Eiland Spa
Nuwe forum onderwerpe
Hallo almal en voorspoed vir 2010!
Ek het begin Desember 2090 vir 'n paar dae Eiland Spa besoek in Limpopo en doen graag hieroor verslag:
Die pad tot by die oord is goed. Die bestuur en personeel vd oord baie vriendelik en hulpvaardig. Tydens die vakansie is daar ook 'n program met vermaak vir elkeen. Die perseel is netjies en die gras is groen by die swembad.
Die woonwastaanplekke het redelik bome maar geen gras nie. Bring jou lugreeling saam vir die somermaande. Die ablusieblokke is modern met ruim storte en marmer by die wasbakke.
Daar is verskeie swembaddens, asook 'n verhitte swembad en binnenshuise swembad. Water glybaan, restaurant en kafee wat als verskaf v 'n tentpen tot vleis.
Ek sal graag weer wil gaan maar beslis in die winter!
Watter blok is die beste en watter staanplek vir Classique grootte wa
Ek het begin Desember 2090
Hoe is daai nou vir n voorskou.
Alle grappies op n stokkie. Ek het aanlyn aansoek gedoen om Junie/Julie Die Eiland Spa toe te gaan. Hoe lank is die standaard tyd om te wag vir n antwoord van hulle af. Ek kan seker bel ook, maar wil nie desperaat klink nie, wat ek in elkgeval is.
@ Lord,
Bel hulle. Ek glo dat jy eerder jou kanse moet vat in die lewe. Dit is dalk daardie "desperaatheid"wat jou n beter staanplek besorg.....lol
Grapies op n stokkie, bel en maak vas, dan weet jy atleast jou vakansie is gereel. Ek glo nie die elektroniese goed word aldag so goed opgevolg nie.
Lord
Rig jou aansoek om verblyf direk aan AnkiaS@atkv.org.za sy reageer omtrent onmiddelik gedurende kantoorure.
Groete
Lord
Rig jou aansoek om verblyf direk aan AnkiaS@atkv.org.za sy reageer omtrent onmiddelik gedurende kantoorure.
Groete
Boats
Meeste staanplekke is groot genoeg vir jou wa plus nog n paar tente en jou voertuig. Die E en F - blok is verder van die swembad maar hul ablusie blokke is nog beter as A B en C blok.
Groete
Lord.
Junie/Julie is hoog seisoen vir die Swaeltjies. As jy plek kry gaan dit heel waarskynlik nie A, B of C Blok wees nie.
Ons hou vir jou duim vas.
Kampklong
Ek het Maandag nog in C Blok plek gekry, ek weet hulle besprrek per staanplek so dit hang af van jou datums.
Lord
Rig jou aansoek om verblyf direk aan AnkiaS@atkv.org.za sy reageer omtrent onmiddelik gedurende kantoorure.
Groete
Het haar sopas n epos gestuur. Baie dankie.
Martin
Het jy al 'n antwoord uit Ankia gekry?
Ons beplan om begin Julie vir 2 nagte daar te kamp, maar het geen idee gehad die kamplek is SO hoog op aanvraag selfs vir Julie maand! Ons het nog geen bepsrekings gemaak?
Happy Campers
Julie is die Hoog Seisoen by eiland Spa. Dit is lekker warm deur die nag en koel gedurende die nag. Die Swaeltjies bespreek ook heelwat staanplekke.
Die Eiland is van die beste kampeerplekke, groot staanplekke en lekker weer.
Groete
Happy Campers
Julie is die Hoog Seisoen by eiland Spa. Dit is lekker warm deur die nag en koel gedurende die nag. Die Swaeltjies bespreek ook heelwat staanplekke.
Die Eiland is van die beste kampeerplekke, groot staanplekke en lekker weer.
Groete
Baie goed om te hoor DAVID, dankie. Sal maar die bespreking moet maak en vinnig klink dit vir my!
Ek is een van die gelukkiges wat reeds bespreek het. Staan vanaf 24 Junie 10 dae ...
Groete
Hi
Ek is ook een van die gelukkiges wat plek gekry het vir 3 weke in die Julie skool vakansie, nadat ek op 'n waglys was.
Groete
Sien jou daar..
Ek het bespreek vir Des maand het plek gekry, maar hulle bespeekings trek al by e blok dit betekin a b c d is al vol bespreek.van 14 DES - 3 JAN
Kamp al 43jaar by die Eiland ,dis my agterstoep ,het gesien hoe die plek op staan, weer val, weer opstaan deur die jare, maar het hom nog nie so mooi en skoon gesien soos nou nie .Mooi so ATKV.
Stem saam met jou Bou. Ek kamp ook in Des 2012 vanaf 13 Desember tot 4 Januarie...Sien jou ook daar.
Ek het bevestiging gekry dat ek vanaf 30 junie tot 14 julie daar staan. 
Kamp al 43jaar by die Eiland ,dis my agterstoep , ......
Ken ook die plek van lank terug, die eerste swembad wat hulle toegegooi het het die daansvloed geword. Desember 1973 net na ek uit die Vloot gekom het het ek en 'n vriend daar 'n draai gemaak met my R10 Reunalt deur die kamp agter 'n vissie aan en daar het ek 'n "black-out" gekry en die kar gerol, agter wiel geruil en voor ruit opgetel en is toe daar weg plaas toe.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- John Cooper
- Anton le Roux
- Vrystater
- Harry Du Randt
- Mariskab
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC
- kooshoring
- PaulS
- Ian Laing
- Molekule
- evert
- Cheetah
- Alias
- Hentie7
- Benzan
- Wingnut
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- wehan




.jpg)

.jpg)






Ek sleep 'n Exclusive met 'n T5 Caravelle of 4500 EFI Landcruiser
Johan,
Jy't vergeet van die poepanie wurms. Of was hulle nog nie daar toe jy daar was nie. Die eerste 2 dae interesseer hulle almal, maar daarna is hulle net plainweg in die pad.
Ek sal ook weer gaan, maar definitief nie in die somer nie.
Tjorts
Et
Tjorts
Muis