Edenpark | Ek in my klein hoekie

Besoeker

Edenpark | Ek in my klein hoekie
Dis dié Saterdag van die jaar: Curriebekereindstryd. Maar die wildbesigtigingsrit by Edenpark is nietemin byna vol bespreek en ons raap die laaste paar plekke op.

Mad
Nuweling
Aangesluit: 22/03/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Eden Park is Tops !

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

 

Ons het vir 'n week bespreek gedurende die Junie vakansie en sien verskriklik uit daarna!

Enige idees vir ons om na besienswaardighede te gaan kyk?  Ons beplan om net so 2 dae bietjie rond te ry, maar die res van die tyd te ontspan.  (Dis net ons 2, geen kinders meer in die huis.)

Dankie

MartinvW
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 20
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana Pretoria

Glo my Jan, julle sal nerens wil gaan as julle eers daar is nie. Dis 'n stukkie hemel op aarde.

Wat ons, en dis ook net ons twee, aan betref is daar geen beter plek in die hele ou RSA nie! Sowat van rustigheid en gerief in die allermooiste natuur het jy nog nie beleef nie.

Daar is nie veel in die omgewing te doen en sien nie, alhoewel 'n besoek aan die Oog en "Lansipat" padstal op pad daarheen beslis die moeite werd is. Maar moenie bekommer nie, die personeel daar gaan uit hul pad om jou verblyf so lekker as moontlik te maak en sal beslis 'n paar aanbevelings kan maak indien julle dalk per ongeluk verveeld sou raak.

Geniet dit daar en dra ons groete oor aan die personeel.

Groetnis

Martin en Anette

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Ons het ook bespreek vir 16 Des tot 02 Jan. Sien baie uit daarna.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Martin en Anette

Dankie vir julle terugvoer, ons gaan juis Edenpark toe omdat ons wil rus!  Desembermaand pak ons die besige Badplaas aan, maar dan is dit ons jaarliks wegbreek saam met ons kinders.

Christa

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Flip,

Ja ek dink dit gaan lekket wees, ons is kko daar Des. 2010.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Flip,

Ja ek dink dit gaan lekket wees, ons is kko daar Des. 2010.

Blou Bul
Groentjie
Aangesluit: 16/05/2010
Inskrywings: 30
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane

Ons het nou al 3 keer gaan kamp by Eden. Alles daar is "perfek". Die diens is uitstekend en die omgewing is 'n ware paradys. As jy stilte en vrede soek is dit die plek. Stap of ry met jou fiets die plaas plat, ware voedel vir die siel.

Gideon & Riana

Natuurliefhebbers

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek wil en gaan nog daai een besoek - gee net kans!

Almal praat   met lof daarvan en ek sien uit om die plek te besoek.

 

 Goeiewense - Pieter

   

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Edenpark sal ons beslis weer sien!  Ons het nog nooit so gerus op 'n plek nie en het elke dag ver gaan stap om wild te gaan kyk.

Die bestuur is vriendelik en behulpsaam,  die skoonmakers het hul werk gedoen en nooit gepla nie.  Braaiers is elke oggend skoongemaak.

Ons sal Edenpark aan enigeen wat wil gaan rus aanbeveel.

Claas
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Doringkloof

 Edenpark is wel 'n puik oord en alles wat hierbo gesê is, is waar.

Julle moet vooraf net 100% seker maak van die tariewe - hulle struktuur maak voorsiening vir 4 persone. Dis egter net hier waar die probleem inkom: dié 4 persone MOET uit 'n pa, ma en 2 skoolgaande kinders bestaan. Indien nie, betaal jy ekstra - glo omdat die addisionele persone selfversorgend is. Met ander woorde: my afgetrede ouers wat by my woon (en definitief NIE selfversorgend is NIE) kos my ekstra! Ek "borg" dus die ouens met kinders... Ek dink persoonlik dis verregaande dat hierdie oordeienaar vir my voorskryf hoe my gesinstruktuur moet lyk. Om hierdie rede sal Edenpark my nie weer sien alvorens hulle nie hier onsinnigheid hersien het nie.

Hoewel dit sekerlik die oordeienaar se goeie reg is om sy tariewe te struktureer soos hy wil, moet hy nie een ding ADVERTEER en waanneer jy daar opdaag met 'n ander storie vorendag kom nie! 

As ek enigsins 'n leemte in die huidige stergraderingstelsel kan uitwys, is dit juis dit - daar is geen algemene struktuur waarvolgens 'n kampeerder vooruit beplanning kan doen nie. My voorstel is dat 'n pppd-tarief gehef word. Die oordeienaar kan dan verder besluit of hy 'n verlaagde tarief vir skoolgaande kinders wil hef, aldan nie en kan ook verder die maksimum aantal mense, voertuie en kampstrukture (tente, ens.) per staanplek beperk.

Ek sal graag wil hoor wat die algemene gevoel hieromtrent is. As jy nie hier op die forum die saak wil aanroer nie, is jy welkom om 'n epos of pm vir my te stuur.

Kampgroete

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 223
Gebruiker is aanlyn

Claas,

Dink jy Edenpark sal 'n gesin by hulle toelaat wat bestaan uit twee ongetroude mense met kinders of - behoede ons - twee ouers van dieselfde geslag?

Het hulle al vir enige persoon op die forum 'n huweliksertifikaat gevra? Of dalk geboorteserfikate vir die twee kindertjies..

Hulle vereis nie dalk dat die kinders moet bestaan uit 'n seun en 'n dogter nie en dat die seun ouer MOET wees as die dogter nie?  Moet die kindertjies blond wees?

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Ag nee wat, kloof julle nie nou hare nie? Daar is baie plekke wat onderskei tussen volwassenes en kinders.

Die pryse op die webblad is ook duidelik daarme.

Groete

 

Hans.

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Oulik GrootKoos!!!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Arthur Burger
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midrand
Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 'n 2005 Landcruiser Prado 4.0L V6

Dagse^ almal - ek is nuut op die forum, maar nie nuut met Edenpark nie - ons was nou vir die tweede maal daar, en dis ongelooflik. Ons het nou 'n staanplek onttdek wat ek eerder geheim wil hou anders kry ons hom dalk nie weer nie Smile

Ek het 'n versoek asb - van julle sal seker nou al vir Koos en Madeleine leer ken het, wat die oord namens die eienaar bestuur.

Dit wil voorkom asof die eienaar nie lekker besef hoe waardevol Koos en sy vrou vir die plek is nie - ek het die eerste maal wat ons daar was vir Koos sien ronddraf die hele dag lank, elke dag, om seker te maak die grasperke, swembad ens ens is eksie perfeksie. Ons het alles wat ons voor gevra het en meer gekry, en boonop op die heel vriendelikste wyse denkbaar.

Koos is nou van 1 Januarie af aangese^ om net in die kantoor te sit, en sy vrou moet help met die boerdery op die plaas. Die oord maak blybaar nie genoeg geld nie - resessie is blykbaar nie die hoofrede nie

Doen Koos en Madeleine asb 'n guns en laat weet hoe hulle julle behandel het.

Ek sal dan vir Koos hierdie terugvoer aanstuur, al is dit ook net vir hom 'n riem onder die hart.

 Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 2005 Landcruiser Prado 4.0L VX

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Hi Arthur

Baie welkom hier op die forum.

Eerstens wil ek jou net reg help dit is Koos en Melanie en nie Madeleine nie.

Tweedens wil ek met jou saam stem. Koos is n wonderlike gasheer en hoort buite op die terein tewees en nie in die kantoor nie. Ons het self daar gestaan tewyl Koos aanbeveel was om net in die kantoor tewerk, en ek kon sien dat daar dadelik n gedrags verskul was onder die werkers wat daar werk. Skielik is word daar nie meer so skoon gevee om jou staanplek nie. My vrou het een oggend die blaas Majien by een van die werkers geneem en self ons staanplek (NR15) skoon geblaas.

Ons kan nie vir Hennie en Marietjie voorskryf hoe om hulle pragoord te bestuur nie, maar ek dink regtig dit sal n fout wees as Koos nie tussen die kampers kan rond beweeg nie.

Verder wil ek ook net graag byvoeg dat terwyl ons Desember en Januarie daar gestaan het, het dit erg baie gereen, hard en ook aanhoudend. Die staanplekke is so goed beplan en uitgele daar was geen verspoelings en water wat staan nie. Dit is n pragtige plaas en jy kan sien dat Hennie n baie trotse mens is, want alles is op hulle plek.

Ek sal beslis weer daar gaan kamp, dit is nou n ordentlike kampplek as jy een soek.

Groete

Pieter

Groete

Pieter

We are not here for a long time, but for a good time

Arthur Burger
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midrand
Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 'n 2005 Landcruiser Prado 4.0L V6

Pieter - baie dankie vir jou regstellings en jou positiewe bydrae.

Komaan mense - ek soek nog kommentaar asb sodat ons vir Koos en Melanie kan ondersteun asb.

Ek dink Edenpark sal anders voel sonder hulle twee aan die roer van sake.

 

 Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 2005 Landcruiser Prado 4.0L VX

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Kan dit regtig ook nie verstaan nie. Mens moet so lank voor die tyd bespreek om daar plek te kry. Die oord is een van die bestes wat daar is. Hoekom peuter aan 'n wen resep?

As dit gaan oor finansies, moet hulle maar supertube bou en groot swembaddens. Dagbesoeker inlaat, en dan is die ou juweeltjie ook in sy m#%R.


Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Arthur,

Ek dink regtig nie daar is enige iets om oor bekommerd tewees nie. Hennie weet wat hy doen anders sou Edenpark nie so groot sukses gewees het nie en Koos is n man met ondervinding!

Ek glo ook nie dat dit oor finansies gaan nie, nee daarvoor is daardie plek heeltemal te netjies!

Ek stem saam met jou Mr. Venter dit is n juweel (En hulle laat hondjies toe)

 

We are not here for a long time, but for a good time

Arthur Burger
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midrand
Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 'n 2005 Landcruiser Prado 4.0L V6

 Pieter - ek wou nie te veel klem daarop le^ nie, maar Koos kan homself nie in 'n kantoor sien sit dag in en dag uit nie, en ons sien ook hoe die werkers dit begin raaksien en slap raak.

Koos se grootste probleem gaan dalk ontstaan as Koos besluit hy soek 'n meer stimulerende werk elders.

Ek en my vrou weet dat Edenpark vir ons anders gaan voel sonder Koos en sy vrou.

Niemand is onvervangbaar nie, ek weet, maar tog - dit voel darem maar lekker as jy weet die mense behandel jou soos familie / vriende.

Hennie se interaksie met ons was baie meer saaklik en alhoewel hy vriendelik probeer wees, dink ek dit gaan hom skade berokken as hy self met die publiek begin werk ( gese^ met alle respek)

Net my opinie...

 Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 2005 Landcruiser Prado 4.0L VX

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

NO dog/s is allowed, except when the owner has previous arrangement with management, (ONLY acceptable out of season).

http://www.edenpark.co.za/18.Resort_Rules.html


Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Jy is reg Mr. Venter

Terloops, ek staan weer by Eden vir die Paasnaweek op die gras, ek hoop om jou daar tesien.

We are not here for a long time, but for a good time

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Nee genade, ek dink nie die eienaar (Hennie) besef wat hy in Koos en Melanie het nie (ons het Hennie nie self ontmoet nie).  Koos is 'n mens-mens en sal soos 'n plant sonder water verdroog of doodgaan in die kantoor!  Persoonlik dink ek dat Edenpark se sukses aan die bestuur gemeet kan word.  Koos en Melanie doen moeite om elke persoon op die naam te leer ken en seker te maak dat daar aan al jou behoeftes voorsien word.

Wens ons het nader gewoon sodat ons meer dikwels die oord kon besoek.  Het net in die week vir iemand gese ek dink ons moet weer daarheen gaan, ek het rus nodig!

Sterkte aan Koos en Melanie, hulle is pragtige mense.

Jan en Christa

 

Arthur Burger
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midrand
Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 'n 2005 Landcruiser Prado 4.0L V6

Hi Jan en Christa

Ek is nogal verbaas dat ander mense nie ook soos julle en ons voel oor Koos en Melanie nie.

Dankie ook vir julle terugvoer - ek gaan die gesprek na pdf omskakel en vir Koos op sy privaat epos aanstuur.

 Ek sleep 'n 2004 Jurgens XCape met 2005 Landcruiser Prado 4.0L VX

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Besoek Eden vir die eerste keer hierdie maand vir In Die Bosveld fees.

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Ebenhaeser, geniet dit en groete aan Koos en Melanie!

Christa

Magdalena
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Naboomspruit

Middag Claas,

Ons tariewe stippel mos uit dat ons tariewe vir 'n gesin van 4 is, dit sluit in pa, ma 2 skoolgaande/en of studente. Wat verstaan jy nou nie oor ons tariewe nie, dit is mos duidelik uiteengesit op ons tariewe. Indien daar 'n ekstra kind by is moet R40 per nag betaal word. Ek verstaan dat jy jou ouers sien as deel van jou gesin, want jy versorg hulle. As jy 'n nou as voorbeeld 'n mediese plan het betaal jy mos net vir jou vrou en kinders, nie vir jou pa en ma ook nie.

Ons probeer met hierdie tariefbepaling om 'n plakkery op die staanplekke te beperk. Ander oorde druk mense in al beskik hulle nie oor die regte hoeveelheid geriewe nie. Ons doen dit nie, en dit is hoekom baie mense wat al hier by ons gekamp het dit baie geniet het.

Indien jy nog enige verdere vrae of onduidelikhede het voel asb vry om ons te skakel  by 014 - 743 3533.

Dankie vir jou "input" dit word waardeer.

 

Groete

Marietjie

 

 

 

Magdalena
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Naboomspruit

Beste Koos,

Ek kan jou met eerlikheid sê dat ons al baie gay paartjies hier by ons ontvang het. Jou kommentaar is

kleinlik. Ons doen ons uiterste om kampeerders hier te ontvang wat graag wil wegkom uit die stad en wat

heerlik wil ontspan in die bos.

Ek nooi jou persoonlik uit om hier by Edenpark te kom kamp, ek sal uit my sak uit betaal vir jou naweek.

 

Vriendelike groete

Marietjie

Magdalena
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Naboomspruit

Hallo Arthur,

Arthur ek is baie bly om te hoor dat jy baie van Koos en Melanie hou en dat jy 'n baie goeie tyd gehad het met hulle hier aan diens.

Daar het ongelukkig iets gebeur waaroor ek nie nou wil uitwei nie want dit het niks met enigiemand uit te waai nie. Koos werk nogsteeds buite, want ek help hom hier uit in die kantoor. Ons besef en weet wat Koos se waarde hier by ons is, hy laat almal baie spesiaal voel en niks is vir hom te veel moeite nie. Melanie wil graag met die boerdery betrokke wees dit is hoekom sy nie in die kantoor is nie. 

Die oord bring vir ons baie geld in maar wat die mense soos jy en ander nie besef nie, is dat alles wat inkom net so weer teruggaan na die oord in om alles netjies te hou. Ons het nie nodig om van die oord te leef nie.

Baie dankie vir jou mooi terugvoer oor Koos-hulle ons waardeer dit baie.

Vriendelike groete

Marietjie

Magdalena
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Naboomspruit

Beste Mnr Venter,

Baie dankie vir jou kommentaar. Jy hoef verseker nie bekommerd wees oor Edenpark nie. Dit gaan glad nie sleg met ons nie.

Ons sal verseker nie supertubes en allerhande ander dinge hier inbring nie want dit veroorsaak net lawaai. Daar is baie ander oorde wat in daardie kategorie val. Ons wil mense hier hê wat weer as gesin kan bind en lekker kuier. Die lewe is so 'n gejaag en pa en ma en kinders het nie altyd daardie kwaliteittyd wat hulle graag wil hê nie.

Ek en Hennie voel baie sterk oor die kweek van goeie waardes in ons gesin, dit is ook die rede hoekom ons die oord ook so bestuur.

Groete

Marietjie

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 24 gebruikers en 33 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Anton le Roux
  • Vrystater
  • John Cooper
  • Harry Du Randt
  • MarkP
  • Mariskab
  • deonhitchcock
  • Berno Punt
  • JC
  • kooshoring
  • PaulS
  • Ian Laing
  • Molekule
  • evert
  • Cheetah
  • Alias
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut
  • Eddie Laing
  • GrootKoos
  • Gert Venter
  • Christo de Wit
  • wehan

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.