Tshipise Vankansie oord

Buurman
Nuweling
Aangesluit: 30/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie dag.Ek wil `n bietjie navraag doen oor die kampterein by Tshipise in Limpopo.Ek gaan in die komende Julie vakansie na die wildtuin en my laaste kamp is redelik hoog op.Ek het bietjie gekyk en gesien dat ek dalk by Tshipise sal kan gaan uitkamp vir `n paar dae voordat ek terug reis na die huis.Ek was egter nog nooit hier nie en sou graag `n paar menings oor die oord wou he.Groete

Anton vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 518
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Slipstream Safari 680 met 'n Jetta 4 2.0L

Jy moet net sekermaak. Tshipise is gedurende daardie tyd gewoonlik vol met die Swaeltjies wat daar gaan uitkamp gedurende die winter. Jy kan dalk die Eiland by Tzaneen oorweeg. Dis onlangs deur ATKV oorgeneem en ek verneem hulle is besig met groot verbeterings daar.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Buurman, ons kamp op die oomblik hier, behalwe vir die: hitte, kampeerders wat nie mede kampeerders in ag neem nie, geraas na 23:00 (het al twee waarskuwings weg), mense (mede kampeerders) en hulle kinders wat sommer oor jou staanplek loop (partykeer sommer onder deur my gazebo), dorings op die staanplekke, verskriklik baie miere, is dit nogal heel OK hier. Ek sien 'n klomp karavane van die swaeltjies hier staan onder seile toegemaak.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Dag Leeu. Klink nie of jy 'n vervelige dag daar het nie.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Weet julle wat, ons kamp eintlik blerrie lekker. Dis nou eers rustig en stil, die raas bekke is weg!!!! Ons klompie ouens, 5 staanplekke paarkeer ons voertuie reg rondom en keer dat nog verkeerde elemente naby ons kom kamp opslaan. Die krag is nou al twee keer uit in 5 dae. Die badkamers word nie so gereeld skoon gehou nie, maar ons oorleef. Die termiete vreet al die gras op by die staanplekke, ek weet nie wat maak die betsuurder hier nie? Die plekke met die meeste koelte, onder groot bome, is net grond staanplekke. Die plek gaan regtig agteruit. MAAR ons kamp nog steeds blerrie lekker. Ons het nie baie vleis gebring nie, want ons het gedink die vleis sal goedkoper wees hier, groot was ons verbasing dat hier nie eintlik 'n slaghuis is wat vleis aanhou nie, soos bv die slaghuis op die oord het glad nie skaap vleis nie, en ma hou baie daarvan, want dit verkoop nie in die somer maande nie?, MAAR ons kamp nog steeds blerrie lekker hier. Groete Nico

Buurman
Nuweling
Aangesluit: 30/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Nou ja Dankie vir die terugvoer.Ek glo dit is seker nou taamlik warm daar.Ek sal dan maar bietjie kyk of ek nie my planne kan verander en dalk na die Eiland gaan nie.Weereens groete en lekker kamp.

Christine Boshoff
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.

Ek het boodskap gelees en is ATKV Eiland se kontaknommer 015-3868000 en kontak ontvangs gerus vir hul tariewe met twee nuwe ablusieblokke waarmee hul spog, verskeie ander opgraderings ook reeds gedoen. Oord kan sterk aanbeveel word.

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 348
Gebruiker is aanlyn

Buurman,
jy kan maar Tshipise toe gaan, bespreek net betyds jou staanplek. Die oord is besig daardie tyd van die jaar. Die jaar sal seker anders wees weens die lang, lang vakansie a.g.v.die sokker, maar maak maar seker van staanplek. Ek hou elke jaar vir die afgelope 9 jaar vakansie daar gedurende Jun/Jul, die oord makeer niks. Inteendeel, maak genoeg tyd, want as jy eers daar is sal jy nie wil waai nie.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Alias, niemand het gese die oord makeer iets nie, ek het net bloot terugvoer gegee, ek was per slot van sake self daar gewees. Ek verseker julle dat die oord se kampeerplek nie goed in stand gehou word nie, maar ry gerus deur die rondawels en dan sien jy pragtige groen gras en mooi tuine. 'n mens kan sien dat die oord bestuur meer aandag gee aan die rondawels en omgewing.

Hiermee wil ek noem dat dit nogtans 'n lekker oord is om te kamp. Kyk gerus na Nico Willemse se klagtes oor die oord, ek self het ook miere in my karavaan gekry. Die miere is orals, klein miertjies en termiete!!

Ons sal nogtans weer teruggaan, maar ek dink die bestuurder moet kyk na die klagtes. Ons het al by 'n vorige geleentheid, dis nou al ons vierde jaar wat ons daar gaan kamp, gaan kla, dan word daar net gese dat hulle nie begroting het om na die probleme te kyk nie, dis nou die politiek met groot kampplekke. Weet nie, miskien motiveer die bestuurder verkeerd wanneer die begroting ingedien word, die vorige jaar.

Groete Nico

Piet Pompies
Groentjie
Aangesluit: 30/05/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Leeu, ek is elke jaar self by die oord 30 jaar lank.

Ek sien ook die groen gras by die rondawels , maar ek sien ook die suur gesigte in die rondawels (R600 plus per nag) en ook die mierbesmete kamp se glimlagte en braai vure (R150 vir Cool.  Die groen gras by die rondawels dra geen verkeer nie en hoef nie elke jaar oorgeplant te word nie.

Het jy geweet dat die kampeerplek omtrent 2 derdes van die jaar amper vol beset word. 'n Mens en normale mense spuit nie die gras nat as daar tente en karavane staan nie. Dit vat gras omtrent 3 maande om toe te groei . Die gras kan ook nie groei as daar nette en mens op dit is nie. Daar het gras omtrent 30-40 jaar terug onder die groot bome gegroei toe dit nog klein was. Die gras groei nou nie meer nie om bogenoemde redes en geen son nie.

Ek was al by die plek wanneer daar karavane op die gras langs die rondawels gestaan het. Na 3 weke het die gras ook agteruit gegaan en 'n mens kon se dat daai gedeelte word nie na gekyk nie.

Die miere puzzel my, ek het gedag Leeus hou van miere? Waar in die Bosveld is daar nie miere nie.  Jy klink soos oom Dawid wat elke jaar dreig dat hy nooit  weer sal kom oor dieselfde redes (swak bestuur onderhoud ens.) nie, maar kom staan elke jaar langer. Die bestuur word elke nou en dan verander al wat dieselfde bly is kampeerders.

Die lawaai makers is ons mede kampeerders, wat nie maniere het nie en kom oraal voor.

Het nie eers familie wat deel is van die oord nie, is net tevrede met die lewe en myself.

Tokkie

Tokkie

Laat daar vrede in julle harte wees en mag die ds. jou met benyding vermaan!

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

My liewe Oom Tok Tokkie,

Dit wil vir my voorkom of jy jouself nog nooit bederf het met 'n kamp in 'n 5 ster oord nie. Hoe sê hulle: "jy betaal 'n beitjie meer vir daai ekstra in die lewe". As jy baie mooi lees sal jy sien dat ek wel noem dat ek sal terug gaan, miskien ook langer, hang af hoe ek voel. Ongelukkig is daardie "lekker" gevoel wat mens kry in die oord so veslawend, ons gaan elke jaar terug.

Jy sit die pot heeltemal mis. Ek het bloot terugvoer gegee op wat ek waargeneem het tydens my besoek aan die oord. Ek is jammer as ek op jou of jou familie se tone getrap het, maar feite is feite. Ek verwag ook van enige ander persoon om die positiewe en negatiewe van 'n oord weer te gee.

Ek besef maar te goed dat dit baie droog is daar bo en verstaan die gras aspek, maar wat baie vreemd is, twee of drie jaar gelede was die Club Prive staanplekke gras groen, dis nie meer die geval nie. droogte is 'n verskoning, enige ander rede wat jy aanvoer is nie, kyk maar na Mbizi, en baie ander oorde naby Gauteng wat die hele jaar beset is.

Ons Leeus hou vreeslik baie van miere, veral as hulle kom nes skrop in ons karavaan!

Die lawaaimakers waarvan ek praat kom van Zim, as jy verstaan?

Ek is heeltemal tevrede met die lewe en myself, maar soek soms meer in die lewe.

Kamp groete

Nico

 

Johan du Plooy
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 225
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brakpan

Hello mense

My 5 sent Tshipise is 'n lekker oord ................. met al sy probleme ............ek was verlede jaar julie daar en sal weer terug gaan....................as jy my moet vra wat die oord spesiaal maak .........niks ..........wat die oord anders maak  niks .................... ek moet sê as ek iemand moet sê hoekom om te gaan ..................daar gaan nie veel aan nie ..........behalwe die vermaak by die swem bad en 'n paar ander goed ................... daar is niks wat ek my vinger kan lê nie .....................maar ek kamp lekker daar,

in die kommetare bo is daar ook 'n kwessies wat my sou pla .........................die lawaaierige zims ..............die begroting ...........want as die begroting nie reg bestuur word nie sien ek rooi ligte as instandhouding nie gedoen en volhjard word nie,

Miskien moet ek maar volgende keer Eiland toe ..................

Sal maar dop hou wat die manne sê wat nou terug is na die winter vakansie

Kamp groete

Johan

 

Johan du Plooy

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker van lyn af.
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

ek het op 'n ander draad gemeld dat ek Oktober na Tshipise wil gaan vir so 2 weke en gevra of dit raadsaam is gesien veral in die lig dat dit oor naweke dol gaan met dagbesoekers wat hul blykbaar wangedra. Baie dankie vir die inligting hierbo en sal ek weldra besluit wat ek gaan maak. Die Eiland het ek besoek nog voor ek begin sleep het maar omrede my seun te Alldays werk  soek ek 'n plek wat nader aan hom is.

Ek dink die antwoord le daarin dat as ek Tshipise toe gaan ek BAIE miergif moet saamvat!!!!!

Enige ander kamppekke naby Alldays/ Musina ??

Groete

Obie

Alias
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 348
Gebruiker is aanlyn

Nico, sover ek weet word dagbesoekers nie toegelaat nie. In elkgeval dis soos dit werk gedurende vakansie seisoen. Vra hulle dalk maar eers maar ek twyfel of hulle enigsins inkom. Vir die res..... die oord het alles wat jy nodig het die waskamers is skoon die staanplekke netjies, ja weens al die redes hierbo is gras skaars maar in die algmeen 'n baie lekker oord. Ek wonder net of daar in Oktober veel sal aangaan, jy mag dalk net die enigste besoeker daar wees daai tyd van die jaar.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Alias, jy is 100% korrek, hulle laat nie dagbesoekers toe nie, maar die Zims kom daar aan met "huisgenoot tentjies" en probeer dan familiêr met jou raak. Hulle boek ook in die rondawels in. Ons het langs ons Zims gehad wat ander in die rondawels ken, daar word dan gekuier by die rondawels en dan kom hulle besope terug in die park en dit skep 'n probleem.

Laas jaar Desember het daar 'n groep van hulle geplak, net oorkant ons, daar was telkemale geelkaarte uitgedeel aan hulle deur sekuriteit. Ek het eintlik die ou oomie van sekuriteit jammer gekry want al die "ou" kampeerders het by hom gaan kla, MAAR, dit was net drie of vier dae in Desember.

Die res van die tyd was baie lekker!!! As enige een nog nie by Tshipise gekamp het nie, moet jy ten minste een keer in jou lewe daar gaan kamp. Ons het een jaar in Desember by die Eiland gaan kamp en is oortuig dat die Eiland baie warmer is as Tshipise. Daar waai altyd 'n windtjie by Tshipise en maak dit koeler.

Puledi
Nuweling
Aangesluit: 23/12/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Obie, jy kan gerus Dongola naby Mapungubwe/Pondrift probeer, dis nader aan Alldays en elke staanplek het sy eie grasdak, badkamer en kombuis. Die afdak is groot genoeg om meeste woonwaens onder in te kan pas. Daar is ook wildbesigtigingsritte en jy kan selfs Mapungubwe besoek vir n dag. Die grenspos daar naby gee jou toegang tot Botswana se Tuli Blok wat ook die moeite werd is om te besoek. Geniet die bosveld. Riaan

Puledi
Nuweling
Aangesluit: 23/12/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Ons ry more Tshipise toe vir Kers naweek. Oupa en Ouma is al n week daar met die kleinkinders en dit klink darm of dinge tot dusver sonder enige haakplekke verloop. Sal julle bietjie terugvoering gee met ons terugkoms. Ons het egter voorheen al baie daar gekamp en ek stem saam met alle kommentaar hier bo, maar ons het nog altyd terug gegaan en dit weereens geniet. Lekker kamp almal!

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Riaan, hoe was Tshipise toe vir julle gewees, ons was weereens daar, die boom wat omgeval het, op 'n "dome" tent het 'n probleem geskep (geen water in ablusie no 1), het die water pype gebreek. groete Nico

Bosveld Ben
Nuweling
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Warmbad

Goeie nuus mense!

Tshipise het begin met die lang verwagte opgradering. Ablusie nommer 1 word tans op gegradeer en klink my daarna gaan hulle begin met die ander ablusie blokke. Hopelik met van die rondawels ook..

Maar ek moet sê: die restaurant se kos is puik en die diens was great!

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 249
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Totdat die opgradering klaar is , oorweeg maar Eiland en Dongola lodge. Ek het in vorige skrywe fotos geplaas van Eiland. Ek sal fotos plaas van Dongola lodge , die Lodge behoort nou wel aan Coal Of Africa maar niks het verander nie, publiek is welkom en die stands is luuks.

 

Bosveld Ben
Nuweling
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Warmbad

Ek was so rukkie terug op Tshipse gewees toe ons oppad Willetuin toe is. Ek moet die ablusie opgradering komplimenteer, dit gaan sommer stukke beter lyk!

Die enigste "downfall" is die ontvangs personeel.. Die dame wat by ontvangs werk het meer buite gestaan en rook as wat sy kliente gehelp het, ag nee siesa man!

 

Enige iemand anders al daar weer 'n draai gaan maak??

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

BB

Ek gaan die skool vakansie ñ bietjie daardie kan toe ek sal jou terug voer gee met die verloop van tyd.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Bosveld Ben
Nuweling
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Warmbad

Dankie man, ek sal dit wardeer! Laat my weet of die restaurant nog sulke lekker kos maak, hulle burgers was die beste!

Maar toe ek laas daar was hoor ek dat die restaurant bestuurder nou daar  weg is. Ek hoop nie dat hulle standaarde gaan drop nie, want die eetplek was great

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

More al die Kamp Maters

Dis nog net 19 slapies slapies voor ons vertrek na Tshipese, vir 'n welverdiende vakansie van 'n volle 30 dae van so min as moontlik doen.

 

 

Kamp Groete Pieter

Harm Potgieter
Groentjie
Aangesluit: 08/08/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Storm met 'n 2011 Nissan Navara 3.0tdci V6

More mede kampers,

On het gister tuis gekom na so 10 dae se kamp by Tshipise, om eerlik te wees wat `n ervaring.

 

Buiten vir die stowwerige samderige staanplekke, wat maar te wagte kan wees en aanvaarbaar is siende die omgewing ondergaan die oord tans ernstige probleme volgens ons.

Gereelde kragonderbrekings gdurende die oggend en aand, soms tot so 2 na 3 ure op `n slag. Die eerste paar keer is dit geblameer op `n foutiewe skakelaar wat vervang is, maar nie die probleem opgelos het nie. Ewe skielik verskyn daar `n kennisgewing in die ablusie blokke wat lees:

Vakansiegangers word versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die oord nie aan die "demand" kan voldoen nie. SOu daar nie aan die versoek gehoor gegee word nie sal bestuur geen ander opsie he as om die warmwater stelsel in die ablusieblokke tydens spitstye, (06H00 to 09H00 en 17H00 tot 20H00" af te skakel. Ons buurman het tydens een van die onderbrekings ernsitge skade aan sy Exculsive se kragstelsel opgedoen.

Ons groot vraag wat sou dit help? Daar was skaars warmwater en almal moes maar tevrede wees met lou water ten alle tye.

Die ablusieblokke, spesifiek verwys ons na die een in blok 2 was haglik, slegs een keer per dag skoongemaak, skoonmakers wat sommer instap net wanneer hulle wil, of jy besig is of nie, storte sonder deure, vuil toilette en urinale wat gereeld geblok is en oorloop (die is darem teen die einde van ons kuiertjie reggemaak)

Ons moet se, vanaf die oord wat ons verlede jaar selfde tyf besoek het na die oord wat ons die jaar besoek het was daar `n definitiewe aansienlike afname in die kwaliteit en bestuur steur hulle nie veel aan klagtes nie.

Bosveld Ben, ja die restaurant is onder nuwe bestuur, maar dis darem een pluspunt, die kos is nog net so lekker en baie redelik geprys soos altyd.

Op `n positiewe punt die swembad area, kaffee en ander areas word darem nog onderhou en is in baie goeie toestand.

Wel, dis maar net ons 5c, hoop die bestuur gee aandag aan die probleme, daar was heelwat ontevrede kampeerders tydens ons besoek, sommiges wat selfs vroeer vertrek het.

 

Groete

Harm & Mel

 

 

 

 

Harm Potgieter
Groentjie
Aangesluit: 08/08/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Storm met 'n 2011 Nissan Navara 3.0tdci V6

More mede kampers,

On het gister tuis gekom na so 10 dae se kamp by Tshipise, om eerlik te wees wat `n ervaring.

 

Buiten vir die stowwerige samderige staanplekke, wat maar te wagte kan wees en aanvaarbaar is siende die omgewing ondergaan die oord tans ernstige probleme volgens ons.

Gereelde kragonderbrekings gdurende die oggend en aand, soms tot so 2 na 3 ure op `n slag. Die eerste paar keer is dit geblameer op `n foutiewe skakelaar wat vervang is, maar nie die probleem opgelos het nie. Ewe skielik verskyn daar `n kennisgewing in die ablusie blokke wat lees:

Vakansiegangers word versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die oord nie aan die "demand" kan voldoen nie. SOu daar nie aan die versoek gehoor gegee word nie sal bestuur geen ander opsie he as om die warmwater stelsel in die ablusieblokke tydens spitstye, (06H00 to 09H00 en 17H00 tot 20H00" af te skakel. Ons buurman het tydens een van die onderbrekings ernsitge skade aan sy Exculsive se kragstelsel opgedoen.

Ons groot vraag wat sou dit help? Daar was skaars warmwater en almal moes maar tevrede wees met lou water ten alle tye.

Die ablusieblokke, spesifiek verwys ons na die een in blok 2 was haglik, slegs een keer per dag skoongemaak, skoonmakers wat sommer instap net wanneer hulle wil, of jy besig is of nie, storte sonder deure, vuil toilette en urinale wat gereeld geblok is en oorloop (die is darem teen die einde van ons kuiertjie reggemaak)

Ons moet se, vanaf die oord wat ons verlede jaar selfde tyf besoek het na die oord wat ons die jaar besoek het was daar `n definitiewe aansienlike afname in die kwaliteit en bestuur steur hulle nie veel aan klagtes nie.

Bosveld Ben, ja die restaurant is onder nuwe bestuur, maar dis darem een pluspunt, die kos is nog net so lekker en baie redelik geprys soos altyd.

Op `n positiewe punt die swembad area, kaffee en ander areas word darem nog onderhou en is in baie goeie toestand.

Wel, dis maar net ons 5c, hoop die bestuur gee aandag aan die probleme, daar was heelwat ontevrede kampeerders tydens ons besoek, sommiges wat selfs vroeer vertrek het.

 

Groete

Harm & Mel

 

 

 

 

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

More Harm en al die ander kamp maats

Baie dankie vir die terugvoer, maar daar is nou net 12 dae oor voor die groot trek van vier gesinne wat gaan rustig verkeer vir 'n volle maand , na 'n lang en bedrywige jaar agter die rug.

Groete

Pieter

Kamp Groete Pieter

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

My dae hier begin nou einde se kan toe staan maar ons geniet elke oomblik,die krag onderbreekings is baie minder gister aand n kort ene gehad eerste in omtrent 2 dae.Gister was hier n koel windjie wat gewaai het maar nog steeds n lekker dag gehad,nie geswem nie eerder rond gery en die dinge in die omgewing gaan kyk.Van more was dit bewolk maar lekker die son het nou deur gebreek en boeta begin ons nou braai.Pieter bring maar genoeg klere saam hier is net een werkende wasmasjien en jy staan lank om klere te was.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Pieter Elise
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/01/2010
Inskrywings: 55
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein
Ek sleep 'n Classique met 'n Izuzu

More Kaaskop

Dankie vir die terugvoer, ons sal maar die klein wasmasjien saam neem. Ons tyd raak raak nou min en ons tel die dae  voor die vertrek die 16de Julie.

Groete

Pieter

Kamp Groete Pieter

Dirk P
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Oos-Rand
Ek sleep 'n Romany met 'n Toyota Fortuner

Ons kom ook sopas terug van Tshipise en dat daar ’n agteruitgang in die algemeen is, is so. Die winkel se beligting is swak en die slaghuis is maar baie effentjies. Die groot ablusieblok, as jy inkom regs, is pragtig oorgedoen en mens hoop die res gaan volg. Ons ablusieblok ,nommer 6, is van vroeg tot laat gediens, dit was altyd skoon, daar was ongelukkig nie altyd warm water nie, die bestuur het die krag so 16:00 afgesit en eers weer laat saans aangesit. Oor die herhaalde kragonderbrekings en skade aan die kragtoestelle is reeds oor gepraat. Iemand wat daar gekamp het, het die kragsterkte gemeet en dit was tussen 170v en 180v inplaas van die normale 220v.

Ek kan net praat oor die blok waar ons gestaan het, miskien het dit beter gegaan in die ander blokke.

Ons geniet Tshipise se warm water, die koppie klim en die stappe na Groenakkers, Tak se kraal, die groot boom, Renosterman se gat, tier se gat en die wondergat.

Ek dink net Tshipise sal heelwat moet verbeter en vernuwe om by sy mededinger agter die berg kers vas te hou.

 

Dirk

Armahe
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Stellenbosch
Ek sleep 'n Classique met 'n Prado VX

My 2c,

So 'n paar jaar terug was daar sprake dat daar 'n grondeis teen Tshipise is.  Ek het lanklaas weer iets daarvan gehoor.  Dit maak net sin dat 'n organisasie soos Forever Resorts nie gaan geld spandeer as hulle 'n kans staan om alles te verloor nie.  Die meeste oorde onder hulle bestuur word goed bestuur en ook in stand gehou.

Dalk is die grondeis die bron van al die probleme.

 

Armahe

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 34 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Alias
  • Vrystater
  • Mariskab
  • Harry Du Randt
  • Cheetah
  • RATEL
  • Marthinus Slabber
  • Ebenhaeser
  • John Cooper
  • Anton le Roux
  • WilleWillemien
  • PaulS
  • kooshoring
  • Ian Laing
  • MarkP
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.