El Rancho Grande | Kamp op groot skaal
Nuwe forum onderwerpe
El Rancho Grande | Kamp op groot skaal
El Rancho Grande is die soort oord waar jy ’n jaar vooruit vir die Paasnaweek moet bespreek. (Nee, Pine, dis nie ’n bordeel in Guatamala nie. – Red.)
Hallo daar!
Met een tiener meisiekind en een amper tiener was daar nie juis iets vir hulle om te doen nie. Hulle kon in die koue water swembad swem of fietsry. Daar is vreeslik baie dorings in die paaie. Daarna moes pa al die stukkende plekke in die wiele herstel. Ons swembad tius se water is warmer as hulle swembaddens se water.
Ek het die indruk gekry die gronde was verwaarloos.
dit is omdat oorde geld terug betaal dat hul nie meer n bestaan maak nie
lees kamp reels voordat jul book dan besluit jul self of jy gaan of nie
ek dink mese kla te veel oor niks dit bly n kamp plek nie n vyfster hotel nie
Hallo Japie, ek hoop nou nie ek trap tone nie, maar ek hoop nie jy het nou gemaak soos mense in restaurante soms doen nie, eet eers die helfte van sy biefstuk voor hy kla dit is nie na wense nie! Hoe lank was julle daar voor julle besluit het genoeg is genoeg?
Ek bedoel nie sleg nie asseblief! Maar ek stem saam dat jy moet navorsing doen voor jy loop kamp en as daar dan suurlemoensap deurloop moet jy dit beskou as skoolgeld.
Dit hang ook af van hoe die advertensie van die oord geplaas was.
Groete
Hans.
My siening is 'n mens moet:
1) goed navorsing doen oor 'n oord (word of month/web blaaie/tydskrifte)
2) besluit wat jy wil doen met jou tyd by die oord
Die twee moet mekaar balanseer dan is 'n mens nie sommer in vir 'n verrassing nie.
Indien jy El Rancho toe gaan moet jy ook beplan om ander dinge buite die oord te doen/besoek, veral indien dit vir 'n week is. Die oord is ideaal daarvoor omdat jy so naby Warmbad is.
Kobus
Die plek is so 4km buite Bela-Bela, in die Thabazimbi rigting.
Ons was Des07 daar. Glad nie duur gewees nie. Ongelukkig het die restaurantjie nie gewerk nie, ook nie die warm swembad nie. Ek het een oggend in +-20min reg rondom die plek geloop. Die sirkel staanplekke met privaat badkamers is beslis fantasties. Die staanplekke is GROOT.
Tog was ons teleurgesteld.
Het met die bestuur gepraat en hulle het ons geld terugbetaal. Ons is daarna na 'n ander plek.
Ek dink dit was wonderlik om ons geld terug te betaal.
Ons het Desember 2010 daar deur gery en dit is 'n plek wat ek defnitief sal besoek in die toekoms. Dit is n ongerepte park met groot bome. Die staanplekke met die privaatbadkamers is baie groot en skaduryk (met gras). Die privaatbadkamers is groot met 'n stort en bad - nou nie splinternuut nie maar silwerskoon. As jy kinders het wat hulself nie kan vermaak nie (swem en speel) dan is dit nie 'n plek vir jou nie. As 'n mens in die bosveld kamp met baie doringbome en jou kinders ry fiets dan is dit 'n uitgemaakte saak dat jy byna daagliiks 'n band sal moet regmaak.
Goeie naand ALMAL,
Nou ja, ek leesdeur die verskillende kommentare op die verskillende kamplekke wat ek ook al gekamp het en met baie stem ek saam, maar met sekeres wonder ek soms of ek op dieselfde plek gekamp het. " No more detail".
Was paasnaweek op El Rancho. Wat 'n ondervinding met omtrent 125mm reen sonder dat my staanplek (No 5) modder geword het. Ons was 8 waens en het heerlik onder die lapa by die swembad gekuier en die dak oor die warm poel het baie gehelp. Die grootte en spasie in die park is lieflik en ek is oortuig dat die "bosveld atmosfeer" saam met die privaat badkamers baie mense sal geval. Ek sal graag weer daar kamp, veral teen die prys.
Geniet dit
Hi
Kan iemand my die web-adres gee asb? Die plekkie is aanbeveel deur 'n vriend (met twee meisiekinders onderskeidelik 10 en 11) wat gereeld daarheen gaan en ons sal dit graag wil beproef, maar die raad/kommentaar hierbo dui daarop dat ek liewer bietjie navorsing moet doen.
Asseblief? en baie dankie.
Amanda
Dankie baie Willem.
Ons was ook al 2 keer by El Rancho - 'n baie mooi uitleg met GROOT staanplekke - ai dis darm so jammer vir die dubbeltjie gras....plek wat rerig BAIE potensiaal het
as hulle van daai dubbeltjies ontslae raak sal ek verseker weer gaan.
Halo Almal,
Ek het van die begin van die lyn gelees en het die volgende kommentaar;
Hierdie is defnetief n plek om dop te hou. Na die Weg Sleep se artiekel het ek besluit om daarheen te gaan. Ek was baie jare terug daar en het toe in die chales gebly wat daai tyd al n treffer was vir ons.
Ons was die naweek van die 27/28/29 Jan daar gewees en het op die bekende nr 6 staanplek gestaan. Ons was ook aleen daar gewees die hele naweek. Baie snaaks aangesien ek gedink het dat dit vol sou wees na die artiekel in Weg Sleep. Met ons aankoms was die eienaar, Oom Pieter, en sy toesighouer, Nico , besig om die gras vir ons te sny. Die vorige week het dit so gereen dat hulle nie kon kans kry om die gras en veld te sny nie. Die staan plekke is ongelooflik groot wat vir jou die nodige spasie gee wat jy as n kamper nodig het. Van staanplek 1 - 6 het jy jou eie badkamer baie groot staanplek en genoeg bome om van te kies. Geen op mekaar kyk of "worry" dat jou wa gaan inpas nie. Gras is groen en kort en as jy nou rerig vol viemies is dan kan jy gerus wees dat Nico sy bes sal doen om jou versoek deur te voer. Die ander staan plekke is ook goed genoeg niks om oor te kla nie. Die kamp is rustig en geen lawaai word gedult nie. Baie water, genoeg natuur skoon, genog bome en verbaasend geen muskiete in die aand nie. Ons was wel gebyt in die dag wat baie snaaks was.
Ek is maar n jong kamper maar na die naweek het ek beslis een van my top 2 plekke besoek. Wat ek wel bekommerd is die volgende;
- Ons sou een van drie kampers daar gewees het die naweek maar het gehoor dat die ander twee besoekers net nie opgedaag het nie. Niks laat weet nie en het ook nie eers dep betaal nie. So die oord het baie tyd en geld spandeer om dit gerieflik te maak vir ons as kampers maar ons doen nie eers die moeite om net te laat weet dat ons nie meer kom nie.
- Kamp word dees dae gemeet aan die luuksheid wat getoon word maar dit moet goedkoop wees anderste is dit te duur. Soos wat die oord besoek word en die voette deur gaan elke maand glo ek dat die nodige instansie sal gedoen word soos tyd aangaan. Net soos enige ander kamp /oord is hulle afhanklik van ons as besoekers.
Probleme wat ons ervaar het was niks om oor huistoe teskruif nie maar ek gaan verduidelik soos wat hulle dit aan my verduidelik het;
- Ek het baie gesukkel om hulle in die hande te kry met al die nommers beskikbaar. Die rede daarvoor is dat hulle n selfoon netwerk gebruik wat net een lyn het ( koste effektief ) omdat telkom se lyne gesteel word en hulle het net besluit het om die nie meer te vervang nie. Die lyn word ook gebruik vir die internet.
- Winkel en resturant was nie oop die naweek nie want die koste om n kroegman en personeel aantehou vir een gas is net te veel. Nou verstaan ek nie hoekom medekampers nie die moeite kan doen om te laat weet hulle kom nie meer nie.
Ons was lekker uitgerus, my dogtertjie het vir die eerste keer met haar fiets sonder haar help wiele gery ( Ek moes maar n wetenskap aangaan dat sy dit nie kan doen nie en 2 sekondes later R250 uit die sak) en sal defnitief weer terug gaan. Ek het al klaar vir al my friende en werk's kliente vertel van El Rancero Grande. Ek hoop net nie dit raak nou so besig dat ek nie meer wil gaan nie!
Halo weer,
Jammer ek het nie foto's aangeheg nie. Hier's n paar foto's.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| SAM_1734.JPG | 121.14 KB |
| SAM_1733.JPG | 114.68 KB |
| SAM_1739.JPG | 137.91 KB |
| SAM_1731.JPG | 116.2 KB |
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Vrystater
- Ian Laing
- John Cooper
- MarkP
- Anton le Roux
- Harry Du Randt
- WilleWillemien
- RATEL
- Cheetah
- Mariskab
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC
- kooshoring
- PaulS
- Molekule
- evert
- Alias
- Hentie7
- Benzan
- Wingnut
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- wehan








Waaroor was julle teleurgesteld?