Silver Rocks Karavaan Park

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 223
Gebruiker van lyn af.

Kyk, ek raak nie maklik liries oor 'n woonwa park nie maar Silver Rocks gaan nog diep spore trap in die bedryf.

So ses, sewe jaar terug het Mbizi daar by Warmbad die standaard gestel en almal het gesê daar is nie 'n manier wat enige oord daarop kon verbeter nie.

Maar, Mbizi het van eienaars verwissel en die nuwe eienaar se manier van besigheid doen was 'n bietjie anders. Die gevolg was dat Bosfontein (ook naby Warmbad)  in die laaste paar maande ontpop het as die heel beste woonwapark in Suid-Afrika.

Die naweek was ek by Silver Rocks, 'n nuwe park so 8 km suid van Nylstroom, en hierdie mense stel die standaarde so hoog dat Mbizi erg afgeleef lyk en Bosfontein net gewoon oulik lyk.

Die eienaars van Silver Rocks besit 'n hotel en  'n mens kan die hotel benadering duidelik sien.  Die ablusiegeriewe is nie net luuks nie maar die binneversiering en aanbieding laat jou voel jy is in die toilette in die voorportaal van 'n luukse hotel.

Die Nylrivier loop deur die park en oral is daar uitkykplekkies gebou om oor die rivier uit te kyk met pragtige hout stoele en lowergroen grasperke.

Blesbokke, zebras en ander wild loop die hele plek vol en daar is 'n swembad, put-put baan en ook wandelpaadjies.

Die plek sal my weer sien!

 

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5704
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Plaas so 'n paar fotos GrootKoos. Dankie vir die treugvoer.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 223
Gebruiker van lyn af.

Hiers 'n paar fotos

AanhegselGrootte
P1110769.JPG 147.76 KB
P1110794.JPG 107.69 KB
P1110776.JPG 137.4 KB
P1110773.JPG 146.58 KB
WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5704
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dit lyk baie aantreklik. Ek sal beslis een of ander tyd daar 'n kamp-draai maak.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Ek moet stem dit lyk baie goed.

Grootkoos, dankie vir die fotos, want ek sien op hulle web tuiste is net 'n foto van die hoofingang.

Jy wil nie dalk vir ons sê wat is hulle tariewe nie ?

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 223
Gebruiker van lyn af.

Ek dink hulle het R200 per nag per staanplek gevra toe ek laas naweek daar was. Die tarief sluit 4 persone in.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Thanx GK

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

jvdberg
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 203
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria tiegerpoort
Ek sleep 'n 2009 Xplorer of 2008 Palma met 'n 2006 VOLVO XC90 D5

Grootkoos

Ek moet met jou saam stem die kamp is regtig iets besonders maar moet net nie in die somer daar staan nie want daar is nie koelte van 'n dag oud nie hulle het baie boompies geplant maar nie een van hulle is groter as 1meter nie

Ek sou ook nie sê dat jy bosfontein met silver rocks kan vergelyk nie miskien oor 10jaar as die bome groot is so vir nou bly bosfontein tops

Groete

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dit is reg die park is pragtig want die eienaar is die ou wat Mbizi oorspronklik begin het, hulle het die Lodge en Spa en het toe so twee jaar terug die karavaan park begin en die badkamers is pragtig.

Ons was die nuwejaarsnaweek daar en het seker die beste staanplekke gehad want dit is teen die bome waar lekker koelte is.  Die karavaan het nie onder die bome gestaan nie maar daar was lekker koelte om te sit en rus.  Die staanplekke is gelyk maar nie waterpas nie, die beste staanplekke is 13, 14, 15 en 16 met lekker koelte bome aan die noord ooste kant.  Die paaie in die park is met stene uitgelê maar daar is so 3km grond pad to by die park.

Jammer ek wou nog foto's van die park neem maar is toe daar weg sonder dit, julle moet maar gaan kyk vir julle self.

'n Lekker oord vir 'n saamtrek.

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Dankie WilSur!

Ek bere Silver Rocks vir winterkamp hierdie jaar - sien uit!

Dink jy ek moet nog steeds vir 13/14/15/16 mik, selfs in die winter? (mens wil darem oggendsonnetjie he)(met bome aan noordooste gaan ek dit prysgee?)

Kampgroete,

Johan

 Kamp is koning.....

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Johan,

Dan kan jy eerder van die vat wat vol son kry.

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Ons was aan die einde van Mei verlede jaar daar en dit was baaaaieeee koud in die aande.  Gedurende die dag is dit nie sleg nie.  Vat maar warm goed vir die nag.  Veral die Elektriese kombers.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Julle moenie nalaat om oor `n belangrike aspek naamlik sekuriteit verslag te doen nie. Met die rivier wat    daar deurloop lyk dit verdag. Vertel ons meer daarvan asseblief.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Ek wil hierdie winter soontoe gaan.

Nou lees ek dis ook 'n paar km grondpad tot by die ingangshek.  Hoe is die toestand van die grondpad? Kan iemand terugvoer gee?

Dankie!

 Kamp is koning.....

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 223
Gebruiker van lyn af.

Was so 'n paar weke terug daar. Die pad is nie goed nie maar darem ook nie so sleg dat jou wa sal skade kry nie. Ry maar net stadig - die stukkie grondpad is gelukkig baie kort.

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Dankie GrootKoos...

Ek al moedeloos met al die grondpaaie - is maar versigtig vir hulle Smile

Johan

 Kamp is koning.....

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

'skuus GrootKoos - was die sekuriteit OK?

 Kamp is koning.....

Lein Claassens
Nuweling
Aangesluit: 05/01/2011
Inskrywings: 12
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

 Was verlede jaar daar en baie geniet-gaan weer naweek van13-15 APRIL . Sekuriteit was laas nie probleem-hek word donker gesluit en word slegs op aanvraag oopgemaak. Eienaars (wat terloops voorheen Mbizi gehad het) is "hands-on" en altyd beskikbaar vir raad en hulp

Lein

Lein Claassens
Nuweling
Aangesluit: 05/01/2011
Inskrywings: 12
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

 Was verlede jaar daar en baie geniet-gaan weer naweek van13-15 APRIL . Sekuriteit was laas nie probleem-hek word donker gesluit en word slegs op aanvraag oopgemaak. Eienaars (wat terloops voorheen Mbizi gehad het) is "hands-on" en altyd beskikbaar vir raad en hulp

Lein

Blesbok
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/05/2010
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gyspey Regal met 'n Ford 2.5 Turbo Diesel Dubbelkajuit

Was gedurende die vakansie op Weesgerus en het na Silver Rocks gaan kyk.  Die oord is jonk en mooi, maar soos reeds genoem, nie baie skaduwee nie - behoort oor so paar jaar mooi groot bome te hê.  Die 3km grondpad was egter baie sleg - hulle het verlede week baie reën gehad en dit het miskien bygedra, maar daar is geen manier wat ek hierdie week my wa oor daai pad sou sleep sonder skade nie.  As dit geskraap is, ben jy vat dit rustig, behoort dit egter nie 'n probleem te wees nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 32 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • PaulS
  • kooshoring
  • Harry Du Randt
  • Anton le Roux
  • RATEL
  • WilleWillemien
  • Vrystater
  • Ian Laing
  • John Cooper
  • MarkP
  • Cheetah
  • Mariskab
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC
  • Molekule
  • evert
  • Alias
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut
  • Eddie Laing
  • GrootKoos
  • Gert Venter

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.