Thaba Kgatla

Marco
Nuweling
Aangesluit: 27/07/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rant en Dal

Naand Almal!

Ek's baie nuut hier by julle, maar klink vir my dis die plek om meer inligting en terugvoer te kry!

Ons is twee families met 4 kinders tussen 4 en 8 jaar oud wat baie waarskynlik by Thaba Kgatla gaan kamp oor die lang naweek in September 2010.
Was iemand al daar en kan iemand my meer vertel van die plek? Staanplek met koelte? Geriewe vir die kinders? Sekuriteit?

Ek het ook toevallig (terwyl ek "ge-surf") op 'n artikel oopgemaak wat lees "Thaba Kgatla Doesn't Deserve A 4 Star Rating! is on Facebook" - Die het nie te wel geklink nie (die skrywer vertel van, en ek haal aan: "Hulle se hulle het n golfbaan (maar die green's is net stukke grond, jy kan nie eers sien waar die fairway loop nie) Hulle se daar is n paintball baan (maar die is vervalle!) Hulle het n klein swembad wat nooit oordenklik skoon gemaak word nie. Die eienaar skree en baklei met meeste van die kampers (Behalwe sy vriende wat verniet kamp) Behalwe vir die mooi ablusie blokke (wat net een keer per dag skoongemaak was) was die hele plek nie R320 n aand of sy 4 Sterre werd nie!!!"

Ek sal graag by julle hoor asseblief!!

Dankie (Verskoon my Afrikaans - ek tik beter in Brits (Engels)!
 

Marco

Wegkruip
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/06/2010
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: JHB

Net so paar postings hier onder jou in die Limpopo afdeling is thaba kgatla al bespreek. Lees sommer daar.

Klink of paar mense nie baie gelukkig is met die plek. Ek het vroer die jaar daar sommer in tent gekamp. Daar is nie eintlik veel om te doen. Niks lyk vreeslik goed nie. Ek het dit nogsteeds heelwat geniet en net daar besluit die kamp ding is vir my. Paar lekker staanplekke met koelte as jy vroeg kom natuurlik, want ek dink nie hulle word toegeken nie. Dink egter die plek is bietjie duur vir wat jy kry. Die stories oor die sogenaamde golfbaan en ander dinge is nogal waar.

Die kamp was natuurlik vir my heel lekker, ek het egter na die tyd uitgevind die bestuur het my peak season tariewe gevra omdat ek op kort kennisgewing plek gesoek het. Dit was gewone naweek en hulle was nie eers halfvol nie. So net oor die ou my verneuk het sal ek hulle nie weer besoek nie. As jy kliente kan indoen, lieg oor die geriewe by jou kamp, moet jy eerder parlement toe as om 'n kamplek te bestuur. Die geldjies wat hulle betaal het om hulle 4 sterre te kry gaan hulle net vir so rukkie help tot almal van hulle weet.

Maar soos ek se, as hule nie vir jou lieg nie, en jou so R200 per nag(naweke) vra sal dit heel OK plek wees. Maar vir die prys wat jy daar betaal is daar baie beter plekke. Hulle is een van daai plekke wat staanplek oor het as al die ander vol is, dan vat jy maar 10de beste teen 2de beste se prys.

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Nee wat, ons was 'n klompie jare terug daar en nooit weer nie. Ek gaan nou hier lelik praat maar ek noem die plek eintlik Thaba K@kgatla.

Vir my is dit 100% lekkerder om by Joos Becker Muninsipaliteit oord te kamp vir 'n minder tarief.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Hendrik Craukamp
Ou hand
Aangesluit: 26/03/2010
Inskrywings: 182
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits
Ek sleep 'n Venter met 'n 2011 GWM Steed 5 2.5TCi Double Cab

Ek was verlede jaar November daar, en het baie lekker gekamp. Die eienaar en sy vrou was baie vriendelik. Ons kon selfs ons quads saamvat en daar ry. Die golfbaan is nie die gewone golfbaan wat jy by golfklubs kry nie, die eienaar het vir ons gese hulle noem dit 'n bosveld golfbaan. Hulle was ook baie behulpsaam toe my pa hul se pappegaai weg gevlieg het, hulle het nie ophou soek tot hul hom gekry het nie. Ek sal weer terug gaan na die oord toe

Groete

Hendrik Craukamp

 

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Marco,

Welkom hier!

Ek was ook al daar en het ook belowe nooit weer (lang storie). 

Een van die dinge wat my g@t gekrap het was toe my kinders iets gaan koop het by die restaurant en vir my se die tannie het die R20 kleingeld in die "tip"bottel gegooi!!  Ek het natuurlik my R20 gaan haal uit daai bottel en hulle vertel wat ek van hulle dink!!

Ek het al die hakplekke na die tyd ook op skrif gesit en wag nou nog vir 'n antwoord!!!

Dis jou geld en net jy kan besluit waar jy wil kamp - as jy daar kamp hoop ek jy geniet dit (die ablusies is netjies)

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Marco
Nuweling
Aangesluit: 27/07/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rant en Dal

Baie dankie vir die terugvoering almal.

Nadat ek deur almal se kommentare was, het ons maar besluit om die plek, vir nou, uit te los. Ons wil net lekker kamp en ek sien nie nog kaans om met 'n klomp nonsens nog te moet sukkel......so, ons gaan maar iewers 'nader plek soek.

Ek waardeer julle aanmerkings, dankie weereens.

Ek is seker ons gaan weer, in die nabye toekoms,  met mekaar gesels.

 

Groete

Marco

  

 

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Beste Kampers

Ek, my vrou en ons dogter was die afgelope lang naweek by die plek en moet regtig eerlik sê dat ek nie weer terug sal gaan nie.

Na ons aankoms het ons die dames by die kantoor gesê dat ons geen braai by ons staanplek het nie en ons is hart en mond belowe dat hulle dadelik een vir ons stuur. Ons het later daardie aand toe mar net toebrootjies geeët, want die braai het nooit opgedaag nie. Na ons hulle die volgende dag weer twee keer gevra het het ek toe maar Nylstroom toe gery en een by "Outdoor 24" gaan koop.

Die badkamers was mooi skoon, dit moet ek herken.

Die skadu is baie min, amper niks.

Die snoepie by die sweenbad is baie duur, R15.00 vir n Crunchie?

Waar kry die plek sy 4 sterre?

Die prys wat n mens betaal per nag is dit nie werd nie...

Groete

Pieter

We are not here for a long time, but for a good time

Wie's aanlyn

Daar is tans 21 gebruikers en 31 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Harry Du Randt
  • John Cooper
  • Anton le Roux
  • WilleWillemien
  • PaulS
  • kooshoring
  • RATEL
  • Vrystater
  • Ian Laing
  • MarkP
  • Cheetah
  • Mariskab
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC
  • Molekule
  • evert
  • Alias
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.