Nkwe

Gesels saam op die WegSleep forum.
Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1969
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Waar: so 15km van Hans Strydom op Lynnwoodweg uit.

Koste: 75 per volwassene per dag (skoolgaande kinders is verniet).

Datum: November 2008.

Fasaliteite: Die gewone opwas, klerewas, krag, braai, kiosk en ablusiegeriewe. Daar is ook 'n lapa wat oor 'n watergat uitkyk met braai- en yskasgeriewe beskikbaar. verder is daar 'n natuurlike watergat met spring- en piekniekplek.

Aktiwiteite: Daar is verskeie staproetes om die karavaanpark en is een van die beter voëlkykareas in die omgewing. Ons het 30 verskillende voëlspesies gedurende die naweek gesien wat uile insluit.

Daar is gras op meeste van die staanplekke wat wissel van gelyk tot baie skuins (in die minderheid). Verder is daar ook 'n boskamp waar daar geen krag is nie en dit is redelik ver van die res van die karavaanstaanplekke.

Die bestuur is vriendelik en daar is hulp met die opslaan van die tent beskikbaar (teen 'n prys natuurlik. Die gemiddeld is R10 per helper). Die dagbesoekers kom ook nie naby die karavane nie en kan ook nie gehoor word nie.

Die ablusies is redelik oud maar altyd skoon en daar is genoeg warmwater. Was al 'n paar keer daar en het nog nooit probleme gehad nie. Daar is ook 'n plek om jou porta-potti leeg te maak.

Omdat dit so naby is aan my (ongeveer 15min se sleep) is dit vir my die ideale naweekwegbreek. Daar is nie veel om te doen behalwe om te sit en ontspan nie. Vir die kieskeurige sal dit dalk nie aan die verwagtinge voldoen nie Sad .

Sal later foto's plaas, sodra ek die opgespoor het Shock .

Louis

Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1969
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Hennie,

Om op jou vrae te antwoord:

1. Nee behalwe as jy nie 'n groen id boek het nie.
2. Ja baie beslis as jy van Rustenburg af kom. Onthou Rietvlei is in Sodom & Gomora Smile .
3. Ja solank ons nie weet dis jou skelmpie nie en jou vrou weet waar jy is Smile

Sien jou daar (die baas het gepraat Shock ).

Louis

BUKKES

Apie, nie so haastig nie ek soek twee plekke en wag nog vir my besprekings vorm so ek is nog nie amptelik op die lys nie

BUKKES
Willem & Surette

Arthur,

Het self ook die probleem (gewoonte aangeleer) maar hierdie een was toevallig vir my bekend. smile

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Apie, dit is 'n Canon EOS 450D, ek het ook 'n Sigma lens bygekoop

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Aansig van Lapa (net na winter geneem)Aansig van lapa

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Binnekant van lapaa

Uitsig vanaf lapaa

Uitsig vanaf Lapaa

Watergat en swemareaa

Besoekers area by watergat (net na winter geneem)a

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Kamp areaa

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2491
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Kontak besonderhede:
Nkwe Karavaanpark Pretoria
Francois Liebenberg
012 811-0095
082 978-9631
nkwepark@mweb.co.za
www.nkwepark.co.za/
From Pretoria, take the Lynnwood Rd for 25 km and follow the signs
Kamp : S 25.88106 E 28.42008
Afdraai:S 25.8716 E 28.4281

dutoit
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Teda, Tianjin

Ag nee sies, nou verlang ek eers huis toe. Sien, dis hoekom ek net een keer 'n week kan loer wat hier aangaan! By the way - dit het gister en vandag gesneeu - kon darem 'n sneeuman bou - kon sien ons is appies.

Kamp Maat
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 386
Gebruiker van lyn af.
Plek: Theresa Park, Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Jurgens Penta met 'n Mashindra Scorpio 2.2 Vx Auto

Kyk die plek sê nou maar eenmaal nie vir my welkom nie. Ons het nou al so paar maal hier gekamp in die verlede saam met die vorige klub, maar nie gou weer nie. Ek het kinders en voel altyd onveilig met die water gat. Die oord self is nie sleg nie maar ek voel ek kry beter waarde vir geld elders. Ek wil hulle nie afskiet nie maar hulle bied in my opinie nie werkilik waarde vir my geld nie. Ek soek diere en groot bosveld en tenmindste 'n veilige swembad.

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 645
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Kamp maat,

as ek die foto's so kyk wat Ryno geplaas het van die kamparea, lyk dit vir my asof daar nie spesifieke afgebakende staanplekke is nie, maar dat almal maar opslaan soos hulle wil?

Groetnis Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Gerrit, daar is nommers vir elke staanplek wat tussen die twee rye aangeteken is by die bedding. Soos wat ek kan onthou is daardie klompie groot klippe naby my woonwa en tent die afbakening van een staanplek of waar 'n boompie geplant was. Ek sien jy is van Pretoria, ry gerus een Sondag uit soontoe om te gaan kyk of julle van die plekkie sal hou. Net 'n waarskuwing, indien julle nog jonk is met kinders is daar nie veel om te doen nie. Vir my en Anita wat net vinnig wil wegkom en tog naby die huis wil wees en ook net rustigheid soek ry ons gewoonlik eers die Saterdagoggend. Jy kan 'n staanplekkie bespreek maar ek bevestig dit weer die Vrydag om hulle te herrinner, maar is nie soseer gerus of hulle daarop reageer nie.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Kamp Maat
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 386
Gebruiker van lyn af.
Plek: Theresa Park, Pretoria
Ek sleep 'n 1994 Jurgens Penta met 'n Mashindra Scorpio 2.2 Vx Auto

Jy het reg. Hulle het wel gemerkte kragpunte maar gebruik nie lyne soos ander plekke vir die merk van die staanplekke nie (dit is nou toe ek laas daar was). Maar nee jy kan ook nie net opslaan waar jy wil nie dit is darm georden so teen die paaltjies af. laat my dink aan 'n western waar die perde so teen die paaltjies vas gemaak was voor die kroeg.

Ek moet weer sê, daar skort niks met die oord se geriewe soos badkamers ens. nie. Wat my pla is die fweit dat daar niks vir my en die kinder te doen is nie. Daar is wel voëltjies, maar hulle is ook net so veel. Die plek is rustig maar nie my tipe oord nie.

willie Rautenbach
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 226
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Smile Ek gaan baie Nkwe toe. Juis omdat daar nie veel te doen is nie en jy jou kop kan skoon kry. Vir enige persoon wat net wil gaan rus is daar absoluut niks verkeerd met Nkwe nie. Oor die algemeen is dit meer jou rustige jong en ouer mense wat soontoe sal gaan. Hulle laat ook nie harde musiek roe nie.

Groete

Willie.

Bostoe
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 76
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heeltemal te naby aan die stad.....
Ek sleep 'n Xplorer met 'n LC 70 SW

Net 'n bietjie raad vir die mense wat van die suide af Nkwe toe gaan en hulle GPS'e gebruik vir aanwysings:

Die GPS is geneig om die roete aan te dui met Garsfontein se verlenging uit Pretoria en dan deur Tierpoort. Moet tog asb NIE die roete volg met jou netjiese karavaan waarvoor jy baie omgee nie. Eerstens meld die tannie van die GPS nie vir jou dat dit 'n grondpad is nie en tweedens meld sy ook nie dat dit 'n sleg verspoelde, klipbestrooide grondpad deur 'n driffie met baie styl bulte weerskante van die driffie is waardeer jy en jou 18.00 Polo verseker nie die karavaan gesleep sal kry nie.

Volg die roete soos aangedui met Lynnwoodweg.

PS: Gelukkig is Pretoria Oos Woonwakliniek net om die draai van Nkwe af indien jy wel besluit het om die wa deur die drif te sleep. Smile

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Interessantheidshalwe, watter GPS is dit wat jou so verkeerd gelei het en nie gewaarsku het dis 'n grondpad nie ?

Len

Bostoe
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 76
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heeltemal te naby aan die stad.....
Ek sleep 'n Xplorer met 'n LC 70 SW

Len, Ek kan nou eerlikwaar nie vir jou se watter GPS' of sagteware die slepers gebruik het wat ek al daar moes uithelp nie. Ek bly net om die draai van Nkwe af en moes gister weer 'n persoon keer net voor hy homself diep in die moeilikheid in ge-GPS het. Aanvanklik is dit 'n teerpad en dan word dit 'n grondpad. Mens kan nie die driffie en die spoelslote sien voor dit te laat is nie. Omdraai is daar dan geen kans nie en anderkant uitkom is gaan net so 'n uitdaging wees. Ons het al karavane daar uitgesleep vir mense omdat hulle karre net nie sterk genoeg is om die wa teen die helling en die los klippe uit te trek nie.

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

 Ek stem 100% saam met Willie Rautenbach.  My 2 peuters (6 en 3) speel hulle longe uit op die gras. Ek probeer maar by hulle  hou.  Was nou al twee keer daar wat daar n spring kasteel en so n baba poel was vir hulle.  Heerlike terug sit en ontspan kamp.

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

Miss Daisy
Groentjie
Aangesluit: 29/03/2010
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Ons was so twee jaar terug daar, maar ek moet saam stem - sal nie weer teruggaan nie. 

Alhoewel die staanplekke gemerk is, steur mense hulle regtig nie te veel daaraan nie.  Soveel so, dat ons bure saam met ons op ons staanplek gestaan het en toe ons daaroor praat, word ons toegesnou - julle moes vroeer gekom het!

Bestuur self het ook nie hond haaraf gemaak nie.  Die ablusies was altyd skoon, maar die storte is te klein - soos my kampvriend opgemerk het - mens moet die stort "aantrek".

Groete, Petra

It takes a woman to know the far side of everywhere

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Ek stof net so bietjie die draad af vir nuwe forumiete. Die tariewe het sekerlik al verhoog. Ek is nie seker nie maar skatting is die oord so +- 40Km van die stad af.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

Ondersteun net vir RynoV(Hy lyk so alleenWink)

Nkwe is TOPS!

(Werk aan my GROENTJIE statusCool)

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Agter-os,

As jy se' Nkwe is tops, moet ons 'n plan maak een of ander tyd. Dan is ons twee gesinne, eintlik drie as ou Louis weer wil saamgaan. Dan is ek nie so alleen nie Laughing

Vergeet van die groentjie status maar Hmmm, jy sal dit tog vinnig deurdraf. Wink

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1969
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Ryno,

Hoe klink Oktober vir jou? As Agter-os saam gaan kan dit net lekker raak.

Het gister vir Chrisna gesê ke is lus vir kamp. Ongelukkig kan ek nie die antwoord op hierdie forum herhaal nie.

Groentjie status Agter-os? Status beteken niks op hierdie forum nie. Dit hang alles af van jou houding en jy het reg begin.

Groete

Louis

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Louis,

Kom ons kyk maar hoe lyk my geldsake. Dit gaan maar erger as beroerd hierdie jaar Cry

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 91 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Theo Red
  • BB
  • thysvt
  • Andries
  • Kobus Snyman
  • chris dupreez
  • HennieBo
  • Toykie
  • RSS
  • Perdeby
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.