Die Oog
Nuwe forum onderwerpe
Die Oog is n ou naam onder kampers. Hulle is tans besig om van die rondawels, ouetehuis eenhede te bou en alles lyk baie netjies. Die badkammers in die boskamp waar ek gestaan het is netjie en nuut oorgedoen. Dis n plesier om daar in tegaan na dat die arme siel die plek skoon gemaak het wat ons eie kampers bemors het. Ek het daar in gekom dat een of ander persoon met sy besope lyf die hele toilet bemors het, en dan kla die mense die plek is vuil. Ek is jammer maar vuil is vuil as dit weens nalatigheid so is en nie deur bemorsing nie. Die karavaan staan plekke is n bietjie knap self vir my wat nie n groot karavaan sleep nie. Ek wil n persoon met n penta sien staan het waar ek gestaan het. Hulle het spoed walletjies vir die jaag duiwels maar die goed is nie voertuig vriendelik nie en die nuwe pad agter die werks winkels om het n water sloot deur wat die voertuie in hak as jy hom verkeerd vat. Ek dink vir so n besige seisoen is hulle swembadens te min. Hulle het twee swembadens. Koue water by die luukse staan pleke en warm water by die kantien. My grootste stryd met hulle bestuur wat baie onbehulpsaam is as jy hulle in n hoek druk is oor die feit dat daar nie n nie rookers area is by die kantien nie. Volgens die bestuur is die stoep waar ek my kos moet bestel en eet of koeldrank moet koop n rokers area. HALLO, se ek vir hom. n Rokers area mag daar nie kinders in wees nie. Die kinders sit daar met hulle hubbley bubbleys en rook die hele D@#$ERSE PLEK BLOU. Met die gevolg is dat ek die kantien, restuarant en bar vermei het sover ek kon. Met hulle aktiwiteite het hulle besluit ek mag nie my koeler boks met koeldrank en ys in die saal in vat nie. Ek moet die koeldrank in my hande in dra want ons smokkel drank blykbaar so in. Nou wonder ek hoe de hel jy jou koeldrank en ys koud hou sonder die boks. Hulle sekuriteit was op hulle tone en het kwaad doeners gou-gou by hek uit gewys. Geen dagbesoekers nie behalwe gaste wat deur jou ontvang moet word en hulle betaal dan n dagse fooi. Hulle het net twee masjiene in die waskamer en ek voel hulle kon die ander waskamers oop gemaak het vir massa mense wat daar was.Ek hou van die Oog en glo as bestuur net die rook polis op die stoep uitsorteer sal dit beter gaan en hy sal ook groter omsette kry in sy winkel. Die winkel is redelik gestok met amper alles wat jy kan nodig he maar die pryse ontbreek op baie items. Die kantien se take away op die stoep het goeie kos maar die restaurant is hopeloos tewarm binne. Die bank teller maak dit maklik om nie onnodig dorp toe te ry nie maar wou sekere kaarte nie aanvaar nie. Hulle staf was vriendelik self die siel wat die badkamers skoon maak was altyd vriendelik, self tot 9uur in die aand. Ek het my tyd geniet by die Oog behalwe vir die insidente wat gebeur het.
Daar het ons dit nou. Die oog is so uit soos poep in die kerk. Na die berigte sien hulle my beslis nie. Nogal jammer om te hoor dat dit so gaan daar.
Daar het ons dit nou. Die oog is so uit soos poep in die kerk. Na die berigte sien hulle my beslis nie. Nogal jammer om te hoor dat dit so gaan daar.
![]()
Ek weet dit is seker die hoogste vorm van ongeskiktgeit om in jou eerste pos negatiewe kommentaar te lewer oor n oord, maar ek gaan dit maar doen. Ek vra maar byvoorbaat om verskoning. Ek sal darem eers myself voorstel.
Die naam is Martin en ek sleep n Echo Kavango met n diesel Pathfinder. Baie lief vir kamp en het maar onlangs eers van tent na karavaan oorgeslaan. Ek het al menigte van die Top100 oorde in die land besoek, so het n redelikke idee van wat aanvaarbaar is en nie. Ek het in die laaste 3 maande karavaan opgeslaan by Koelbaai, Buffelsbaai, Stormsriviermond, Van Stadens riviermond, Gariep, Sondela en laastens Die Oog.
Ek het gister terug gekom van Die Oog af nadat ons n week daar gespandeer het. Ek was laas daar in 1996 en het dit baie geniet. Ongelukkig kan ek nie dieselfde nou se nie. Ons het karavaan staanplek 46 gekry. Dit moet seker die kleinste en ongelykste staanplek in die park wees, veral as jou buurman sy tent op jou staanplek opslaan. Dit het met ons gebeur. Toe ons daar aankom, kyk ek nie mooi na die afbakening nie (wat in elkgeval nie baie goed is nie) en vra vir buurman toe waar die vorige persoon opgeslaan het. Hy verduidelik toe en praat van die son en reen en wat hy dink die beste is. Toe was sy tent deur nog oop na my staanplek toe waar hy en vroulief die een sigaret na die ander suig en die stompies in die braai gooi. Teen 14:30 le daar seker al 50 stompies in die skoongemaakte braai, wat elke dag skoongemaak word. Wel, dit was die laaste sien van hulle. n Uur later toe maak hulle hulle deur aan die anderkant. Ek kom toe agter die braai waar hy sy stompies ingooi, behoort aan my staanplek, maar dit is n meter van sy tent deur af. Nadat hy 4 dae later oppak, kom ons ook eers agter hy staan op my staanplek en dis hoekom my staanplek so klein lyk. Nie dat dit rerig veel saakmaak op staanplek 46 nie. Buurman aan die ander kant sien toe hoe ek sukkel om plek te kry, en hy offer seker n 2 meter strook van sy staanplek aan my. Weereeens dankie Johnny, dit was wardeer.
n Ding wat ek oor wonder by Die Oog is hoekom hulle vra dat mense om 10:00 uit is en die volgende intrekkers eers 14:00 kan inkom? Ander oorde wat ons al by was sal in daardie 4 ure die grassnyers en rantsnyers inspan en die staanplekke mooi skoon en netjies maak. Nie hier nie. In die tyd wat ons daar was is nie een staanplek netjies gemaak tusen bewoners se vertrek en aankoms nie. Waar daar staanplekke met gras was, moes die nuwe mense in die lang gras opslaan. Gras staanplekke is maar skaars, behalwe vir stand 66(of 99). Die staanplek moet seker die mooiste staanplek wees wat ek nog in n karavaanpark gesien het. Ek skat hom so 400 vierkant meter met genoeg koeltebome en alles met gras bedek. Die feit dat my 20 vierkante meter staanplek aan hom grens maak n mens nogals suur. Veral as jy vat dat elke staanplek net een karavaan of tent mag ophe. Nie dat enige iemand hulle daaraan steur nie.
Gepraat van reels, hier is my volgende grief oor Die Oog. Daar is reels, maar niemand steur hulle daaraan nie. Die oord doen ook niks aan die breek van reels nie. Inteendeel, hulle en hulle gesante breek dit net so lekker. Hier is n paar voorbeelde:
1. Daar word van alle besoekers verwag om in al hul optrede, die belange van hulle mede-inwoners in gedagte te hou en te probeer om geen steurnis te veroorsaak nie. Kan nie rerig hieroor kla nie. Mense was jolig, maar ek was nie eenkeer gepla deur swak gedrag nie.
2. Die spoedbeperperking van 15 km per uur moet gehandhaaf word. Ek dink nie enige iemand wat daar tuis was weet hoe vinnig 15km/h is nie, of weet nie hoe om n speedo te lees nie. Omdat omtrent almal verby ons staanplek moes ry om by hulle s'n te kom, kon ek sien die meeste mense ry sowat 40km/h. Een persoon het daar verby gekom teen 15km/h, maar daar was so n opeenhoping agter hom en die mense het toe begin toeter blaas. Die oord doen niks aan die reel nie.
6. Geen troeteldiere word toegelaat nie. My grootste probleem. Ek het op een dag 8 honde net in die karavaanpark getel. Die honde word ook openlik swembad toe gevat sonder dat oordbestur iets daaraan doen.
9. Geen drank en/of koeldrank word in die swembaddens of by die borrelbaddens toegelaat nie.Die reel word ook openlik gebreek met geen aksie nie.
14. Geen skade mag aan enige bome/plante aangerig word nie. Geen hout mag versamel word nie. Oord vermaak hou een oggend stokbrood braai. Hulle voorsien alles behalwe stokke. Raai waar kom die stokke toe vandaan? Bome word links en regs gebreek om stokke te kry, met oord se goedkeuring.
15. Rommelstrooi is verbode. Ja right. Rommel word gestrooi, want om die swembaddens is daar nie genoeg asblikke nie. Die wat daar is, is vol gate. Dit wat gemors word, word nie gereeld (daagliks) skoongemaak nie.
16. Kru taal en afstootlike gedrag is onaanvaarbaar. Nie veel wat die oord kan doen nie. Daar is maar n paar kommin elemente in enige samelewing.
Toe ons die eerste keer die swembad area besoek, was die gras lank. Onder die rusbankies was die gras al seker 40cm lank. Dit het so gebly vir die week wat ons daar was. Nie eenkeer het n span ingekom en die gras kom sny nie. Plekke soos Klein Kariba het elke oggend n spam wat gras en rante sny, of dit nodig is of nie. Ek het in n week se tyd nie eenkeer n grassnyer of rantsnyer gesien of gehoor nie.
Die warm swembad self was ook nie die skoonste nie. Daar het altyd sulke goed soos alge in die water gedryf. Ek is seker dit was nie gras of plantaardig nie. Ek is ook seker dat as daar waterhondjies in die water rondswem, dan is daar nie genoeg chloor in die water vir n publike swembad nie. Ons eerste dag daar, en die warm en koue swembad temperatuur is dieselfde. Waierband van pomp glo gebreek. 24uur later en dit werk n rukkie. Toe breek die hoof boorgat pomp en alle water funksies word gestaak. Gee jacuzzi, waterglybaan of warm water nie. Hoef seker nie te se dat sekere mense ook nie huishoudelikke water het nie. Ons boswoonwa se 80L tenk was gelukkig vol, so dit het ons nie beinvloed nie. Ek dink in die 7 dae wat ons daar was, het daar net in een dag warm water in die warm water swembad ingeloop.
Die vermaak by die swembad was ook nie so waffers nie. Die hoof aanbieder was maar redelik amateuragtig, het n redelikke humeur met besoekers gehad en moet ook maar liewer nie self sing nie. As jy die vermaak by plekke sook Klein Kariba al ondervind het, sal jy weet waarvan ek praat. Maar ja, dit mag dal net persoonlikke smaak wees. Jammies Jamnek word een aand bespreek vir vermaak. Dit gaan gepaard met n braai waar jy net jou eie dop en tjop vat. Ongelukke is daar nie genoeg tafels en stoele nie. Die vure is 2 uur laat, daar is net 2 grawe om kole aan te dra vir 50 braaiers, oord vergeet om krag te voorsien aangsien dit alles in die aand geskied en toe faal die bietjie krag wat hulle het ook nog.
Die Oog was jare terug rerig n uitmuntende oord. Nou word jy begroet met die bordjie wat ook lees "Aftree-oord". Ek het al begin wonder of oordbestuur nie aspris niks doen nie met die hoop om die laaste paar kampers weg te jaag sodat alle spasie vir die aftree gedeelte gebruik kan word? Daar mag meer geld in dit wees. Die luukse karavaanpark word glo tot niet gemaak vir nog aftree huisies. Die gewone karavaanpark is miskien volgende in die slag. Hulle het nou wel luukse staanplekke gemaak, die met eie toilet, stort en kombuis. Goeie idee, maar hoekom 2de handse wasbakke en toilette daar insit? Ek het dit nou wel nie self gesien nie, maar my buurman oorkant die straat by #2 het my vertel. Dan is daar ook die permanente stank wat vanaf die boiler yard af kom. Nie die steenkool stank nie, maar riool. Dieselfde aan die onderpunt van die karavaanpark waar die ou boskamp was. Ek het die mense daar baie jammer gekry om in die stank te kamp.
Een van die mooiste dele van die Oog moet die lukkse tentkamp wees. Weet nie hoe lyk dit binne in die tente nie, maar bleddie mooi van buite. Ongelukkig doen dit nou niks vir ons skilpaaie wat eie dop samvat nie.
Dit klink seker of ek n lekker klakous is. Ek dink nie so nie. As ek Sondela of Klein Kariba pryse betaal vir n staanplek, dan verwag ek darem iets in daardie klas. Anders verlaag die prys en ek weet waarvoor ek myself inlaat. Oor Desember is seker enige oord se besigste tyd. Hulle weet dit maar het nie planne indien iets breek nie. 12-24 uur om n pomp of waaierband te vervang is nie aan nie. Ek persoonlik sal Die Oog nie aanbeveel of weer besoek nie. Nie teen die prys wat hulle vra nie.
Goeie Naand Almal,
Ek was die afgelope Paas Naweek op die Oog en kan alles be-aam wat hier gese is.
Die Warm Water swembad is net 24 grade.
Die Koue Water swembad is groen van die alge.
Die bou rommel le die staanplekke vol in die woonwa park.
Die luukse staanplek wat ek toegeken was is so skuins dat ek nie my woonwa kon gelyk maak staan nie en moes noodgedwonge skuif.
Die bestuur is soort van betrokke maar trek ook net hulle skouers op as jy kla.
Al wat ek aanbeveel...BLY WEG VAN DIE OOG.
AS niemand glo wat hulle lees nie, maak soos ek ek en gaan beleef dit jouself.
Ek is baie bly dat ek bietjie gelees het want dit was my plan om desember daar te kamp want dit is lekker naby maar klink my dit is NO GO.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Vrystater
- John Cooper
- Anton le Roux
- Harry Du Randt
- MarkP
- Mariskab
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC
- kooshoring
- PaulS
- Ian Laing
- Molekule
- evert
- Cheetah
- Alias
- Hentie7
- Benzan
- Wingnut
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- wehan






.jpg)



Ons gesin het met groot opgewondenheid na Die Oog toe gegaan vir ons vakansie maar met alle eerlikheid NOOIT weer nie. Vandat dit 'n aftree oord is sal dit nie werk nie. Hulle het ons gerus gestel dat die ou mense nogsteeds ons as vakansie gangers nodig het om hul levy's laag te hou maar raai wat as julle ons nie gelukkig hou nie gaan julle nie meer kampers kry nie. Die warm swembad was tussen Kersfees en Nuwe Jaar nooit warm soos ander jare nie. Dit was soos 'n gewone koue swembad. Die borrelbad was meer stukkend as wat hy gewerk het. Die badkammers is vieslik vuil..... Ons moes vra dat hulle die gras op ons staanplek sny omrede ons kinders vol borsluise was. Ons bure by die kamp het een aand na 'n vertoning van Jamies Jamnek gaan kyk. Almal was genooi jy moet net jou eie vleis vat. Hulle het hulle tafel gedek met snacks. Toe hul terug beweeg na hul tafel was dit oor gevat deur oumense van die oord. Die mense het verduidelik dit is hul tafel maar volgens die oumense was hulle van een of ander raad en as die mense wil is hulle meer as welkom om in te skuif. Dit is ongeskik. Wie gee hulle die reg om die vakansie gangers se persoonlike goed oor te neem. Sies vir julle. Ek staan eendag in 'n ry om die borrelbad te gebruik toe hy werk. Na 'n ruk kom druk 'n ou tannie in en vertel vir my hulle betaal nie . Ek gee nie 'n vlenter om of hulle verniet kan borrelbad nie maar waar is hulle maniere?????????????????? Ek en ander vakansiegangers betaal immers om die goed aan die gang te hou. Die krag was gereeld met tye af gewees. Daar is geen kontrole by die water glybaan nie en ook geen noodhulp nie. My man het baie lelik seer gekry op die water glybaan toe ek vra vir hulp trek almal hulle skouers op. Ons moes Naboom toe jaag vir die dokter. Na 5 steke en 'n baie lelik oog het ons op gepak. Dankie maar Die Oog sien ons nie weer nie. So jammer want al die vakansie gangers voel dieslefde NOOIT weer nie. Ons betaal om daar te staan ons het nie verniet gaan kamp nie.!!!!