Tzaneen dam

Gesels saam op die WegSleep forum.
Nic Snyman
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.

Die omgewing is baie mooi en die personeel vriendelik, maar geen instandhouding word gedoen nie. Die toegangshek is stukkend gery, die warmwatersilinders lek en die ondersteunende houtkonstruksie vrot, elektriese drade is ontbloot, baddens wys roes van lekkende krane, wasmasjiene is buite werking en die een ablusieblok het 'n groot gat in die plafon, waar die rotte baljaar. Op die dag van ons vertrek was daar geen water nie. Bly liewer weg tot Limpopo se owerhede herstelwerk gedoen het. 

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Nic

Ek is bly ek het jou kommentaar gelees.

Ons soek juis plek vir die 24ste Sept (gelukkig net vir een nag) en ek het die plek sterk oorweeg. Is ek reg deur te sê dis die oord waar mens uit die Tzaneen-Duiwelskloof dubbelpad draai en dan voor die ingang na Merensky-hoërskool verby ry tot onder by die oord se hek?

Kennisse in die omgewing het my op die spoor gesit van 'n plek met die naam van Satvik Backpackers wat blykbaar ook kampeerplekke het, so ek gaan daar probeer. Tragies dat so mooi dorp nie juis kamp plekke het nie, nê.

Groete

 

Nic Snyman
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.

 Gideon,

Die pad na die dam draai regs af, as jy van Tzaneen af ry op die Duiwelskloof pad, net voor die Magoebaskloof pad wat links afdraai. Stuur vir my jou E-Pos adress na nic@hermanus.co.za en ek stuur vir jou fotos van die dinge waarvan ek praat.

Groete

Nic

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 103 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • sakkie mynhardt
  • Big G
  • thysvt
  • Eddie Laing
  • Kobus K
  • Gypsey King
  • Johan K
  • Kobus Snyman
  • chris dupreez
  • BenA
  • RSS
  • Andries
  • Theo Red
  • BB

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.