Monateng Safari & Woonwa Lodge
Nuwe forum onderwerpe
Middag almal,
Ons het weereens die voorreg gehad om van 24/12/2009 tot 03/01/2010 by Monateng te kon kamp en weereens was dit 'n plesier.
Ons het die kamp gekies omdat ons vanaf 28/12 tot 31/12 nog moes werk toe ry wat net 40 minute geneem het tot in Midrand. Dit was weereens daardie vriendelike gesigte by ontvangs en pragtige skoon luukse staanplek wat die elke dag se ry heen en terug die moeite werd gemaak het.
Die kamp was nogal vol en steeds was die algemene ablusies silwerskoon en die swembad area kon mens, soos gewoonlik, deur 'n ring trek. Ofskoon die swembad nou nie sprankelend skoon was nie as gevolg van die donderweer aktiwiteite omtrent elke aand het die sout water nogsteeds lafenis gegee op die warm dae wat die kwik in die omgewing van 38 grade gedruk het.
Die sekuriteits personeel was deurentyd sigbaar in die kamp self na donker was hulle op hulle poste en het hulle gereeld gegroet en gevra of alles reg is.
Baie dankie aan die Monateng span wat ons tuis en veilig laat voel het , julle sien ons verseker weer gouer as wat julle dink.
Groetnis
Michelle,
Baie dankie vir jou advies. Ongelukkig is die mense saam met wie ons gaan, nie 4x4 ingerig nie (ek het wel 'n Pajero en bossleepwa), dus is ons keuses vir kampplek (veral teen die kus op) baie beperk. Ek sal egter jou aanbeveling in gedagte hou en een dag daar gaan kyk. Ek wil volgende keer slegs met 4x4's gaan om die beperkinge te minimaliseer.
Groete
Hey Elu
Ek was nou nog nie self by die twee plekke nie, maar ondervinding het geleer al die plekke is maar dieselfde, dit lyk wonderlik op die internet en in foto's maar sodra jy daar kom is dit 'n ander prentjie, dis mooi ja maar na xai xai is die mense ons glad nie goed gesind nie, ons was Desember/Januarie indie area en ek het myself belowe nooit weer nie, en dit duur R20 + vir 'n blikkie coke. Ek sal nog Ponta do Ouro toe gaan daar is die mense nog vriendlik, die kamp plekke is net nie te wonderlik nie. Ek weet nie of julle al in Moszambique was nie maar steek jou geld weg hou net 'n paar rand in jou beursie as die polisie jou geld vra kan jy wys wat jy het anders vat hulle alles en jy kan nie juis stry in n vremde land met iemand wat 'n Ak vir jou wys nie. Badkamers lanks die pad bestaan nie ek sit liewer onder 'n boom lanks die pad as om hulle publieke toilets te gebruik. Ek wil jou nie die skrik op die lyf jaag nie maar vir ons was dit n nagmerry wat ek nooit weer wil oor hê nie.
Nissan Navara 2.5 dci 4x2 d/cab specifications
Power Output 106kw@4000
Torque 356nm@2000
Nissan Navara 4.0 v6 4x2 d/cab specifications
Power Output 198kw@5600
Torque 385nm@4000
Alten, ja ek was nog besig gewees en toe kon ek dit nie weer "edit" nie. Hier is wat ek mee besig was.
Nissan Navara 2.5 dci 4x2 d/cab specifications
Power Output 106kw@4000
Torque 356nm@2000
Nissan Navara 4.0 v6 4x2 d/cab specifications
Power Output 198kw@5600
Torque 385nm@4000
Nissan Navara 2.5 dci 4x4 d/cab specifications
Power Output 128kw@4000
Torque 403nm@2000
Nissan Pathfinder 2.5 dci le specifications
Power Output 128kw@4000
Torque 403nm@2000
Nissan Pathfinder 4.0 v6 le tiptronic specifications
Power Output 198kw@5600
Torque 385nm@4000
Mense julle moet onthou julle vaar nou in Afrika in, skoon of werkende ablusie is nie iets wat jy sommer gaan teekom nie. Ons self maak nie van die ablusie langs die pad gebruik nie.
Piepie maar eerder agter 'n bossie.
Ons neem ook 95% van ons voorraad saam. Ons koop bitter min in Moz self, behalwe die seekos, dis goedkoop en vollop.
Ons vermy ook enige van die oorde naby die dorpe, hulle is vuil, verwaarloos en onveilig. Dis die dat ons keer op keer terugkeer Island Rock toe. Nie eens Guinjata, Pandane of Villanculos kom naby Island Rock nie
Wat die vriendlikheid van die mense betref, ons het gevind dat die Poliesie slegs intimideerend voorkom as jy self nie seker is van jou regte nie. Hou by die reëls en wette van die land/pad. As jy wel voorgekeur word moet jy seker wees jy het nie 'n wet of iets oortree nie. As jy dan jou man staan en jou regte ken besef die intimideerende poliesie gou gou dat hulle nie met jou kan mors nie. Moet jou nie oorgee aan "bribes" nie.
Onthou jy betree nou hulle land, respekteer hulle as mens, wees vriendelik en besoek Moz met die regte gemoedstoestand en "attitude". Jy sal verbaas wees hoe vriendelik die mense eintlik is.
Dis middel en noorde van Moz is 'n puik plek om te gaan vakansie hou, veral kamp. Ponto de Or is maar vir ons soos 'n tweede Durban, oorvol, "way to commercialized" en dis ook glad nie so veilig daar nie.
Moz sal ons beslis weer en weer sien.
Groetnis
Michelle
Michelle jy kan soos Adriaan noem by weltevrede gaan kamp op slaan. Weet nie wat die kostes isnie maar dis nice daar. Pasop net vir die skerpieone in die aand MOENIE kaal voete loop as natuur jou roep nie
Goeie More Egbert
Ons was nou vir 5 jaar in 'n ry Mosambiek toe en het elke minuut van ons vakansies daar geniet. Ons het net goeie behandeling en vriendelikheid gekry van die mense. Was drie keer afgetrek vir spoed en het R350.00 per spoedkaartjie betaal waarvoor ek 'n amptelike kwitansie ontvang het. Ons hoor net van "bribes" maar dit nog nie ondervind nie.
Van die eerste oord kan ek jou niks sê nie want ons was nog nie daar gewees nie.
Zavora was ons eerste besoek aan Mosambiek in Julie 2005 en die oord en geriewe lyk net soos die internet dit aantoon. Ons het ongelukkig nie gekamp nie maar in 'n huis tuis gegaan. Die kampgeriewe is uitstekend. Die staanplekke op gras is nie ryk aan skaduwee nie maar op die sand kampeerplekke is skaduwee oorheersend.
Kragpunte is beskikbaar en ablusies is primitief maar skoon. Alles is by die winkel beskikbaar (Ys, brood, koeldrank, bier) Ons het net vleis saamgery. Julle behoort die tyd daar te geniet, seewater is skoon en warm genoeg om te swem, strande skoon en wyd, daar is 'n rif waar jy kan snorkel en visvang. Bereikbaar met 4x2's en sleepwaens - ons het dit gedoen
Xai-Xai het ons gebruik vir oornag en die karavaanpark is wat my aanbetref glad nie aan te beveel nie. Die ablusies is vieslik vuil en ons sal nie weer daar oornag nie. Het dit vir twee jaar in 'n ry gedoen.
Dan die oord waarvan ons die meeste hou is Morrungulo sowat 160km noord van Zavora. Beslis die moeite werd. Daar was ons drie jaar in 'n ry - Julie 2006 en Desember 2007 en 2008
Moderne oord met alles wat jy wil hê, grasbedekte skaduryke staanplekke, goeie skoon ablusies, mooi strande, weinig muskiete, naby winkels indien nodig en pad 4x2 vriendelik. Dit is teerpad al die pad tot die laaste 13 km wanneer jy afdraai na dier oord toe. Kan vir jou meer inligting/fotos gee as julle dalk soontoe sou wou uitwyk
Indien jy nog iets wil weet vra gerus - ek sit 'n paar fotos by
Kampeerterrein met braaiplek, barakka en kragpunt (Gras maar min skaduwee)

Kampeerterrein op sand teen duin (anderkant van duin die strand en see)

Strand en see

Egbert
Ek en my swaer was saam op Morrungulo met ons Colt 2.8 TD D/K bakkies (4x2), ek met my Echo 4 trailer en hy met ‘n gewone 7vt venterjie. Die grondpad na Morrungulo (13km) is hard wanner dit droog is en sal makklik ry. Ons het mense daar gesien wat met ‘n Volkswagen Kewer en ‘n Ford K, karretjies daar aangekom het. Wat Linkoe sê is waar, die pad kan moeilik raak as dit hard gereën het, maar julle sal dieselfde probleem hê as julle op Zavora is. Alhoewel daar op die Zavora pad ente van die pad wat los sand is wat moeiliker sal ry maar gelukkig nie baie nie. Ons was ook daar met dieselfde voertuie en trailers gewees. Wat ek wil sê altwee plekke is bereikbaar sonder 4x4’s.
Dit is die moeite werd om vir ‘n dag deur te ry na Inhambane en Barra Lodge toe, ons het dit van Zavora en Morrungulo gedoen. Vanaf Zavora is Inhambane ± 90km en vanaf Morrungulo ± 130km. Barra is sowat 35km anderkant Inhambane.
Ons is al deur altwee grensposte (Komatipoort en Giriyondo KNP) en het nooit enige probleme met die ingaan gehad nie. Vleis vakuumverpak ons en sit dit in die kampvrieskaste om te vries en dieselfde met biltong en droeë wors. Het ook geen probleem met kaas en ander suiwelprodukte gehad nie. Melk het ons van “long life milk” gebruik gemaak. Ons is slegs eenkeer (2006) by Komatiepoort gevra om kaas en room en melk in te handig. Maar dit was aan die SA Kant met ons terugkoms. Ons het nou nie juis baie vleis saamgevat nie, want ons wou seevis en prawns eet wat ons vars op die strand by die locals gekoop het.
Harde hout (sterk drank) word jy toegelaat om 1.5liter per persoon in te neem, meer as dit en dit word by jou gekry sal jy invoerbelasting moet betaal. Ek het ook al meer as dit ingeneem en daarmee weggekom, alhoewel ek R110.00 invoerbelasting op ‘n kas Savannas moet betaal wat nie daar tevinde is nie. Net nog ‘n woord van advies is hou al julle aankoopstrokies(cash slips) sodat julle bewys kan lewer dat die bedrag p/p vir kos en ander nie meer as R750.00 per persoon oorskry nie. Ons was in die 5 keer wat ons al daar was nog net eenkeer daarvoor gevra.
Maak ook seker indien julle voertuie en trailers nog onder finansiering is dat julle toestemmingsbriewe van die banke het om die voertuie te kan land uitvat asook versekering toestemmingsbriewe. Derde party versekering moet ook uitgeneem word. Hierdie alles is ‘n moet en julle sal gevra word daarvoor aan albei kante van die grensposte.
Opsommend is kan jy omtrent alles saamvat wat jy wil maar daar is beperkinge. O ja diesel en petrol in los kanne kerm hulle oor so ‘n bietjie maar ek het nog altyd kon wegkom daarmee. Brandstof is geredelik beskikbaar maar is duurder as ons s ‘n.
Ons was verlede week weer in Mosambiek en ek het my hele toiletsakkie met allis in by die huis vergeet. Ek kon alles op Maxixe aankoop teen billike pryse. Die wisselkoer nou daar wissel tussen 2.8 tot 3 Meticas vir ‘n rand. Ons ruil nie geld nie en doen al ons aankope met ons Rand.
Julle sal dit baie geniet en veral die eerste ervaring is baie uitsonderlik. Dit is ‘n baie mooi land maar baie primitief en arm. So ‘n vakansie is absoluut die moeite werd
Ek pm jou met my e-mail adres, stuur joune vir my en ek stuur nog 'n klompie fotos
Is Vrydag se kuier nog aan en waar en hoe laat.
Hi Egbert. Ek sien julle het besluit op Zavora. Gaan julle deurry of erens oornag?
Met inagneming van almal se kommentaar en verdere navorsing het ons ook besluit om na Zavora te gaan en kamp, met 'n oornag op Xai-Xai op pad soentoe en terug. Dit sal ook ons eerste besoek aan Mozambiek wees en ons kan nie wag nie.
Ons het nie bespreek vir die oornag op Xai-Xai nie. Ek hoop nie dit sal 'n probleem wees nie. Kan van die meer ervare Mozambiek vakansiegangers daarop reageer en/of kampplek in Xai-Xai aanbeveel.
Hallo Almal
Ons het die naweek by Monateng gestaan en het dit regtig baie geniet. Alles was goedversorg en in n goeie werkende toestand. (Selfs die swembad was swembaar al dan nie sprankelend agv die baie reen nie.)
Die luukse staanplekke was iets om te beleef, het dit nog nie van tevore by n kampplek gesien nie! Jy kan letterlik net slaap en eetgoed bring, die res is reeds daar vanaf n groot ys/vrieskas tot n skottelgoed wasser, ketel, broodrooster en n stoof met n oond!
Lekker groen gras ook,het dit geniet maar ek bly maar plafeisel verkies,. Die gras het selfs net na n naweek se staan merke getoon, weet nie hoe dit aan die einde vd maand sal lyk nie.
Slegs 2 goed het gekrap. Ons het reeds n geruimte tyd gelede bespreek en vir 12 staanplekke langs/bymekaar gevra en dit is so bevestig. Daar is egter by ons aankoms gevind dat ander mense staanplekke tussen in gegee is en daar is geweier om dit uit te ruil deur die ontvangspersoneel, nieteenstaande dat dit nog leeg was op daardie stadium.
Verder is die gebruik vd lapa teen meer as R1 600 per dag darem aan die stywe kant, n toegewing word wel gemaak as jy 15 staanplekke (nie 12 nie!) bespreek het na R330 toe.
Sal weer na Monateng toe gaan, dit is ook uiters goed gelee met verskeie besoekpunte in die omgewing as jy n bietjie uit die park wil kom.
Groete
Hallo Rooibonte,
Dit is voorwaar een van my gunsteling staan plekke.... ons besoek die kamp seker minstens 6 keer in 'n jaar en gaan ook weer vanaf die 24/12/2009 tot 03/01/2010 daar staan...
Soos jy gese het... dit is lekker naby en daar is baie om te doen binne 'n klipgooi ver....
Groetnis
Danie Joubert
Uit die boeke uit park
Ek was self al `n paar keer daar en dis altyd skoon. Kyk op Google Earth ek het `n fotos op gesit. Dit is my gunsteling KAMPLEK
Danie,
Ek sal jou later PM. Ek wil ook daar gaan kamp en sal graag wil hoor watter staanplekke lekker is.
Romeo,
Ons staan gewoonlik op die luukse plekke by C1 maar as jy meer as een karavaan is wat saam gaan stel ek voor jy vra vir A1 want dit is langs die algemene staanplekke en kan tot 3 karavane in 'n U vorm inpas. Een kamper betaal vir A1 en die ander vir 'n gewone staanplek.
As jy nie 'n luukse staanplek wil he nie is die ander staanplekke op 'n eerste daar grondslag.
Groetnis
Hoe verskil die luukse staanplekke van die gewones? Wat is hulle tariewe?
Oom Gert,
Die luukse staanplekke het hulle eie badkamer en kombuis...
Die badkamer het 'n toilet, bad en stort bokant die bad en 'n hande was skottel...
Die kombuis is ingerig met 'n broodrooster, ketel, groot yskas/vrieskas kombinasie, elektriese stoof en 'n skottelgoed wasser en hope pak plek . Daar is ook 'n eie braaiplek vir elke luukse staanplek..![]()
Die staanplek is groot genoeg vir die karavaan, tent en 'n gazebo... en word daagliks gediens
Ek het nie die huidige tariewe nie maar jy kan hulle skakel by 012 808 5133 en praat met Janita..
Groetnis
Hi daar. Stem saam oor Monateng. Kan nie verkeerd gaan nie en dit is lekker naby aan PTA en JHB. Die luukse staanplekke maak dit uiters geskik vir 'n naweek wegbreek
Enige iemand wat kennis dra of ervaring het van die volgende kampplekke:
Tan'n'biki (naby Maputo) en ook
Zavora Lodge (Zavora - suid van Inhambane)
Hoor graag jul opinie - ons beplan Julie 2009 soontoe te gaan.
Monateng-woonwalodge | Welkom tuis
Monateng is een van net ’n hand vol kampeerplekke in Suid-Afrika waar jy omtrent net jou eie opblaasmatras en kussing hoef saam te vat. Die gerief hier moet ’n mens beleef om te begryp.
Daar is een punt van kritiek teen Monateng en dit is die hoeveelheid wilde katte wat daar rondloop. Ons was met die nat langnaweek in Aprilmaand daar en die spul katte (wat deur so 'n kwaai tannie van die oord gevoer word) het hulself in die nattigheid in 'n gat onder ons karavaan kom tuismaak en die hele plek natgepiepie. Nodeloos om te se, die reuk was erg. Daar was geen manier waarop ons in die reen kon afslaan en 'n ander plek soek nie. Dit het ons dae gevat om van die reuk in die grondseile ontslae te raak en toe ons nou weer by die see kamp, stink die spulletjie weer van voor af sodra dit klam raak. Ons vriende wat saam gekamp het, het dieselfde probleem ondervind. Ek kan regtig nie verstaan waarom die oord dit toelaat nie. Die verduideliking wat deur die kwaai tannie gegee is, is dat die katte die slange "en ander goggas" weghou. Mag dalk so wees, maar waarom hulle in die karavaanpark voer? Ons hele groep (ons was vyf kampeerders altesaam) sal beslis nie weer daar gaan kamp nie, net om daardie rede.
Mmmm - ek is nie lief vir katte nie... 
Groete,
Jacques
Henry, ek is jammer om van jou ondervinding te hoor want die kampplek was nog altyd hoog aangeskryf... ek gaan die sakie ondersoek en dan vir jou terugvoer gee want sulke dinge kan nie geduld word nie.
Groetnis
Goeie more Henry en die ander wat nog gaan bykom.
Ons het die afgelope naweek weereens by Monateng gaan kamp en wat 'n belewenis was dit nie weer nie... alle was perfek van ontvangs af tot die abulsies, die kamp self ag en sommer alles was uit die boonste rakke.
Die "kwaai tannie" Anet, het by ons besoek om afle oor die klagtes rondom die wilde katte wat Henry geopper het en daar is toe nie eens een te bespeur nie. Anet het werk gemaak met hulle en ek het gesoek enige tyd van die dag en die aand na donker maar daar was nie een te bespeur nie... probleem opgelos!!
Vandat ons daar aangeland het Vrydag middag tot ons vertrek het gister was dit net een fees want al het die mense van KSA daar 'n saamtrek gehad was die kamp nog steeds rustig en stil, en ook van hulle met wie ek gesels het se dat die verbetring rondom die plaveisel in die kamp terrein en voor die ablusie blok gaan verhinder dat daar weer so baie modder gaan wees in die reen seisoen. Die kamp self kon mens deur 'n ring trek, dankie Anet jou en jou helpers se harde werk om die kamp selfs in die winter so netjies te kan hou.
Dit was lekker om weer "veilig" te kon kamp met die wagte wat gereeld in die aand patroleer, al het ek Vrydag aand my kwas af geskrik toe een van hulle van agter my gegroet het, was dit lekker om te weet dat daar iemand is wat na jou welsyn omsien.![]()
Aan die Monateng familie, baie dankie weereens vir 'n wonderlike kamp ervaring en ons verseker julle dat ons nog baie daar by julle gaan kom uitspan.
Groetnis
Ek het plek bespreek vir n naweek by Monateng, maar wat my nou pla is die feit dat jy nie n spesifieke staanplek kry nie en dat dit 'n "1st come 1st serve" basis is. Help die staf om vir jou n plek te kry om moet ek rond en rond ry om n oop plek te kry?
Thomas,
Dit is soos jy se 'n "1st come 1st serve" basis..... maar omdat die kamp nie baie groot is nie, parkeer ons gewoonlik sommer voor die ablusieblok en stap rond en kyk vir 'n geskikte staanplek. As jy daar aankom sal jy sien wat ek bedoel dit is gladnie 'n probleem om een te kry nie.
Die enigste staanplekke wat wel toegeken word is die luukse staanplekke.
Ek hoop julle geniet dit daar.
Groetnis
Ek kan net voorstel om nie te laat daardie pad aan te durf nie (nie later as een-uur nie), want dit is die pad wat na Khwamaslanga (spelling) toe gaan. Dit is 'n besige pad wat na die "tuislande" toe gaan met busse, taxi's ens. Moontlik met die Sondag terugkeer dieselfde om dalk nie later as twaalf-uur die pad aan te durf nie.
Baie goeie punt Ryno! Ek bly op Kameeldrif en gebruik die Kwamhlanga (ou Moloto) pad elke dag. Vrydae is totaal nag veral van so 3-4 uur se kant . Dan begin die busse bane maak wat nie bestaan nie, nie eers te praat van die taxi's nie. Pasop ook vir spoed, hou by 80 tot dit verhoog na 100 anderkant Roodeplaat Spar.
Die aankoms by Monateng maak dit egter als die moeite werd!
Thomas
Ek was die afgelope naweek 12-14 Nov daar. Alhoewel ek by een van die luukse staanplekke was het van die mense wat saan met ons gegaan het op die gewone plekke gestaan en daar was geen probleme nie. Ek het ook gesien daar loop 'n tannie met 'n besprekingslys rond en help mense om 'n lekker plekkie te kry. Daar was nog baie plek regdeur die hele naweek.
Geniet dit. Die swembad is ook verbeter met nuwe groter pompe en is ook nou 'n sout swembad. Baie beter as in die verlede.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Hentie7
- Molekule
- Benzan
- Cheetah
- John Cooper
- Harry Du Randt
- Alias
- Wingnut
- PaulS
- Eddie Laing
- GrootKoos
- Gert Venter
- evert
- Berno Punt
- Christo de Wit
- MarkP
- wehan
- Ian Laing
- Mariskab
- Speknek
- Stalkersa














.jpg)

.jpg)

ELU
Ek is nie seker presies hoe julle julle Moz trip beplan nie en waarmeer julle ry nie.
As ek 'n "great" plek mag voorstel doen ek dit graag:
Island Rock Resort - Jangamo. Net so entjie voor Inhambane.
Dit is ongelukkig net bereikbaar met 'n 4x4 aangesien die laate 22km vanaf Jangamo na
die oord, baie dik sand is en die middlemannetjie is baie hoog.
Dis 'n heerlike plek vir 'n Moz vakansie. Nie so vol soos ander plekke nie. Dit bied wonderlike
snorkel geleenthede ensv.
Gaan kyk gerus op hulle webwerf www.islandrockresort.co.za (of is dit nou com, nie seker nie).
As jy dalk nog fotos van die plek wil sien, gaan kyk gerus om my blog:
www.michelleroosblog.blogspot.com (kyk onder Junie 2005 asook June 2006).
Dis ons gunstelling plek in Moz en as jy eers eenmal daar was wil jy nerens anders kamp nie.
Groetnis
Michelle
Groetnis
Michelle
www.michelleroosblog.blogspot.com