Tamboti Vreugde

Prof Neels
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 529
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Drie-stergradering

Hoe kom mens daar? Volg die N1 Noord vanaf Pretoria en neem die Hammanskraal/Boekenhoutkloof-afrit (ongeveer 24km Noord vanaf die Panorama Petroport). Die fooi by hierdie tolhek is R15.50. Draai regs oor die snelweg en draai na 250m links op die Rust de Winter-pad (hierdie is ‘n goeie teerpad). Na 11km lê die Safari Mall (dis eintlik ‘n klein winkelsentrumpie) aan die linkerkant. Draai net na hierdie Mall regs op die De Wagendrift-grondpad. Volg hierdie pad vir 1.9km en draai regs (net na ‘n klein spaza-tipe winkel) in Patrysstraat. Volg hierdie grondpad vir ongeveer 2km. Die hoofhek is aan die regterkant. Die eienaar van Tamboti Vreugde sorg dat Patrysstraat in ‘n beter toestand is as die eerste 1.9km wat deur die provinsiale owerhede onderhou moet word. As jy teen 20 tot 30 km/u sleep, sal jou woonwa niks oorkom nie. Die oord is op 'n privaatplaas teenaan die Dinokeng Wildreservaat.

GPS: S25 22.334 E28 22.674

Kontakpersoon: Eddie Engelbrecht by 012 327-3755/6 / 082 458-4503 / 0842511891 (Paul Fourie) / 012 327-3755 (faks). E-posadres: transvaalbagco@telkomsa.net.

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Gert die Compensator is maar soos `n turboSy doen is maar net om jou dieselfde krag te gee in die binne land soos was jy by die kus sou gehad het. Dit maak `n groot verskil in die krag lewering van die std 2,5 en die 2,5 met die compensator op. Praat uit ondervinding het al 2 modelle by my vorige werkgewer gery.

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 787
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

.....en ook rooi driehoeke vir wanneer jy dalk teespoed kry. As jy nie het nie en hulle vra dit MISKIEN in 'n padblokkade, is dit moeilikheid.

Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Toermoer,

Zeldie is die een wat gewoonlik baie te sê het maar sy is redelik stil in die laaste tyd. Wonder hoekom?

Louis

leonwillemse
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Was in September maand daar. Die volgende opmerkings;
1. Kinder speel plek klien, en in swak toestand.
2. Jy mag nie meer met jou eie 4X4 deur park ry nie.
3. Plaas is vol bou rommel.
4. Jy moet self die 2 hekke oop en toe maak. "'n Pyn:
5. Personeel baie vriendlik.
6. Staan plekke gelyk en groen. Bome

Tassie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.

Leon

Hoe het jy die pad gevind, dit is nou die stuk grondpad wat almal van praat.
Moet jy jou eie braai saam neem?
Het julle enige wild gesien? Mag jy nou glad nie meer rondry op die plaas....., wat is daar nou eintlik om te doen.
Jammer, al die vrae, maar ons gaan die naweek bietjie soontoe en sien uit daarna, sal maar die beste van die naweek maak.
Dankie
Tassie

Tassie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.

Was toe die naweek by Tamboti Vreugde, pragtige klein karavaanpark. die grondpad regtig nie te sleg nie, net maar stadig ry.
Vrydagaand het die reen ons bietjie om ver gegooi, die krag het afgegaan en was af tot die volgende oggend so by 11uur. Paul het gou tot ons redding gekom en aangebied om van die bederfbare goed in die yskas te sit wat aan 'n kragopwekker gekoppel was.
Ons het lekker gestap en Sebras en Rooibokke en pragtige voels ook gesien. Daar is twee swembaddens en die een is louwarm.
My enigste klagte is dat ons die hele naweek nie eenkeer gesien het dat iemand die badkamers skoon gemaak het nie, die drommetjies in die badkamer was ook nie uitgegooi nie. Ons braai en vuilisdrom was wel elke dag skoon gemaak.
Baie rustige naweek, sal weer gaan kuier.

Tassie

Henry en Marlee...
Nuweling
Aangesluit: 24/03/2010
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sandton

Ons klub het Januariemaand daar gestaan. Alles was silwerskoon en die oord het die mooiste grasstaanplekke wat ons in 'n lang tyd teegekom het! Die gesinsbadkamers is lekker ruim. Die oordbestuur was vriendelik en behulpsaam. Die begeleide wildrit was bekostigbaar vir die hele groep en die eienaar, wat as gids opgetree het, het ons soos spesiale gaste behandel.  Ons sal beslis weer hierdie oord besoek! Die stukkie grondpad is nie te erg nie, ry maar net stadig sodat jou goedjies in die karavaan nie te veel skud nie.

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Henry, was dit die laaste naweek in Januarie? Ons was toe daar, ook met n familie naweek, en ek moet saam met jou stem, dit was regtig baie lekker gewees. My weuntjie is nou vier, en ek en hy het vir ure die klein kurpertjies en babers uit die dam getrek. Ons het dit inteendeel so geniet dat ons einde Februarie weer daar was, met drie karavane en twee van ons vriende het in die twee chalets gebly. Weereens n wonderlike naweek, en ek moet se die chalets wat ongelooflik bekostigbaar is, is wonderlik skoon en baie goed toegerus.

Natuurlik n ander voordeel is dat dit maat ongeveer 70km van die ooste van Pta is. Dus n uur nadat jy daar vertrek het, staan die wa weer op sy plek, en kan jy die laaste biertjie van die naweek drink voor die Sondag op n einde is. Ons sal ook weer in die rigting gaan.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Henry en Marlee...
Nuweling
Aangesluit: 24/03/2010
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sandton

Hallo Pierre

Ja, dit was die laaste naweek in Januarie.  Die feit dat dit so naby aan Gauteng is, tel definitief in die oord se guns. Ander oordeienaars kan hier kom leer oor gasvryheid en hoe om 'n netjiese oord te bedryf.

 

 

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Stem 100%. Paul en sy mense weet van gasvryheid!

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Was ook al daar. Nie baie om die kinders mee besig te hou nie, maar 'n baie lekker plek. Sal beslis weer gaan.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Kan iemand dalk paar fotos plaas van die plek asb?

Ons gaan Augustus se langnaweek soontoe en wil net graag 'n idee kry van hoe dit hier lyk?

Dankie,
Jacques


 

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 420
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Sjoe, dit lyk na 'n netjiese plek. Dan kan jy nog lyne ook natmaak. Sal hom moet probeer.

***********************

Groete

Chris Müller

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Toe Ons saam met Flip (Damara) hulle daar was, Hen 3 was ook daar gewees.  Dit was net ons 3 karavane gewees.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Baie dankie vir die fotos.

 

Groete,

Jacques

 


 

Gerhardus
Groentjie
Aangesluit: 17/12/2009
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Northriding

Hi Jacques

Was julle toe die naweek by Tambotie vreugde?

Hoe was dit daar? Ons wil ook graag bietjie daar gaan ontspan.

Sal jou terugvoer waardeer.

 

Gerhardus

Gerhardus
Groentjie
Aangesluit: 17/12/2009
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Northriding

Hi Jacques

Was julle toe die naweek by Tambotie vreugde?

Hoe was dit daar? Ons wil ook graag bietjie daar gaan ontspan.

Sal jou terugvoer waardeer.

 

Gerhardus

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Gerhardus,

Man, ons het lekker gekuier. Die kamp het uit sy nate gebars so vol was hy.

Ek sal later nog paar fotokies laai.

Gawe mense wat die plek bestuur. Eddie, die eienaar het persoonlik kom kennis maak.

Die troeteldiere wat toegelaat word is vir my 'n euwel. Niemand se diere het regtig gepla nie, maar ek dink dis sommer onnodig.

Hulle is ook besig om verder uit te brei met nog chalets en 'n kerkie. Ons kon lekker fietsry op die plaas. Het die Elande en Rooibokke gesien, maar nie die koedoes nie.

Ek werk aan 'n volledige verslaggie met fotos.

 

Groete,

Jacques

 


 

Gerhardus
Groentjie
Aangesluit: 17/12/2009
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Northriding

Goeie More.

Baie dankie vir die terugvoer, gaan sommer nou boek vir September.

Gerhardus

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

JacquesR wrote:

Man, ons het lekker gekuier. Die kamp het uit sy nate gebars so vol was hy.

Ek sal later nog paar fotokies laai.

Gawe mense wat die plek bestuur. Eddie, die eienaar het persoonlik kom kennis maak.

Hulle is ook besig om verder uit te brei met nog chalets en 'n kerkie. Ons kon lekker fietsry op die plaas. Het die Elande en Rooibokke gesien, maar nie die koedoes nie.

Ek werk aan 'n volledige verslaggie met fotos.

 

Jacques

 

Jacques, ons beplan om die naweek van 23 - 25 Sept. daar te gaan kamp. Nou wag ek vir daai beloofde verslaggie en foto's!

Was iemand onlangs daar? Hoe lyk die grondpad soontoe?

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 O genade Adri - jy't my uitgevang...  


 

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 ,


Jacquesfouriedjj
Nuweling
Aangesluit: 11/09/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria

haai julle almal my naam is jacques fourie mede stigter van tamboti vreugde ek sal elke nou en dan biekie fotos en updates oor befordering van (TV)  post, as julle wil kan julle ons ook volg op facebook  search net ons naam tamboti vreugde of besoek ons webtuiste www.tambotivreugde.co.za . ek sal ook enige navrae van die oord beantwoord

wag vir jul komentaar

groete 

jacques fourie

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Welkom hier, Jacques. Ons sien uit na jou bydraes - nie net oor Tamboti Vreugde nie, maar sommer op al die drade!

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

Jacquesfouriedjj
Nuweling
Aangesluit: 11/09/2011
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria

dankie sal so maak, o ja n biki nuus vir almal ons het onlangs n warmwater swembad gebou onder n grasdak met rockart om as julle dt wil kom uittoets kom kuier n biki weer by ons ;-D

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Ons was die afgelope naweek (16 - 18 Sept 2011) by Tamboti Vreugde. Ons het dit baie geniet en lekker ontspan. Die kamp was lekker stil (6 karavane) - presies soos ons daarvan hou. Ek gee graag dievolgende aan almal deur wat van plan is om die oord te besoek:

* Die entjie grondpad, so 2km, tot by Patrysstraat, was effe rof gewees. Vat dit maar stadig. Ry direk langs die grensdraad - daar is minder sinkplaat.

* Patrysstraat was heel skaflik gewees.

* Die eienaar (Eddie) en sy vrou was baie behulpsaam gewees. Vra maar net, hulle sal help of voorsien.

* Die gras begin nou net mooi regkom na die winter maar is darem al groen sonder los stoppels.

* Die ablusie geriewe is van `n goeie gehalte met genoegsaam warmwater.

* Die verhitte swembad is reeds in gebruik.

* Die snoepie kan voorsien as jou "mix" opraak. Daar is ook skyfies, koeldrank ens. Karavaan plakkers is gratis.

* Die werkers is altyd behulpsaam.

* Die voertuig vir wildkyk was in Pta vir herstelwerk. Ons kon egter met Frans (werker) reel en het op `n sleepwa agter die trekker saamgery toe hy die wild gaan voer gee het. Julle het reg gelees, hulle voer die wild grondboontjies plante.

Die oord is presies 99 kilometer van my huis af. Jy kan dus gerieflik wegglip vir `n gewone naweek. Alles is nie 5 ster nie maar alles is volg my (wat met tye maar redelik vol fiemies kan wees) aanvaarbaar vir `n lekker wegbreek. Die tarief is R75-00 p.p.p.n. wat natuurlik baie voordelig is waar dit net twee persone is.

Ek kan `n besoek aanbeveel en glo dat almal dit sal geniet.

Die kerkie en onthaalarea vir `n resepsie is bykans voltooi.  

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

PaulS
Nuweling
Aangesluit: 22/09/2011
Inskrywings: 12
Gebruiker is aanlyn
Plek: Alberton

Hi almal

Ek is nuut op die forum... Dankie vir al die kommentaar oor Tamboti Vreugde.

Vrae wat ek het oor die kamp:

  • Is die kamp rystoel vriendelik?
  • Is die ablusiefasiliteite toegangklik vir rystoel kampeerders?

Groetnis

 

 

 

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

PaulS,

Welkom op die forum. Ek vertrou dat jy nog lekker gaan saam gesels. Moet net nie alles wat gese word ernstig opneem nie. Sommige kommentaar moet jy maar met `n knippie sout neem. Oordeel maar vir jouself.

Wat jou navrae oor Tamboti Vreugde aanbetref. Indien jy digby die ablusieblok, regoor die snoepie, langs die groen watertenk staan kan jy dalk heel gerieflik wees. Ek self het nie die familie badkamer gebruik nie, so ek kan nie kommentaar lewer daaroor nie. Afhangende van watter graad van gestremdheid jy of iemand in jou familie ervaar glo ek dat `n besoek tog aangenaam kan wees. Die grootste gedeelte van die kampterrein is redelike dik gras. Ander dele is weer meer grond. Miskien sal dit ook help indien jy op die webwerf gaan kuier.

Moenie skroom om Eddie (die eienaar) te kontak nie.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Wie's aanlyn

Daar is tans 22 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Molekule
  • evert
  • Cheetah
  • Mariskab
  • Alias
  • JC
  • Berno Punt
  • Harry Du Randt
  • John Cooper
  • Hentie7
  • Benzan
  • Wingnut
  • PaulS
  • Eddie Laing
  • GrootKoos
  • Gert Venter
  • Christo de Wit
  • MarkP
  • wehan
  • Ian Laing
  • Speknek
  • Stalkersa

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.