Mutango
Nuwe forum onderwerpe
Ons het die naweek by Mutango, so 30 km van Pretoria, gekamp. Ek sal *probeer* om foto's aan te heg, anders kan jy my maar PM as jy belangstel.
Frik & Kobus is van die vriendelikste mense wat ek in 'n lang tyd ontmoet het en hulle doen werklik moeite om 'n mens welkom te laat voel. Saterdag het hulle uit hul pad gegaan om die kinders te vermaak (hulle kon perdry, op 'n sleepwa wat aan 'n trekker gehaak was ry na die natuurlike fontein toe, daar was 'n kareoke gereel, ens.) Tot die kinders se vermaak, het die trekker in die modder vasgeval!
Die plek is goed uitgelê en daar is genoeg asblikke naby elke staanplek. Die ablusiegeriewe is basies (niks fênsie nie, maar funksioneel) en skoon. Daar is heerlike stapplek en dis ‘n voël paradys.
Sal Mutango defnitief weer besoek.
userfiles/file/Mutango/Mutango1.gif
userfiles/file/Mutango/Mutango2.gif
userfiles/file/Mutango/Mutango3.gif
Charlie,
Het jy dalk meer info - kontakbesonderhede, ligging, aanwysings ens.
Dankie
Al hul inligting is op www.kampsa.co.za en ook by www.mutango.co.za
Dankie, jy het ook 'n PM
Groete
Mutango Lodge is hemel op aarde. Dit is so naby, maar tog ver genoeg om van die baton oervoud te vergeet. ‘n Ervaring waarna enige mens se hart smag. Dit is net buitekant Pretoria, op die Ou Moloto pad en as mens deur die hekke ry, oorvloei die rustigheid mens van die aan kom by die ontvangs, tot die inrig van jou naweek huisie. Die damme is mooi vol en die voëls is volop! Die ablusieblok is netjies en lekker skoon om jou lyf in te gaan was en het tot ‘n fasiliteit vir gestremde besoekers en vir ouma en oupa wat nie die lang staan in die stort of die bad kan bemeester nie.
Die staff is vriendelik en baie behulpsaam, die eienaars van Mutango Lodge, Ellen en Frik is altyd daar om te help. Frik is altyd besig om iets te bou of om dinge te verbeter op die lodge, en as Ellen daai trek klavier van haar uithaal en begin speel, verlang mens sommer terug na die ou dae toe mens nog groot familie byeenkomste gehad het. Frik het gesorg vir groot sports op die Lodge, hy het ‘n “foefie slide” gebou oor een van die klein dammetjies op die berg en dit vat jou ook terug na die dae toe al die nefies en niggies op die plaas kom kuier het, en mens heeldag by die dam kon speel.
As jy gaan bergklim en terug kom van ‘n wonderlike stap af, is die fontein water van Mutango lekkerder as ‘n yskoue bier op ‘n warm somers dag. My hart het sommer in my skoene gesak toe dit ry tyd was, ek kon nie glo ons moes terug keur na die stad na so ‘n wonderlike ervaring van stilte en vrede nie. Mutango Lodge sal ons definetief gou weer sien en ek kan met ‘n geruste hart Mutango Lodge Karavaan Park vir enige iemand aanbeveel.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Mutango_Lodge.jpg | 128.24 KB |
Ons het einde Februarie (22-28) hier gekamp. Kan maar net saamstem dat Mutango rus vir jou siel bied. Frik en sy span het inderdaad nog 'n klompie dinge om reg te kry - vir ons was die kampbeligting saans bietjie van 'n probleem omdat ons vir die eerste vier dae alleen in die kamp was, en mens is maar versigtig in die donker. Maar ons het werklik nooit onveilig gevoel nie. Ons het 'n gestremde seun en alhoewel daar soos bo genoem 'n toegewysde gestremde badkamer is, werk dit nie goed nie. Ons het wel met Frik gepraat daaroor en hy het onderneem om aandag daaraan te gee.
Die plek word mooi onderhou en skoon gehou deur die werkers. Die personeel is ten alle tye behulpsaam en baie vriendelik.
Die natuurskoon in die Bobbejaansberg-omgewing is pragtig, en met die onlangse reen is die hele omgewing 'n groen paradys. Daar is heelwat spesies van plante as mens bietjie in die bos gaan loop, en die wandel na die grot is genotvol en visueel 'n besondere ervaring (ek was ten minste vyf of ses keer na die grot gedurende die paar dae wat ons daar was). Ook pragtige geleenthede vir fotografie. In stiller tye en vroeg-oggend / laatmiddag is daar heel voëls ; daar was selfs per geleentheid bobbejane in die kamp, maar hulle was nie oorlas nie - het nie naby mense gekom nie. Soms het ons hulle op die rotse in die koppies gewaar.
Frik het ook een middag gevra of ons tuisgebakte brood vanuit sy kombuis wou koop, en as die geleentheid homself voordoen as julle by Mutango kamp - maak gerus gebruik daarvan.
By die swembad is daar ook 'n speelkamer met 'n TV en snoekertafel, maar ongelukkig het kinders van vorige besoekers die tafel baie erg beskadig...
Daar is bitter min vermaak - veral by die karavaanparkdeel ; maar dit is juis deel van die aantreklikheid van die kamp. Vir my is dit waaroor kampering gaan...
Sodra Frik aandag gegee het aan die klompie klein tekorkominge en krapperighede, gaan Mutango 'n baie spesiale kampgeleentheid bied.
Ek hoop egter nie dat veel mense te hore kom van Mutango nie... hierdie Bosveldjuweel behoort 'n geheim te bly sodat mens nog steeds 'alleen' daar kan gaan kamp.
'n Paar fotos...


.jpg)
.jpg)







Pragtige fotos Johann. Jy maak my sommer lus om daar te gaan kamp.
Ek stem saam jy kan net rus en weer mens word, 'n naweek is heeltrmal te kort gee die personeel drie hoera's

Johan,
Bedrieg my oë my of is dit 'n Mini Moke op die foto?
Julle s'n?
Groete,
Jacques
Johan,
Bedrieg my oë my of is dit 'n Mini Moke op die foto?
Julle s'n?
Groete,
Jacques
Jacques,
Dit is inderdaad 'n Mini Moke - ons s'n. Ek het beter fotos iewers ; sal soek en een of twee hier kom plaas.
Dankie Johan - sal baie waardeer!
Regtig ougat!
Groete,
Jacques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- evert
- Berno Punt
- Harry Du Randt
- John Cooper
- Hentie7
- Molekule
- Benzan
- Cheetah
- Alias
- Wingnut
- PaulS
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- Christo de Wit
- MarkP
- wehan
- Ian Laing
- Mariskab
- Speknek
- Stalkersa





Charlie,
Het jy dalk meer info - kontakbesonderhede, ligging, aanwysings ens.
DAn kie