Bosfontein
Nuwe forum onderwerpe
Bosfontein is gelee tussen Warmbad en Nylstroom op die Eersbewoond pad. Met ons aankoms daar (wat al effens laat was) het ek die eienaar/bestuurder gebel, en alhoewel ek vergeet het om te laat weet dat ons reeds die Donderdag aand sou aankom, was hy vriendelik en het die hek oopgesluit, en aangebied om met hulp van 'n ander werker ons te help tent opslaan. Ons tent slaan egter so maklik op dat ons hom verseker het ons sal self regkom. Hy het 'n sak hout en ys gratis aangebied.
Staanplekke: Groen skaduryke gras staanplekke, met 'n kraan naby. Almal sirkelvormig uitgele en almal naby genoeg aan die ablusie. Elke staanplek het sy eie braai met netjiese braairooster.
Ablusie: Min plekke se ablusie geriewe lyk in werklikheid beter as op hulle webblad, en Bosfontein is beslis so plek. Die storte is gerieflik groot, en so ingerig dat jy hakies het om jou klere op te hang en 'n bankie om jou badsakkie op te sit. Die water spat nie uit die stort nie, en daar is genoeg toilette, storte en baddens. Daar is groot spieels en kragproppe beskikbaar vir die mooimaak sessies. Hoewel ek dink dat die ablusie geriewe reeds baie goed is, is die eienaar besig om vier gesins badkamers op te rig, wat met pragtige storte, hoekbaddens en toilette togerus word. Die storte is van die soort wat jou sommer van alle kante spuit, en het glas regom. Wanneer die familie ablusies voltooi is beplan hulle om die ander ablusies heeltemaal oor te doen. Daar was altyd warm water beskikbaar.
Romeo, jy sal bly wees om te hoor die die bestuurder/eienaar ons nie een keer nie maar vier keer besoek het, en ons behoorlik welkom laat voel het 
Daar is 'n wipmat, 'n jungle jim en 'n swembad. Daar is ook 'n ontspannings area met tafel tennis , potspel en genoeg kuierplek. Daar is ook swaaie en 'n volleyball baan. My seun van 9 het so lekker saam met die kinders gekuier dat hy nie eens wou saamry dorp toe nie.
Die bekoring van bosfontein le in die rustige atmosfeer, pragtige omgewing en vriendelik bestuur wat mens welkom laat voel. As mens kyk na wat die mense in so kort tydperk reeds verrig het, kan mens seker wees dat die plek binnekort een van die spog oorde in die omgewing gaan wees. Die bestuur het werklike entoesiasme en dryfkrag, en die feit dat hulle self ywerige karavaners is maak dat hulle WEET wat mense van 'n woonwa oord verwag.
Ek het die naweek so geniet, ek het amper vergeet om fotos te neem, ek heg so paar aan van die Lundies op Bosfontein.
So ver is die kuier nog reg met my ek wil net weer waar.
Bukkes, jy maak indruk man! Hou so aan, ons sak jou toe in Augustus!
Heidi het die plek mooi beskryf. Ons naweek by Bosfontein was een van die lekkerste kampervaringe wat ons tot dusver gehad het en ons kamp al vir baie jare! Sterkte Deon en Martie vir die saamtrek wat voorle.
Die langnaweek is verby en ons was bevoorreg genoeg om Bosfontein ons tuiste te kon maak vir die naweek. Heidi het die plek baie goed beskryf en ek dink nie dat enige iemand wat daar gaan kamp teleurgesteld sal wees nie. Deon en Martie doen baie moeite om almal baie welkom te laat voel en tussen deur word daar hard gewerk om die oord klaar te kry. Vir julle manne wat Augustus na die saamtrek toe gaan, glo my julle gaan 'n fees van 'n tyd hê.
Deon aan jou en Martie baie dankie en sien julle binnekort weer.
Groete
Paul
Hi, lykmy julle kamp ook aanmekaar soos ons! Ek het gewonder of daar nog sulke mense hier op die web is en of ons nou die enigste fools is wat so lewe!
Na 'n artikel in die wegsleep het ek en my gesin ook besluit om permanent te kamp in plaas van om 'n permanente huis te he. Ek sou graag wou weet van nog mense wat dieselfde ding doen. Dit sal vir my lekker wees om bietjie met ander hieroor te gesels... Ons is nou al 'n jaar 'op die pad' en het nog niemand anders teegekom wat dieselfde lewensstyl as ons handhaaf nie.
Sien uit om van nog ouens te hoor!
Ek wil net iets byvoeg. Uitstekende oord en uitsonderlike eienaars. Almal kan gerus by die mense tuis gaan.
Deon het nuwe fotos op sy website bygesit. Die man werk hard aan die plek.
Thanks Deon, ek's seker Bosfontein gaan nog een van die groot name word.
Die tyd oor 'n week steek ek seker my vuurtjie al aan, net vir die lekkerte, want ek kan mos!
Abie, Deon hulle se webtuiste is vir my een van die mees gebruikers vriendelike webtuistes. Mal oor die fotos.
Sien jou daar!
Thomas,
So 'n bek moet jam kry.
Vasbyt, min dae. Sien jou daar.
Thomas, baie dankie oor die mooi kompliment van Bosfontein se webblad, dis altyd vir my so lekker as iemand dink iets wat ek gemaak het is nuttig en mooi.
Ons sou egter nie so mooi webblad kon maak as Bosfontein nie so pragtige plek was nie.
Julle mense sal maak dat ek my bespreking 'n week nader skuif! Ons gaan volgende naweek 2 Oktober vir die eerste keer bietjie daar kamp!
Ek kan regtig nie wag nie! Ons het die rus en vrede bietjie nodig, en dit klink darm of daar genoeg is vir die kinders om te doen, terwyl ons net kan ontspan!
Hennie, daar sal jy lekker ontspan. Die rustigheid, die lower groen gras, genoeg koeltebome, 'n mens vergeet van alles.
Julle sal dit werklik geniet.
Ryno
Baie dankie Louis en Ryno, ons sien baie uit na die naweek se kuier!
Ek sal dan maar 'n paar klokke saamvat wat hard lui, want my 3 is nogal besige lyfies....
Kamp heerlik hier op Bosfontein.
Die oord is pragtig en Deon en Martie en die hulp hou die plek pragtig.
Gisteraand so reën-&-wind stormpie hierdeur, weet nie wat die meeste geval het nie, reën of blare nie, maar vanoggend vroeg is die harke al ingespan om die vragte blare weg te ry.
Die weer is maar bewolk en koelerig - asof hul nie besig genoeg is nie, toe gaan staan en bak Deon & Martie-hulle vir ELKEEN in die kamp (so 43 staanplekke) pannekoek - dis nou : "Stunning"!!
Groete uit 'n nat maar baie mooi Bosfontein.
ELU
ELU,
Laat weet maar vir Deon-hulle dat ons oppad is volgende naweek, en dat my 3 dogtertjies MAL is oor pannekoek!
So as dit reenerig lyk, moet hulle maar die pannetjies gereed hou! My vrou Magda is ook 'n bo-baas bakker, so sy sal help!
Ek is net gou by die werk, gaan vanmiddag die BULLE ondersteun op Loftus, en more pak ons vir volgende naweek se kamp!
Lekker kuier julle!
Baie lekker lang naweek by Bosfontein gehad. Alles was perfek.
Geen klagtes nie. Die wind het on amper weg gewaai Donderdag aand en Vrydag was maar nat en koud.
Vandat ek die plek vir die eerste keer in Mei maand gesien het, is dit ongelooflik wat daar bereik is.
DIE GEREELDE FORUMIETE HET NOU AL GEHOOR DAT EK GROEN GRAS HEEL BO AAN MY WENSLYS HET AS DIT BY KAMP KOM.
Ons het laat wakker geskrik met ons besprekings by Bosfontein vir die langnaweek. Daar was nie meer staanplek beskikbaar nie, maar Deon van Bosfontein kon ons help met 'n stowwerige grond staanplek SONDER ENIGE GRAS. Ek vat toe maar die staanplek en 3 weke gelede stuur Deon vir my 'n Foto. Groot was my verbasing toe ek sien hulle plant gras op my staanplek.
Hier is die Fotos, toe hulle nog besig was en hoe dit DIE naweek gelyk het.
Deon, Martie....ek was baie be indruk met al die moeite wat julle gedoen het. Weereens, weet ek nie van enige iemand anders wat dit vir 'n klieent sal doen nie.
Hou so aan Bosfontein, julle het 'n wen-resep.
Baie dankie Deon en Martie.
Sjoe! Ons het dit verskriklik geniet die naweek saam met Deon en Martie, dit was 'n fees gewees.
Romeo daai foto van jou met die pannekoek gebakkery is vir my klasiek veral omdat my tweeling in die agtergrond staan en stry wie speel volgende pool.
Ek kan beslis beaam wat Romeo, ELU, Tami & Thomas hierbo gese het. Pragtige park met "super a grade ablusies", die lieflikste groen gras, groot bome met baie koelte en die beste oordbestuur wat ek nog teegekom het. Die pannekoek was nou werklik 'n groot verrassing en daar was meer as genoeg vir elkeen.
Baie dankie Deon & Martie, julle skop beslis baie ander parke met groot name se gatte !
Ons sien julle sommer gou weer.
Hoe kan mens dit nou anders stel as "ABSOLUUT FANTASTIES!!!!!"
Stop daar met die karavaan, en die dreigende reenwolke wat ons vinnig bekruip, en in 'n jap-trap het Deon en sy span werkers die tente en alles op.
Pak alles uit, en soek waar is die kinders - weg! Toe het hulle intussen vinnig maatjies gemaak en gaan speel. Kyk bietjie om ons rond, en besef - hier gaan ons lekkerkry! Skop dadelik ons skoenne uit, want wie wil nou met skoenne op die pragtige groen gras loop?
So net na die eerste "koue een", stap ek gou badkamer toe, en kan nie glo wat ek sien nie... Die modernste, skoonste en mees asemrowendste ablusie blok wat ek NOG by 'n oord gesien het.
Ons het nou vir jou werklik heerlik gekuier en ontspan! Pool en tafeltennis gespeel, heerlik gekuier by die bure, sommer saam met Deon en Martie ook! (Daai Chillie steaks van Deon en Room aartappels van Martie was wenners gewees! - baie dankie!)
Nee wat, laat ek vir almal wat hou van lekker kamp, heerlik ontspan, en spontaan saam kan kuier dit duidelik stel - by Bosfontein, gaan jy lekkerkry!
Sterkte, en goed gedoen Deon! Ek kan sien dat dit wat jy besig is om daar te bou en op te knap, dit doen jy 5-ster!
11 uit 10 vir die naweek! Sien julle binnekort weer - dan kom ons met 'n span vriende ontspan by julle!
Ek het ook gaan kyk hoe lyk dit by Bosfontein. Die gras is groen en die badkamers is puik! Bukkes en sy vrou is op die bol!
Ons kamp is gereel vir Nov 09.
Heidi, die webblad lyk ook goed.
Ons was ook 'n ruk gelede hier. Almal kla so oor ander oorde wat se winkels toe is of nie genoeg kleingeld het nie, raserige kampeerders, deurmekaar besprekings ens. Ons het presies dieselfde hier ervaar!!!! OK OK ek grap net Deon!
Heerlik gekuier onder daai lekker groot bome en verseker genoeg speelplek vir die kinders.
Julle sien ons weer!
Nog 2 van Ryno en Bosfontein. Verskoon die blur. Marnus (11jaar) is nog nie so goed met die neem van foto's nie.
Hallo, waar's die plek?
Groete.
Ek bring net vir Quagga hierdie draad weer vorentoe.
Bukkes
Maters van die werk het die naweek by jou gekamp. Hulle kan nie ophou "brag " nie. Wel gedaan ou maat.
Ek kamp die naweek by Bosfontein, as ek al die goeie kommentaar leees gaan dit lekker wees...
Dis nou te se as dit nie reen nie.
Theo Sal ook weer daar gaan kamp dis net vrek ver van hier af ![]()
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Vrystater
- John Cooper
- Anton le Roux
- Harry Du Randt
- MarkP
- Mariskab
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC
- kooshoring
- PaulS
- Ian Laing
- Molekule
- evert
- Cheetah
- Alias
- Hentie7
- Benzan
- Wingnut
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- wehan
- Speknek







'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

.jpg)








---------------------------------------------------------
Groete
Romeo Pretorius
WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA