Koro Koro

Johan van Zyl
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 208
Gebruiker van lyn af.
Plek: Irene

Was afgelope Desember oor Kers naweek daar. Ablusies - gesins badkamers nooit gewag vir badkamers nie en altyd silverskoon. Staan plekke - groen gras die hele kamp en heeltemal groot genoeg. 1 x Kleinerige swembad en 1 x middelslag swembad wat goed in stand gehou word. Klimraam en trampolien vir kinders. !7Klm oos van warmbad. Mede kampers was deur die bank bedagsaam en vriendelik - geen geraas. Tarief R200.00 pd vir 6 mense.
Ek het BAIE lekker gebly en sal verseker weer gaan -
Johan & Esmerie

PierredW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 189
Gebruiker van lyn af.

Ek is iemand wat glad nie daaraan glo om in die bos te sleep nie, het 'n toegeruste Colt en Cruiser vir boskamp met RTT tente en dan 'n Jurgens Fleetline L vir die slag as ek luuks wil bly so my kommentaar is dalk nie veel werd nie.

In Oktober 08 het ons deur Botswana en Caprivi getoer en op die stuk pad tussen Kubu eiland en Ghweta (in my oë 'n redelik maklike pad) kry ons toe 'n Commander wat deur 'n Prado gesleep word. Sy linker suspensie met die wishbones het heel ingegee sodat hulle nie verder kon ry nie, het heel op die grond gelê. Die man was een van die goed voorbereide manne, anders as ek, met 'n satellietfoon en met versekering by Cross Country (ek het dit ook) het hy en sy seun toe gesit en wag vir hulp uit Gauteng. Vrou en dogter was by Planet Boabab tot alles uitgesorteer was. Hulle was ok en het alle hulp geweier, ons is toe vort en het hulle 2 dae later in Maun gesien verbyry so alles was toe hopelik uitgesorteer.

Wat my pla is dat die suspensie op so 'n pad ingegee het, ek het al baie erger gery en glo 'n soliede 2.5 ton as met bladvere en skokbrekers is baie sterker. Al koop ek nooit so 'n karavaan nie kan ek dalk 'n Explorer koop vir ons teerpaaie wat nie die nuwe karavane wat met gom en staples aanmekaar vasgesit is goedgesind is nie. My Fleetline is nog 'n ou 87 model met die Jurgens T-raam en skroewe waar jy nou staples sien. Ek het nog altyd Conqueror sleepwaens as van die beste gesien en voel die onafhanklike suspensie is 'n fout en dat hulle die 2.5T as met skokbrekers soos op die sleepwaens eerder op die Commander moet gebruik.

PierredW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 189
Gebruiker van lyn af.

[QUOTE]Len Loader - 13/1/2009 11:18 AM

Alten

Dankie vir die webwerf-inligting.

Sasol motorhawens (ook in die Kaap) verkoop net 50 ppm diesel terwyl ek weet dat alle Shell Ultra Cities op die N1 ook 50 ppm diesel verkoop (party verkoop selfs beide).

By ons is daar baie plekke waar jy 50 en 500 ppm diesel kry. Gelukkig gee die Cruiser nie om nie so ek gooi by die goedkoopste plek in waar jy 500 kry.[ QUOTE]

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Miskien moet julle 'n nuwe draad oopmaak waarin die voor en nadele en wat ook al van hoë en laë sulfied inhoud van diesel bespreek word.
My vraag was: Wat is die adresse van depots wat diesel teen laer pryse verkoop.
Groete

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Mooi mot daai net jammer as hy `n wurm word dan is hy nie meer so mooi nie

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Michelle
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 440
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Johan, die klomp kletsers hier op die WegSleep Forum het 'n WegSleep naweek gereël vir die naweek van die 6-8 Maart hierdie jaar. Hoekom kom kamp julle nie ook sommer saam met ons klomp nie. Ek weet die kamp is ampertjies vol bespreek maar ek is seker daar sal vir julle nog 'n gaatjie oop wees. Dit gaan 'n saamtrek van saamtrekke wees. Toe maak 'n plan dan
kom julle ook saam.
Groetnis
Michelle

Willem & Surette

Ek kom sit net die uitleg by want ek dink dit is van-pas by die draad.

Willem & Surette

Hier is 'n beter uitleg wat michelle vir my gestuur het.

Willem & Surette

Ek heg die kaart ook hie aan wat Zeldie gekry het.

Michelle
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 440
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Iemand het gevra dat ek hieridie inligting (wat ek op 'n ander draad verskaf het) ook hier plaas. So hier is dit:

Koro-Koro, wat ‘n lifelike, lieflike oord! Ons was die naweek van 27-30 Maart daar 2008 daar. Ons van vier gesinne wat saam gaan kamp het. Ons sal dit beslis weer in die nabye toekoms besoek. Hier is die plus punte:

DIE OORD:
- Lekker naby Pretoria.
- Lieflik stil.
- Nie oorvol nie.
- Grondpaaie op die oord asook tussen die karavaan staanplekke word goed onderhou.
- Nie baie stof nie.
- Alles is binne loopafstand van mekaar af (Die chalets. karavaanpark, winkel, kroeg,
restaurant, hoof lodge ensv)

DIE LODGE
- Dis ’n gesellige grasdak resturant/kroeg.
- TV skerm met meeste van die kanale – kan lekker daar rugby kyk.
- Groot groen grasperk met ’n reuse Amarula boom in die middle.
- Mooi skoon swembad met houtdek vir sonnige ontspanning (koue water)
- Kinders kan swem, terwyl pa en ma rugby kyk.
- Daar is ook ’n resturantjie wat kos bedien, ons het nie tydens ons kuiertjie van die
restaurant gebruik gemaak nie, so ek kan nie daarop komentaar lewer nie.

DIE KONFERENSIE SAAL
- Daar is ook ’n konferensie/funksie saal langs die lodge. Daar kan mense of ’n gesellig
partyjie of bosberaad hou.

BOMA
- Daar is ook ’n boma waar ’n mens ‘n lekker groot vuur kan maak en gesellig om die vuur
kan kuier.

DIE CHALETS (BOSKAMP)
- Daar is verskillende boskampe. Elk bestaan uit 3-4 afsonderlikke chaletjies, elke met sys eie
badkamer.
- Elke boskamp het sy eie gemeentskaplike kombuis met yskas, microgolf, kettel, toaster,
stoof ensv.
- Lekker braai plek buitekant.
- Dis ideaal vir ’n paar gesinne wat saam kuier vir die naweek of vir ’n konferensie groep.
- Ongelukkig was die kamers en die kombuisies gesluit so ek kan nie eintlik kommentaar
lewer daaroor nie.

WINKEL
- Daar is ’n klein winkeltjie op die oord wat alles aanhou wat jy moontlik vir die naweek mag
nodig kry, van lekkergoed vir die kinders tot knertsies en ys vir pa.

DIE STAANPLEKKE
- Al die staanplekke is op mooi groen gras.
- Genoeg koeltebome.
- Daar is ’n lig by elke staanplek.
- Netjiese, veilige, werkende krag bokse by elke staanplek.
- Elke staanplek het ’n mooi praktiese braaiplek met ’n netjies grid.
- Staanplekke is lieflik groot en nie op mekaar nie.
- Daar is nie ’n asblik by elke staanplek nie. Hulle verkies jy hou jou vulus in ’n sakkie wat dan
daagliks opgetel word en in asblikke by die opwas area weggegooi word. Dit help vermy dat
elke staanplek met bye oorval word.
- Vullis word daagliks verwyder.
- Braai area word elke oggend skoongemaak.

SPEELPARK EN SWEMBAD
- Speelpark met klouterraam vir kinders, in puik toestand.
- Lieflike, skoon, groot swembad in die middel van die karavaan park (koue water)

DIE ABLUSIE
- Die ablusie is puik.
- Daar is genoeg ablusie vir die aantal staanplekke.
- Daar is nie afsonderlike mans en vroue ablusie nie.
- Die ablusie bestaan uit ’n hele aantal badkamertjies.
- Elke badkammertjie het sy eie wasbak met prop, spieël, krag prop, genoeg hakkies teen die
muur vir hang van klere en ’n groot stort.
- Elke badkamertjie het ook sy eie afsonderlike toilet, ook met ’n klein wasbakkie.
- Daar is ook ’n badkamer met vir gestremdes.
- Daar is ook ’n badkamer met ’n bad, vir mammas of pappas met babatjies of klein
kindertjies.
- Ablusie is baie netjies, goed instandgehou, alles werk, niks is stukkend nie.
- Genoeg warm water (gas) en spoel toilette.
- Ablusie word gereeld skoon gemaak.
- Daar is nie toilet papier in die toilette nie, maar elke staanplek ontvang ’n rol toilet papier
met aankoms.

OPVAS AREA
- Daar is ook ’n opvas area vir skottelgoed was.
- Dit bied ook warm water en elke basbak het sy eie prop.

WILD
- Jy kan of met jou eie voertuig of saam met hulle gids ‘n wildrit deur die reservaat geniet.
- Daar is nie groot 5 nie, maar genoeg bokke, vlakvarker ensv op dit ‘n opwindended rit te
maak.
- Jy mag ook op jou eie deur die reservaat stap en dis veilig.

QUADS
- Daar is ook ’n quadbaan naby. Daar kan jy met jou quad gaan baljaar sonder om die mense
by die lodge, chalets of karavaanpark te steur. Die naweek wat ons daar was, was daar ’n
familie met ’n stuk of 5 quad motorfietse en ons kon hulle glad nie hoor nie.
- Mens mag glad nie die quads in die karavaanpark aanskakel nie. Jy moet die quads maar op
die trailer laai en tot by die baan ry. Die bestuur is baie streng hieroor.

ALGEMEEN
- Dit was ’n verligting om te sien dat die reëls van die oord nagekom word en indien iemand
oortree het, die bestuur dadelik aksie geneem het.

BESTUUR
- Die oord is tans in die prosess om nuwe eienaars en bestuur te ontvang (Cois en Adel).
- Cois en Adel het reeds eienaarskap en bestuur van die Lodge en Chalets oorgeneem en sal
binnekort ook eienaarskap en bestuur van die karavaanpark oorneem. Dit is 'n groot
verligting want the huidige eienaarskap en bestuur van die karavaanpark laat veel te wense.
Sal hulle maar die verleentheid spaar en nie daarop uitbrei nie.
- Cois en Adel is lieflike mense en doen hul bes om mense welkom te laat voel.
- Gaan maak gerus by hulle op Koro-Koro 'n draai, julle sal nie spyt wees nie.

Michelle
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 440
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Die webwerf vir Koro-Koro is as volg:

www.koro-koro.co.za

Die kontak nommers en al die ander inligting is daar beskikbaar.

Groetnis
Michelle

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Michelle,

Dankie vir die. Ek is net jammer ek is nie al lankal op die forum nie. Hier is so baie inligting ek weet nie waar om tew begin lees nie!

Ek wou al lankal na Koro Koro toe gaan en met al jou detail beskrywings plus foto's, lyk dit na 'n heerlike plek.

Groetnis
Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Kamp Maat
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 386
Gebruiker van lyn af.
Plek: Theresa Park, Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Jurgens Penta met 'n Mashindra Scorpio 2.2 Vx Auto

Kyk as jy wil lekker rus en kuier gaan besoek hulle gerus. Ons was nou al twee keer die jaar daar en gaan weer eersdaag. Jy voel veilig en die eienaars is uiters vriendelik en behulp saam.

skub
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 66
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

ons het die naweek by hierdie oord gekamp.wat n pragtige oord.die eienaars is baie vriendelik en ons het sommer dadelik tuis gevoel.die kampplek was pragtig skoon en die ablusies uit die boonste rakke.kan die oord aan beveel.

Buks.

Henry en Marlee...
Nuweling
Aangesluit: 24/03/2010
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sandton

Hierdie oord is met een woord puik! Baie netjies, ons is beindruk met die ablusieblokke en die uitleg van die kamp. 'n Mens voel nooit vasgedruk deur jou bure nie. Sal weer gaan, beslis!

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Jip, die plek sien my ook beslis weer.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Neill Venter
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 182
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Equestria
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Palma (aka Rijger) met 'n 2007 Jeep Commander 5.7L HEMI V8 (aka Dromedaris)

Soos almal nou maar weet is ons gesin en familie reuse Koro-Koro aanhangers!  In 16 maande gaan ons nou al seker vir ons 14de  kamp soontoe!

Was verlede naweek daar en ry vandag weer soontoe!

Ons en ons kinders is MAL oor die plek en veral Adele, Cois, Manie en Marnus!

Hoop om van julle daar te sien!

Groere,

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Beslis n baie mooi oordsn sal weer daar gaan kamp.

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Baie mooi oord, het nog net gery en kyk hoe die oord lyk, Baie vriendelike eienaars. Die staanplekke het groen gras en dis so lekker in die bos.

Jippie
Nuweling
Aangesluit: 14/09/2010
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Radium

Hi Michelle, is dit waar dat jy Koro-Koro se webwerf vir hul doen?

LangKamp
Ou hand
Aangesluit: 29/08/2010
Inskrywings: 167
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Toyota

Snaaks as jy die draad met die Mbizi draad vergelyk!!!!

Raai waar trek ek die Penta heen vir my eerste kamp in hom????

Groetnis

Cliffie en Mellie

Hou in die lang kamp as jy ry. Veilige kilo's word jul toegebid!

Claas
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doringkloof

Ek was persoonlik baie teleurgesteld met die ablusie-geriewe by Koro-Koro. Hulle adverteer dit as "familie badkamers" maar ek is nie seker of hulle die term reg verstaan nie.

Die sentrale blok-idee is nie inherent sleg nie. Daar is egter nie toegangsvoetpaaie van die buite-sirkel nie en of jy loop om die blok, of jy loop deur jou buurman se "erf" om die geriewe te gebruik. Die ernstigste probleem wat ons ondervind het, was die feit dat die gedeelde toiletgeriewe se deure nie na behore sluit nie: ek het byvoorbeeld ingestap op 'n dame wat binne was - absolute ontstelstenis van albei! Dieselfde het met my dogter gebeur terwyl sy die gerief gebruik het - in haar geval was sy gelukkig: 'n dame het haar deur oopgemaak.

Verder is die plek baie donker - daar is min ligte in die storte. Gepraat van die storte: na my mening is dié storte 'n resep vir peste en ellendes omdat daar geen muurteëls is nie. Die vloere is ook net gladgemaakte pleister.

Ek kan werklik nie sien waarom 'n vierstergradering aan hulle toegeken is nie.

Die res van die oord is baie mooi, maar hier en daar gaan 'n mens agv boomplasing sukkel om jou wa in of uit te kry as die ouens weerskante van jou hulself staangemaak het.

Ek sal weer daarheen gaan - sodra daar iets daadwerklik aan die ablusiegeriewe gedoen is...

Woonwa-groete

Jippie
Nuweling
Aangesluit: 14/09/2010
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Radium

Verstaan jou nie  ???

Claas
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doringkloof

Jippie - wat verstaan jy nie? Die lang-en-die-kort van my verhandeling is bloot dat ek teleurgesteld is met die plek se ablusiegeriewe wat, na my mening, onafgerond en onvoldoende is. Klein dingetjies, soos om net seker te maak dat die slotte aan die toiletdeure behoorlik werk, word nie gedoen nie. As jy al daar was, sal jy ook weet dat my klagte omtrent die afwesigheid van vloer- en muurteëls geregverdig is - na my mening hou dit 'n gesondheidsgevaar in ...

Woonwagroete

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker is aanlyn
Plek: Centurion

Claas,

Ek dink jou klagte rondom die badkamers is meer gebasseer op persoonlike voorkeur. Ek het al 2 keer daar gekamp en elke keer dit baie geniet. Die afwerking in die badkamers pas vir my baie mooi by hulle tema aan. As dit skoongehou word sien ek geen rede tot gesondheids probleme nie (my opinie)

Die toesluit van die deure kan egter 'n probleem wees. Nico Pieterse en sy vrou kan jou 'n baie snaakse staaltjie oor Koro Koro se badkamer slotte vertel.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Neill Venter
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 182
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Equestria
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Palma (aka Rijger) met 'n 2007 Jeep Commander 5.7L HEMI V8 (aka Dromedaris)

 Ek het in die laaste 2 jaar al heelwat meer as 20 keer by Koro-Koro gekamp.  Nog nie een keer het ek 'n slot gekry wat nie werk nie of 'n vuil badkamer gekry nie.

Wat die storte betref stem ek saam met cheetah, dis persoonlike smaak en 'n tipe boustyl wat perfek by hul tema inpas.  Grasdak met growwe bakstene "gel" nie met teels nie!  Dis 'n bosveldkamp, nie 'n hotel nie!  Ongelukkig is daar baie kalk in die water wat 'n wit neerslag vorm op die bakstene, maar kalk hou gelukkig nie 'n gesondheidsrisiko in nie.  Die sementvloer is net so uniek en pas mooi in by die res van die gebou.

Die beligting is voldoende.  By elke wasbak is daar 'n lig wat meer as genoeg is, en die oorhoofse beligting skep genoeg lig vir in die storte.  Daar is ook oorgenoeg badkamers/storte en 2 familie badkamers.

Toegangspaaie???  Aan die een kant van die ablusieblok is daar nie eens karavaanstaanplekke nie, en aan die ander kant is daar 2 toegangspaaie (en dit gaan deur niemand se "erf" nie) met paadjies reg rondom die blok.   So ek weet nie watse probleem hiermee gesien word nie!?

Na my mening verdien Koro-Koro eintlik 5 sterre en nie net 4  nie!!

Wegkruip
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/06/2010
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: JHB

Baie nuwe huise van 'n paar miljoen rand word op die rustic manier gebou met sement vloere, mure wat slegs geleister word en nie geverf word nie ens. Die sement vloer en bakstene kan met 'n sealant geverf word. Basies dieselfde as waarmee "Slate" teels geseel word. Dit sal aanpaksels verminder en/of dit baie makliker maak om skoon te maak as daar iets aanpak. Dit sal die sement/bakstene ook meer higienies maak want niks kan in die baksteen/sement intrek nie.

Vir slotte/deure wat nie behoorlik en maklik sluit is daar geen verskoning nie.

Corriev
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 75
Gebruiker van lyn af.

Hallo Jippie,

 

Ons webwerf word deur MultiPlatform Networking behartig. 

 

Groete

Corrie

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Cheetah wrote:

Die toesluit van die deure kan egter 'n probleem wees. Nico Pieterse en sy vrou kan jou 'n baie snaakse staaltjie oor Koro Koro se badkamer slotte vertel.

 

Ek kan getuig oor daai storie.  Dit was nogals snaaks gewees.......

Ek kan juo verseker dat toe ons daar gekamp het, al die slotte gewerk het.

Die ablusie geriewe aan die "Buitekante" van die hoof area is puik.  Jy deel basies 2 badkamers tussen 4 staanplekke.  Wat meer wil jy he?

Baie lekker oord. 

Johan

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Julle maak my baie nuuskirig met die "snaakse" storie van Nico Pieterse - sal graag mer wil hoor daarvan?

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Maak twee van ons Arie

Wie's aanlyn

Daar is tans 25 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • kooshoring
  • Harry Du Randt
  • Anton le Roux
  • RATEL
  • WilleWillemien
  • Vrystater
  • Ian Laing
  • John Cooper
  • MarkP
  • Cheetah
  • Mariskab
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC
  • PaulS
  • Molekule
  • evert
  • Alias
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut
  • Eddie Laing
  • GrootKoos
  • Gert Venter
  • Christo de Wit

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.