Weesgerus
Nuwe forum onderwerpe
Wil net bietjie terugvoer gee oor die bostaande.
Dit was ons 1ste karavaan slaap en het al in die shalets gebly. Dis die 1ste koord wat ek by kom en jy moet jou eie toiletpapier hê. Ek het maar gedink dis 'n "given". Die badkamers is nie vrek groot nie maar is darem skoon en ruik ook skoon wat belangrik is. (vir ons is dit)
Verder is dit eintlik baie lekker. Plek plek rooi grond en die penne gaan maar moeilik in. Daar is lekker groot staanplekke en so bietjie minder groot maar ek glo die "average" gesin sal regkom met ekstra tente ens.
Behalwe vir die meer as 12 uur kragonderbreking Sondag was dit heel lekker. Al wat bietjie sleg is, is dat sekere oorde drank langs die swembad toelaat. L.W, ek drink ook 'n bietjie maar weet hoe om my drank en myself te hanteer.
Alles van die beste!
Hallo Tinus,
Ek kamp al vir Jare by Weesgerus en gaan binnekort weer vir 'n naweek daar 'n draai maak.
Om jou te antwoord op jou vrae.
1. Staanplekke word toegeken en jy het nogal 'n keuse waar jy wil staan as die oord nie vol is nie.
2. Nog nooit probleme ondervind met dagbesoekres of diefstal in die oord nie, bygese ek sluit nooit my goed toe nie.
3. Paasnaweke oor die algemeen is nogal bedrywig in meeste oorde soos met Weesgerus ook.
4. Ek het al gevar by die bestuur om van my bure te gaan stil maak aangesien hulle hande uitgeruk het 1 Desember, die voordeel is dat vanm die bestuur bly op die oord self so hulle is meeste van die tyd beskikbaar.
Groetnis
Theo
Ek was gladnie beiindruk met Weesgerus nie. Ons het by Sirkel 3 gestaan en sal dit vir niemand aanbeveel wat rus en vrede wil he nie. Die karavaan staanplekke is ook teen die Nylstroom / Vaalwater pad en dit raas gedurig.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Ian Laing
- Alias
- Vrystater
- Mariskab
- Harry Du Randt
- Cheetah
- RATEL
- Marthinus Slabber
- Ebenhaeser
- John Cooper
- Anton le Roux
- WilleWillemien
- PaulS
- kooshoring
- MarkP
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC





Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti
Ek wil so bietjie meer inligting oor die oord bekom.
Word n' sekere staanplek aan jou toegewys of gaan staan jy waar jy wil.
As daar wel staan plek aan jou toegewys word kan jy n' staanplek kies en indien watter is goeie staanplekke.
Is die dagbesoeker nie n' probleem nie, soos bv. by Warmbad en Badplaas.
Is die oord baie bedrywig oor paasnaweek.
Word disiplinne darem toegepas by die oord - kampers wat hande uitruk met lawaai , drank misbruik ens.
Tinus