Klein Sambane kuiertjie
Nuwe forum onderwerpe
Soos party van julle weet, het ons bietjie gaan kuier op Klein Sambane oor die naweek en ons self baie geniet.
Dit was 'n baie rustige naweek saam met lekker geselskap en ure se genot! Die stilte van die natuur en die samesyn om die kampvuur was groot pret en baie ontspannend!
Versekker 'n lekker kuier plek as jy hou van die pragtige natuurskoon en rustigheid van die bosveld!
Ek glo dat Johann en Ryno en die ander ook hulle foto's hier sal plaas sodat julle kan sien wat ons alles afgeneem het..........voorwar 'n paradys as jy mooi tonele wil afneem..........ons het baie by johann geleer - julle sal nog sien.
So lyk dit as die manne lekker eet



Almal saam om die kampvuur.

Rugby tyd en die skare groei aan!!

Kamp uitleg.............mooi laer getrek.

Sonsopkoms innie bosveld
.jpg)

Oggend koffie en skoene skoon maak vir die dag se stap!
.jpg)
Ek glo daar sal nog meer interresanter foto's op kom hier!!
Gideon, jy moet soek onder oorde hierbo, dan sal jy vinnig enige kamp plek met beskrywing optel maar ek het sommer gou vir jou die draad gaan copy - probeer gerus.
http://www.wegsleep.co.za/oorde/klein_sambane_klein_sambane_se_groot_lekker
Dankie Pieter,
Ek voel bitter jammer vir myself, dit is omdat ons dit nie die naweek kon maak nie want ons moes die stof begin afstof vir Bulletjie se eerste "party" die naweek want hy is Donderdag 'n volle een jaar.
Maar die gedagte dat daar nog 'n kaan sal wees vorentoe gee my weer gemoedsrus. Gideon dan kan jy sommer saam inval.
Man dit lyk sommer lekkkkkker. Die Somer is hier en nou gaat ons weer kamp.
Peet, julle moet daai kamp gaan probeer as jy lief is vir die Bosveld hoor!
Skippie,
Lekker man! Mooi fotos daai van die sonsopkoms.
Dit lyk of dit 'n mini saamtrek was want daai ouens op die foto lyk bekend..........
Groetnis
Gerrit
Gerrit, so jy't 'n paar van hulle herken??? Die fot's is wat Johann ons mee touwys gemaak het - idiale plek om te gaan leer!
Dit is my eerste keer wat ek saam met WEG SLEEPERS gekamp het en dit was baie lekker - maklik ingepas en gekuier dat die biesies bewe!
Wens net Johann en Ryno wil nou ook hulle foto's plaas?
Ek werk daaraan, Skippie - maar die werf wil nie saamwerk nie... 
Al's reg Johann - ek sien die goed kom so stuk-stuk deur!
Ek sukkel ok maar bietjie vandag met die forum. Skop my kort-kort uit.
Mooi foto's Skippie, en jy het ou Wimps lekker uitgevang terwyl hy eet hehehe. Ek wonder wat het in Johann se gedagtes deurgegaan toe hy die vuur so sit en krap.
Ek het nie mooi foto's om hier by te las nie, want ek het alles op die ander draad geplaas. Die ander foto's is geblur wat ek op 'n ander manier wou neem sonder 'n driepoot.
Ryno
Dis reg Ryno............sit op wat jy dink goed lyk - ons het mos nou eers geleer by Johann.
Hierdie draad of die ander een is ook reg.
Hier kom die moeilikheid nou - geneem sonder toestemming en uitgetrap daaroor!

Kyk hoe sit hulle in die bos en wag vir die regte foto!

Ek's nogals heel trots op die foto van die bloeisels in die haak & steek (so dink ek) - dit is eintlik baie fyn blommetjies die!

Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Harry Du Randt
- Wingnut
- Molekule
- PaulS
- Eddie Laing
- GrootKoos
- John Cooper
- Gert Venter
- evert
- Hentie7
- Berno Punt
- Christo de Wit
- MarkP
- wehan
- Ian Laing
- Mariskab
- Alias
- Speknek
- Stalkersa








.jpg)
Skippie,
Dit lyk ytiboekyt. Ons is vas tot na 3 Okt, maar sê tog asb. waar is die mooi Bosveldplek?