Atlanta-vakansieoord | Kry alles onder een grasdak
Nuwe forum onderwerpe
Atlanta-vakansieoord | Kry alles onder een grasdak
As Drie Berge te na aan die huis is, kan jy so 55 km noord van Brits (en so 125 km vanaf Pretoria) die Atlanta-vakansieoord aandoen.
Anneleze,
Eerstens Baie welkom hier op die verslawende WegSleep Forum.
Ek was nie onlangs daar nie maar dit was 'n baie lekker plek, die bome is net te klein vir koelte ander geniet dit.
Anneleze
Ons was vanaf 12 Janaurie 2010 tot 17 Januarie 2010 by Atlanta ons het die volgende gevind.
Dit is 'n pragtige oord.
Staan plekke is gelyk en groot, daar is skadu nette gespan oor die staan plekke vir ekstra koelte, elke staan plek het krag, 'n ronde braaier en 'n kraan (onthou jou blou prop).
Daar is baie te doen vir ontspanning, put-put, stap, speletjies kamers, wildsritte en groot binne en buite swembaddens, met pragtige grasperke en doringbome om die buite swembad.
Daar is 'n lugverkoelde dames kroeg met dstv, restaurant en wegneem etes en 'n goed toegeruste winkel op die perseel.
Die ablusie geriewe is van die hoogste gehalte en altyd skoon, opwas geriewe en 'n wasmasjien en tuimeldroer by elke ablusie blok.
Wilde huis katte is lastig, het een keer ons vleis geeet wat ons buite op 'n rakkie gelaat het om te ontdooi, op 'n ander geleentheid het die katte ons oorskiet braaivleis geeet terwyl ons skottelgoed gewas het.
Ongeveer 30km buite Brits op die pad na Atlanta is daar die Beestekraal Stasie, wat lekker ontbyt en etes bedien, dit is die moeite werd om daar stil te hou of terug te ry vir 'n uitstappie. Net voor Atlanta aan die linkerkant is 'n padstal "Gaanbos" wat vreeslik adverteer maar dit was nie vir ons die moeite werd om daar ontbyt te eet nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Harry Du Randt
- Vrystater
- MarkP
- Mariskab
- deonhitchcock
- Berno Punt
- JC
- kooshoring
- PaulS
- John Cooper
- Ian Laing
- Molekule
- evert
- Cheetah
- Alias
- Hentie7
- Benzan
- Wingnut
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- wehan
- Speknek




Hallo julle, ons wil paasnaweek na Atlanta toe gaan, kan enige iemand asb vir my se of dit die moeite werd is, dit lyk baie mooi maar weet nie veel van die oord af nie. Baie dankie