Mabalingwe

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mabalingwe
****

http://www.mabalingwe.co.za
S24.84640 E28.04758

1. Waar is die kampplek geleë is (Km van naaste dorp, op watter pad)
Die oord is sowat 25km buite Warmbad Bela-Bela op die Rooiberg pad.

2. Die koste van die kampeerterrein toe jy dit besoek het sowel as die...
R200 per nag vir tot 4 volwassenes per staanplek.

3. ... datum van jou besoek.
Vrydag 29 Januarie tot Sondag 31 Januarie 2010

4. Die fasiliteite wat by die oord te vinde is.
Die karavaanpark bied 65 staanplekke, wat dit 'n medium grootte kamp maak. 'n Kouewater en warmwater swembad vorm die middelpunt van die kamp, met 'n klein winkeltjie wat die nodigste koeldranke, hout en ander snuisterye aanbied.
Die warm swembad se water is warmer as die koue een sin, maar nie brand warm soos by ander oorde nie. Rondom die swembad area is 'n lieflike grasperk area.

Ontvangs gee mens 'n kaart met die oorduitleg en dit was maklik om ons aangewyste staanplek te bereik.

Die restaurant kompleks teen die koppie het onlangs afgebrand. 'n Ander restaurant is teen die voet van die koppie ingerig toe ons daar was, maar ons het dit nie besoek nie.

Die ablusieblok wat ons gebruik het was aansienlik beter versorg as die een wat ons met 'n vorige besoek gebruik het. Die water uit die koue krane was lekker bruin (seker a.g.v. die baie reën net voor ons besoek).

Kragpunte is relatief naby aan jou staanplek, maar ek het al beter installasies gesien.

5. Aktiwiteite wat by die kampplek bygewoon kan word (Indien relevant)
Die wildtuin area is toeganklik met jou eie motor. 'n Permit word aan jou uitgereik en daar is toegangsbeheer na die wildkyk areas.
Die Kalahari Oasis is 'n gewilde besoekpunt en die plek waar die gewilde Castrol advertensies blykbaar geskiet is (Jaaa Boet.... Jaaa Swaer...). Mens kan hier 'n koue een kom geniet.

'n 4x4 roete neem jou tot bo op die berg en mens het 'n lieflike uitsig oor die vlakte. Ek sal dit net aanbeveel vir 4x4's met laestrek - dit was redelik uitgespoel met ons besoek.

Daar word ook verskeie wildritte agter op wildkyk voertuie aangebied.

Ons was nie teleurgesteld met die oord nie, maar dis ook nie die beste wat ons al besoek het nie. Ek kan dit aanbeveel, maar fynproewers mag dalk ietwat teleurgesteld wees.
Ek sou drie sterre uitgedeel het.

Groete,
Jacques

Fotos:

Photobucket
Ons kamp

Photobucket
Groen grasperke by Swembadkompleks

Photobucket
Swembadkompleks

Photobucket
Koue Swembad

Photobucket
Dam - hier is paar keerwalle en baie water

Photobucket
Kalahari Oasis kroeg - Jaaa Swaer... Jaaa Boet...

Photobucket
Wildkyk

Photobucket
Wildkyk

Photobucket
Uitsig vanaf die 4x4 roete


 

LouisXander
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: JHB

Ons het 2 naweke terug die eerste keer daar gaan kamp. DIt was n fees!!

Gaan die naweek weer vir my niggietjie se 5de verjaarsdag. Ek sien so uit daarna. Myns insiens baie beter as Buffelspoort, swembad naby, jy kan ry in die wildtuin, 4x4 roete ens.

Werklik n goedkoop uit die boonste rakke ervaring.

Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today...... that is a gift.

The reason why it is called PRESENT!!

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hi Jacques

Dankie vir die trugvoer - wil ook nog daar gaan afpak. Pragtige foto's.

Se my, hoe kry jy jou foot's kleiner en gelaai?

Ek kry nie myne kleiner nie. Help seblief.

 Goeiewense - Pieter

   

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Pieter,

Ek resize eers met 'n Freeware programmetjie genaamd Irfanview. Google hom en dan sal jy hom gratis kan aflaai. Hy gee jou ook die opsie om te kan "batch resize". Jy lys die foto leers en hy hardloop deur die lot.

Dan laai ek my fotos op Photobucket en voeg dan die kode hier in die pos soos:

http://i230.photobucket.com/albums/ee53/JacquesKZ/2010-01%20Kamp%20Mabal...

 

Hoop dit help!

 

Groete,

Jacques


 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Baie dankie, ek gaan probeer!

 Goeiewense - Pieter

   

Rooibonte
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 241
Gebruiker van lyn af.

Goeie More  Almal

Beter as Buffelspoort?  Neeeeee ! Nie eers amper nie!

Stem saam met Jaques, die plek is baie eerder 3 as 4*

Smaak verskil ook maar en dit is baie goed.

Groete

LouisXander
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: JHB

Wel, die laaste keer was toe nou weer n heeltemal anders ervaring as die eerste keer. Ek het gedog ek is by Buffelspoort. Daar was n groep jong mense wat seker 5 karre op 1 stand gestaan het, tot wie weet watter tyd aan gegaan het dat mens nie kon slaap nie.

Dit was juis die rede dat ek Mabalingwe oor Buffelspoort kies, want ek is lus om te ontspan, nie die bye gezoem van die stad te ervaar nie.

Geen hulp van die bestuur af toe ons teen 23h00 bel om die ouens te kom stil maak nie. So nou is dit maar weer soek na n plek waar mens in rus en vree kan kamp.

Daar was niks van die "slegs 2 karre per stand nie, lights out at 22h00, no loud music etc" nie.

Vat ons weer terug na vorige posts, hoekom is daar dan reels?

Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today...... that is a gift.

The reason why it is called PRESENT!!

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Louis,

Daar is sulke plekke.

Piet-my-Vrou
Nuweling
Aangesluit: 15/03/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda

Ons was net eenkeer daar en sal nie weer teruggaan nie.

'n Lawaaierige groep jongmense het langs ons ingetrek en het later so geraas en gevloek en harde musiek gespeel dat ons moes gaan praat.  Een van hulle het leedvermakerig geantwoord dat hulle kan maak wat hulle wil want sy pa is op die bestuur / raad.  Hulle het hul drank in 'n groot kan deurmekaar gegooi en met 'n stuk tuinslang daaruit gedrink.

Ons het by die kantoor ook gaan kla maar niks het verander nie.  Ek voel dat as kampeerders nie mede-kampeerders kan respekteer nie, moet die oord se bestuur / sekuriteit intree en hulle verwyder.

Drie hoera's vir Eden Park wat dit onlangs reggekry het om bekende musiekmakers uit te smyt wat hulle nie kon gedra nie.

Ons is nie pretbederwers nie maar gaan uit om die natuur en die samesyn van vriende en mede-kampeerders te geniet.  Die wat hul nie kan gedra nie is nie welkom nie.

Wees bly oor hierdie vars nuwe môre en oor die geleenthede wat vandag op jou wag

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Die afgelope naweek het ek en my seuns en kleinseuns by Mabalingwe gekamp.

Ek is bly dat ek nie die negatiewe kommentaar hierbo gelees het voor ons gegaan het nie. Ek sou dan dalk anders besluit het.

My ondervinding was weer heel positief.

Alles was puik en ons het dit baie geniet. Mede kampeerders was almal baie stigtelik.

Het reeds besluit om gedurende Maart 2012 weer daarheen te gaan.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

BOB
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 74
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Penta met 'n Land Rover Discovery 3 SE

Ai, dit wys jou net hoe kampers n plek n slegte naam kan gee!

Al die negatiewe terugvoer gaan oor die gedrag van ander kampers en die onwilligheid van die oord om iets daaroor te doen.

Lyk my die fasiliteiet is op standaard.

Groete

BOB

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 426
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

bob.

al is die fasiliteite op standaard beteken dit niks indien die oord bestuur nie kan doen waarvoor ons hulle betaal nie.    ek betaal om die reels, wat ek onderneem om te gehoorsaam, af te dwing op ander kampeerders (wat ook onderneem het om dieselfde reels te gehoorsaam)..   

die terugvoer was ook nie onnodig negatief. nie.   ek is seker indien daar nie iemand was wat louis afgepee het nie, sy terugvoer verder positief sou gewees het.    oordestuurders LUISTER EN NEEM KENNIS.    99% van kampeerders gaan vir rus en vrede.    1% wat dit vir die ander sleg maak??????    en dan daarmee wegkom??????

groete

edward

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Harry Du Randt
  • kooshoring
  • Anton le Roux
  • RATEL
  • WilleWillemien
  • Vrystater
  • Ian Laing
  • John Cooper
  • MarkP
  • Cheetah
  • Mariskab
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC
  • PaulS
  • Molekule
  • evert
  • Alias
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut
  • Eddie Laing
  • GrootKoos
  • Gert Venter

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.