Liracia Boskamp - 'n Bosveldjuweel
Nuwe forum onderwerpe
Hier is nou ‘n lekker kuierplek !
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| 002.jpg | 151.3 KB |
| 003.jpg | 178.5 KB |
| 006.jpg | 203.75 KB |
| 008.jpg | 153.15 KB |
| 009.jpg | 161.96 KB |
| 010.jpg | 133.21 KB |
| 012.jpg | 165.03 KB |
| 047.jpg | 177.5 KB |
| IMG_5770.jpg | 94.4 KB |
| IMG_5775.jpg | 115.82 KB |
| IMG_5784.jpg | 167.27 KB |
| IMG_5789.jpg | 160.88 KB |
| IMG_5791.jpg | 86.13 KB |
Ons het toe self die langnaweek van einde April 'n paar plekke geboek en gaan kyk. Moet absoluut met Johan saamstem........................behalwe dat ek nie die paar dingetjies kon kry wat moet aandag kry nie.
Ons is maar boskampers..........gewoond daaraan om met min oor die weg te kom!
Ou Poppa die perd was natuurlik die kinders se held. (sien aangeheg)
Die kamp was maar leeg, lyk my die Gautengers bang die reen!
Waar het jy gestaan Pierre? Ons het eers Sondag gegaan.
Johan
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Poppa_help_kamp_opslaan.jpg | 148.65 KB |
Johan, ons het oppad huis toe verby julle gery, reg by die ou Warmbadpad. Ek onthou jou wa goed. Ons het reg teen die draad staan gemaak, soos jy inkom ver links, maar het toe al genoeg koud gerky en nat gereen, en maar liewers besluit om op te pak.
Ons het darem uitgehou tot Dinsdag.................groot vuur gemaak elke dag sommer al van vroeg af.
Sal beslis weer gaan na die winter.
Enige nuwer inligting oor die kamp? Gaan Desember so 'n paar dae daar uitspan.
Ek het vir Kersnaweek geboek almal praat net goead van die Plek
Ons het deur die winter twee naweke heeltemal alleen daar gestaan. Ons het ons eie badkamer gehad. Sal definitief weer daar gaan kamp. Baie lekker gewees.
Groete
Willie
Het Kersnaweek daar gestaan behalwe vir die baie reen was dit baie rustig gewees defnitief n plek om te gaan ontspan . Niks om oor te kla nie
Groete
Tjaart
Was ook daar in Desember. Aangename kampplek - dalk net te min om te doen, behalwe swem en stap. Wat my beïndruk het, was die feit dat die eienaars self die ablusies en vullisdromme skoongemaak het omdat die personeel af was. Ons grondseil was vol modder a.g.v. baie reën en hulle arbeider (toe weer terug aan diens) het hom vir ons gaan was en silwerskoon teruggebring toe ons oppak. Net jammer van die sinkplaatpad ...
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Harry Du Randt
- Benzan
- Alias
- Cheetah
- Wingnut
- Molekule
- PaulS
- Eddie Laing
- GrootKoos
- John Cooper
- Gert Venter
- evert
- Hentie7
- Berno Punt
- Christo de Wit
- MarkP
- wehan
- Ian Laing
- Mariskab
- Speknek
- Stalkersa






Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D
Johan, ons het toe die naweek daar in baie reen en baie koue weer gaan kamp, maar ek moet met elke positiewe kommentaar met jou hierboe saam stem. Liebregt en kie, is baie aangename mense, wat absoluut uit hulle pad gegaan het om die kamp so natuurlik en persoonlik moontlik te maak.
Ons sal verseker weer daar gaan kamp!
Pierre
Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.