou eie sleutel vir die hek en die hele oord is omhein.
Wees net versigtig vir slange aan die noordekant wat grens aan 'n plantasie.
Teen R250 per nag is dit een van die beter oornag plekke oppad KNP toe of as jy Innibos op Nelspruit wil bywoon. Hulle het ook gastekamers beskikbaar. Ongelukkig kon ek nie gaan kyk hoe hulle lyk nie aangesien almal vol was.
As jy wil bespreek vra vir staanlek No 1 of 2. Hulle het lekker koelte en is volgens my die beste 2 staanplekke.
Ek sal hierdie oord met 'n geruste hart aanbeveel, hoewel hulle nie 'n stergradering het nie.
Kontaknommer: 082 924 8153
Website: www.benmari.co.za
Baie dankie vir die foto's, dis goed om te weet hoe 'n nuwe plek lyk
Staanplekke is darem maar groen!
Ek en my vrou het ook daar oornag op die 13de Desember 2009 oppad KNP toe. Die persoonlike diens van Ben en Marie die eienaars, was besonders. Ek kan dit aanbeveel vir enige een wat 'n oornag plekkie soek oppad na die KNP. Ons is die volgende dag so teen 8vm daar weg en het by die Numbi hek ingegaan. Dit is wel die korste roete vanaf Benmari na die KNP maar ek sal nie die pad aanbeveel nie. Dit het baie slaggate waarvan sommige nogal diep is. Die beste is om na Kruger hek of na Phabeni hek toe te gaan.
Ek het verlede jaar 'n kort insetsel oor Benmari oord gedoen op Tracks4Africa
http://tracks4africa.co.za/listings/item/w221072/
Die pad na die ingangshek by Numbi, moet liefs vermy word. Behalwe vd slaggate is daar soms baie aggresiewe "verkopers" wat in die pad staan en selfs klippe gooi as jy nie stilhou nie.
Wees net versigtig vir slange aan die noordekant wat grens aan 'n plantasie.
Het jy self slange daar gewaar, of is dit maar net 'n algemene waarskuwing? Daar in die omgewing van die Wilde Krugertuin moet 'n mens seker maar verwag om soms in een van Eva se boesemvyande vas te loop.
Ek kan die plek ook aanbeveel.Ons het daar oornag in een van die chalets op pad na die wildtuin.Die chalets het alles in wat nodig is tot n haardroer.Die eienaar was besig om n sekkuriteit kamera sisteem te instaleer toe ons daar was.Ons is ook deur die Phabeni hek die wildtuin in.





Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt
Net so 'n paar foto's
Louis