Badplaas
Nuwe forum onderwerpe
Ontvangs = vriendelik
Ablusie = skoon
Sekuriteit = Goed kom maak jou gou stil as jy raas te veel na hulle sin
Veiligheid in swem area = Te goed na my sin maar in die lig van hofsake seker nie te rof nie
Dagbesoekers = ja maar nie in die kamp area nieen ooknet op seker dele van die swen area
Kitsbank = ja
Winkel = Ja baie goeie een pryse baie billik
Staan plek = Groot genoeg vir my
Geen gras op staan plek en die grond is flippen hart en lekker koelte bome
Atraksies = Wildritte; perderitte; super tube; rinkhals; superslide; warm swembaddens; Spa; foefie slide; paintball
Die plek hou kinders baie lekker besig en hulle is lekker moeg in die aand.
In 1991 die eerste keer soontoe gegaan en vir die volgende 6 jaar het die kinders geweier om enige ander plak te wees oor Desember.
Was lanklaas daar en daar was op 'n stadium probleme met "Robbe" wat veral oor naweke en die vakansiedae oorgeneem het. Verstaan die dagbesoekers word nou beter beheer.
'n Lieflike park met meeste staanplekke in die koelte. Maak net seker jy grawe afvoerslootjies want erens in 10 dae gaan julle natreen. Geriewe soos badkamers, toilette, swembaddens ens word puik skoongehou.
Gesels net met nog 'n paar mense wat meer onlangs daar was maar kan met geruste hart aanbeveel as die dagbesioekers onder beheer is.
O Ja weet nie van die toestand van die paaie op die Hoeveld deesdae en wees reg vir een moese bult met die terugkeer vanaf Badplaas na Carolina. Hy het menige 3Liter se Baas se geduld al beproef.
More KK, en dankie vir die bederf. Lyk 'n lekker dag te wees in Pretoria. Sal die dag vat soos hy kom. Geseend vir julle ander
Welkom tot die forum, Wanni.
Dankie vd bydrae oor Badplaas.
Groete
More maters. Dit voel soos 'n heerlike dag hier in Pretoria. Ek is lus en van die platkar en ry net.
Geniet jul dag.
Groete
Jan
Wanni, dankie vir die inset.
Ons gaan in Des vir 2 weke daar staan en ek het maar bekommerd begin geraak oor sommige kommentaar wat gelewer was op die forum. Is daar ander restaurante in Spur/ Milkylane se plek? Ook goed om te hoor die sekuriteit is goed en dagbesoekers is onder beheer.
Is daar dalk nog forum lede wat Badplaas toe gaan in Des?
Groetnis
Gerrit
Baie dankie,sal skurwekop gaan besoek.
Hi Andre,
Om jou sleepgewig so laag moontlik te hou, bring niks, dan kom kuier julle by ons en die dames kan dan pap koop na hartelus.
Oor die Piepol het ek slegte nuus. Daar is genoeg van hulle hier om ons almal orals te verpes.
Groete
Hi almal!
Ek het vandaand eers weer aangeteken en al die vrae gesien. Ek dink al die vrae is al geantwoord maar hier is maar my stuiwer ook. Die kamp mense is maar onse mense. Ganse van die selle dam. Desember maande is daar gewoonlik 'n paar "ontsnapte" hoe gaan ons hulle nou noem ..... amper volwassenes. Nogsteeds ons dam se ganse, maar jonger ganse wat nog nie mooi weet hoe om hulle vlerkies te sprei nie. Ons het al 'n paar keer 'n groepie ervaar wat daar afgelaai is deur die ouers, en dit is duidelik hulle eerste solo uitstappie. Maar sekuriteit het hulle nog altyd goed beheer.
Wat die ander piepol aangebtref die volgende. Ek dink dit het 'n klimaks bereik ongeveer 2007 se nuwejaarsdag. Daar is mense met bottelstukke gesteek. Maar daarna is die aantal dag besoekers beheer en busse is al weg gewys. Drank word ook nie meer by die dagbesoekers toegelaat nie. Op dae wat dit fataal is om by die swembaddens rond te hang is Des 16, Des 25-26, en Jan 1. Bly daardie dag maar by die karavaan. Andersins is die piepol regtig volgens ons onder beheer.
Tydens vakansies is daar "dip-n-chip", en "mini donuts" te koop by die swembad. Ons het ook al van daardie koppies mielies gekoop. Daar is ook 'n kiosk met die nodige roomys en tjippies en koeldrank. Daar is ok 'n curios winkel met geskenkies. Dan het die hydro 'n koffie winkel en daar is die "Jive bar" waar mens wegneem etes en draai roomys kan koop.
By die oord is 'n spar soos genoem, en dit is maar duur. Die slaghuis se vleis is vars en goeie snitte. Ek en my man is van mening dat hulle die lekkerste boerewors maak. Daar is ook 'n apteek in die oord. Daar is 'n China winkel en 'n indier winkel buite die oord, maar jy gaan maar uithaal en wys by die indier winkel. Daar is ook 'n winkel by Country King, dis so 8-10 km van die oord af na Barberton se kant.
Daar was eers 'n spur en toe word dit gangster, maar hulle het ook gevou. Nou kan jy wegneem etes koop by die "jive bar" en jy kan by die hotel gaan eet. Ek en my man eet gewoonlik ontbyt daar.
Ons vat gewoonlik nie baie kruideniers saam nie, ons sorg maar dat ons die basiese dinge saam vat.
Ek dink amper dis al die vrae. Maar glo my, julle gaan lekker kamp!
O ja, jy kan opgradeer na "Club Prive", dan kry jy 'n ander kleur bandjie en dit sluit dan die gebruik van die hydro en die rinkhals in. As jy nie "Club Prive" is nie, is die rinkhals R18 vir 5 rye en die hydro is R10 per persoon in die oggend per sessie, en as jy die aand weer wil gaan is dit weer R10 per persoon per sessie. In die winter is die hydro lekker, maar in die somer is dit bietjie baie warm.
Nou ja, dis wat ek nou alles kan onthou.
Groete!
Hi Wanni,
Baie dankie vir die volledige verslag, dit help sommer baie.
Wanni
Alhoewel ek dit nog nie self geëet het nie, is my seun ook van mening dat hy nog nooit lekkerder boerewors as Badplaas slaghuis s'n geproe het nie. Hy't al gesê dat as hy weer daar kom gaan hy 'n hele voorraad koop om saam te bring Kaap toe.
Ons, veral die kinders, geniet ook Badplaas, alhoewel ons min daar kom weens die hoeveelheid dagbesoekers in die verlede, en die pad. Maar die Barbertonpad is nou pragtig mooi oorgebou, en ek weet die dagbesoekers word nou baie beter beheer. Ons sal weer bietjie gaan draai daar binnekort. Ja mens moet maar jou eie goedjies saamry sover moontlik. Ek het so twee maande terug my gunsteling lawaaiwater teen R120/bottel daar aangekoop terwyl die prys by ons so R90/bottel is. So die pryse is maar wild.
Badplaas is 'n baie lekker kampplek. Ons beoog om die langnaweek in Augustus bietjie daar te gaan uitspan. Sal kom vertel hoe ons dit beleef het. Ek probeer nog 'n sekere forumlid se arm draai om saam te gaan. 
Ferdi, ek is seker daar word nou van jou gepraat
:)
Natasha
Ferdi,
Jy was mos nou die langnaweek by Badplaas - sien op die ander draad dat jy dit geniet het - gee bietjie meer inligting asb, spesifiek insake die dagbesoeker beheer ens. (Ek gaan mos in Des en sal bietjie "vars" inligting waardeer.
Thanks
Gerrit
Ja ons was die naweek daar en dit was baie lekker. Daar was geen probleme met dagbesoekers nie, maar dan moet mens seker onthou dis nog nie heeltemaal somer nie. Daar was werklik baie min dagbesoekers en dit het glad nie gepla nie. Hoe dit in Desember sal lyk, sal ek nie kan sê nie. Die koste per dagbesoeker is R75, en hulle mag glad nie voertuie in die park neem nie. Ek is nie seker nie, maar ek het gehoor dat die getalle ook beheer word, veral as die park vol is. Sondagaand was die hydro te vol en het ons maar geloop. Daar behoort beter beheer te wees oor die hoeveelheid mense wat in die hydro toegelaat word. Die dagbesoekers kom glad nie in die karavaanpark nie. Ablusies was skoon. Skuins agter ons was 'n groep wat nogal lekker kon raas, tot redelik laat, maar hulle het hulleself geniet en ons het hulle dus rustig laat begaan. Op 'n stadium, ek dink dit was Sondagoggend, het 'n paar staanplekke reg oorkant ons kragprobleme gehad, maar dis baie gou uitsorteer. Dit sê tog iets oor die bestuur van die park. Sal ek weer gaan? Ja verseker, dit was "roaring".
Badplaas is mos sommer naby aan ons, was weer die afgelope naweek, 28 - 30 Aug 2009 daar, maar was nou die laaste keer. Baie lekker plek om te gaan rus, baie vir die kinders om te doen. Oorkant die hoofpad het 'n suipgat oopgemaak wat die grootste geraas maak tot ses in die oggend, glad nie meer lekker nie
Jaco, dankie vir die inligting - nou nie juis goeie nuus nie - dit klink omtrent of dit 'n groot lawaai is.
Andre, ons sal solank aan 'n plan moet begin dink om hulle stil te kry Des!!!
Gerrit en Andre,
Klink my julle behoort OK te wees met al die mannegrag wat beskikbaar gaan wees.
Ek is ook nie te ver om te help nie.
Ek ken nog my "First Aid"
Groete

Ons het op 'n stadium gehoor dat daar hangende grond eise is by Badplaas en dis hoekom hulle nie nou vreeslik wil opkanp nie. Badplaas is ook nie wat dit jare terug was nie. Daar is ook nie nie meer 'n Spur of Milkylane nie, maar ten spyte hiervan bly Badplaas ons gunsteling gunsteling kamp plek.
Alhoewel die verf afdop in die storte van die ablusies is dit altyd skoon en daar is toilet papier. Die sekuriteit is goed. Die dag besoekers is ook onder beheer. Dis maar net so van September tot November wat die kinders in busse opdaag. Maar die dag besoekers kom ook nie in die kampeer area nie.
Swembaddens is skoon en die hydro werk heerllik op koue aande en reën dae.
hulle doen twee ambusieblokke oor dit sal die einde van feb klaar wees
Ons was van 24 Des tot 01 Jan 2011 by Badplaas. Was baie gelukkig om 2 staanplekke langs mekaar te kry, gehoor ander kampers voel ook dat staanplekke liewers aan jou toegeken moet word, sodoende kan jy vra vir 2 of 3 langsmekaar - baie mense wil graag in groepe kampeer (families en vriende) en dit is nie moontlik met die huidige stelsel nie.
Ablusies naby ons staanplekke was onlangs oorgedoen en is regtig baie mooi en netjies, heeldag skoongehou. Storte bietjie klein, maar voldoende. Enigste negatiewe kommentaar oor badkamers is dat die vensters nie die nodige privaatheid bied nie, gelukkig het ons dit die eerste aand al gesien en toe handdoeke in die vensterrame gehang. (Gerapporteer en bestuur sal daarna kyk).
Rinkhals was blykbaar gedurende Oktober gesluit vir herstelwerk, maar daar is wel nog 'n stuk waar die sement stukkend is en 'n vrou het haar voet lelik gesny. Glo egter daar sal dadelik aandag aan gegee word.
Go-karts is uitgekontrakteer en R55 vir 12 rondtes, tel maar self - jy word ingedoen. Die karretjies is ook in 'n swak toestand. (Ook gerapporteer)
Ons het die "game-drive" met ons voertuig gedoen en heelwat wild gesien (renosters, kameelperde, baie bokke en sebras). Nogal gedink dis 'n bargain - R100 vir 'n voertuig, lyk nie of daar 'n beperking is op die hoeveelheid mense in/op die voertuig nie - en dan kan jy die hele dag daar rondry (tot 5uur die middag), selfs uitgaan en weer ingaan as jy wil.
Daar was elke dag vakansie aktiwiteite en heelwat gaskunstenaars (alhoewel daar 'n toegangsfooi vir laasgenoemde se optredes was).
Oor die algemeen het ons die ervaring in so 'n besige oord positief ervaar. Dit was definitief nie raserig soos ons verwag het (oujaarsaand was daar 'n groepie was stilgemaak is deur sekuriteit) nie en die oord is oor die algemeen in 'n baie goeie skoon en netjiese toestand.















Ian
Ja dit moet seker honeymooners wees as hy nog n lig nodig het
kan nie wag vir die volgende kamp nie