Kareekloof Suikerbosrand

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Kareekloof, Suikerbosrand Natuurreservaat (bestuur deur Protea Hotels)
http://suikerbosrand.caravanparks.co.za
S26 31.032 E28 11.604

1. Waar is die kampplek geleë is (Km van naaste dorp, op watter pad)
Geleë aan die Westekant van die Suikerbosrand Natuurreservaat (S26 31.032 E28 11.604). Soos die kraai vlieg 18km van Meyerton en 16km van Heidelberg. Padlangs gaan dit bietjie verder wees.
Die R59 van Johannesburg behoort die maklikse te wees vir die meeste Gautengers. Ek het die R23 van Benoni gery en dit was die kortste en vinnigste pad vir ons.

2. Die koste van die kampeerterrein toe jy dit besoek het sowel as die...
R330 vir die naweek (Vry & Sat aand) vir 2 volwassenes.

3. ... datum van jou besoek.
Vrydag 4 Sept tot Sondag 6 Sept 2009

4. Die fasiliteite wat by die oord te vinde is.
Die oord was voorheen 'n Overvaal/Aventura/Forever oord. Dis onmiskenbaar aan die fasiliteite. Die oranje glygeute, putt-putt bane, swembaddens en so meer. Daar is ook 'n warm swembad, maar is eenkant van die hoof swembadkompleks en was nog gesluit na die Winter. Saterdag was daar heelwat dagbesoekers.

Die Ablusies het matige opgraderings ondergaan. Vroulief was beindruk met baba badjies aan die Dames kant. Dis skoon, maar tog verwaarloos. Warm water raak by tye min. Storte het glas deurtjies en hakkies, maar ek het pyne met Stort koppe, bankie vir klere en sluit-skuifies van deure gehad.
Hier is blykbaar so 300 staanplekke en dis 'n groot kamp. Ons het op 'n sement blad gestaan (enigste een wat ek kon sien), met 'n uitsig oor die glybane.
Kragpunte is vollop en gebruik die blou prop punte. Dis oranje veselglas bokse wat mens nie maklik oor 'n bakkie se enjinkap sien nie. Sad
Ons staanplek se braaiplek was nie op standaard nie met die steen & sement konstruksie wat verbrokkel.
'n Kraan was byderhand, maar nie aan 'n paal vas nie. Die het oor 'n boomtak gehang en die pyp was so 3m bogronds. Was wel handig om die waterkan in die Swing se neus te tap, sonder om uit te haal.
Die water het meestal 'n ligbruin kleur en ons het gebottelde water vir drink gebruik.

5. Aktiwiteite wat by die kampplek bygewoon kan word (Indien relevant)
Ons het met 'n wildbesigtigingsrit deur die reservaat gery en Sebras, Koedoes, Bobbejane, Elande gesien. Die reservaat se teerpad roete is eenrigting kloksgewys so 66km.
Ek verstaan dat mens ook kan stap.
Talle fietsryers ry ook op die roete, maar wees versigtig vir die opdraendes - beslis nie grappies nie.

Ons het die naweek geniet, wat die eerste kamp met ons Swing was. As ek moet sterre uitdeel, sal ek so 2 gee.

Foto


 

Neill Venter
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 182
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Equestria
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Palma (aka Rijger) met 'n 2007 Jeep Commander 5.7L HEMI V8 (aka Dromedaris)

Quote:
gerhardmalan - 15/9/2009 11:38 AM

Vetseun,

Wat vir een ou dalk omkrap pla dalk nie n volgende ou nie,Mbizi kan lekker ook wees,my probleem was ook net een uit vele kere wat ons daar was.Dalk verander dinge.

Ek wil nou nie hoes, poep (sorry) of skinner nie, maar vir die tipe ou wat dit nie pla nie wil ek nooit saam mee kamp nie. (koes). Ek kan nie glo dat party mense sulke goed net sal aanvaar en maar dankie sê dat hulle "toegelaat" word om daat te kamp nie.

kobusv
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 26
Gebruiker van lyn af.

Hi Alten
Ek sien dit is so ek gaan nou weer skakel en sal jou laat weet.

kobusv
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 26
Gebruiker van lyn af.

Hi Alten
Het nou net met Griet gepraat, volgens haar is dit nie dubbel bespreek nie maar ek het haar gevra om die lys met Maxie se lys te vergelyk sodat ons nie later probleme het nie.

Wilson Terblanche
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 328
Gebruiker van lyn af.

Ja,
Die X-Trail is metallic. Ek her reeds Carnu gebruik. Ek sal kyk of ek Mequires kan kry.
Dankie vir die gerusstelling.
Kan mens dit op karavane ook gebruik? Ek het 'n hele ruk gelede hier iewers op die forum gelees 'n mens moet net nie Handy Andy of sterk skuur middels gebruik nie. Ek sleep sonder die reiskombers en sukkel soms om die geraamtes af te kry! !

Wilson& Christina Terblanche

Hartenbos

082 577 0945

X Trail 2.5. / Gypsey Raven

Remember to enjoy the scenery while going on a detour

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Jou foto's vertel baie van die oord Jacques. Lyk dit kan maar 'n koue plek in die winter wees - geoordeel aan die gras. Gaan kuier weer in die somer asb en wys ons dan die foto's. Ek reken dit sal pragtig lyk in die somer.

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Ek hou baie van kareekloof en die bestuur doen baie vir die kampers. Die oord is amper op my voorstoep so 30 km van die huis af. Ons was laas daar met die klub maar as jy gaan as n groep met meer as 10 woonwas is die tarief nou R 115.00 n aand gewees.

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Gerry
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.
Plek: Honeydew

Het Kareekloof enige sterre. Ek raak altyd bekommerd as mense praat van die badkamers wat nie so vars is nie.

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Toe ek laas daar was, was die badkamers onberisplik skoon, dit was wel die nuwer ablusieblok, ons het nie die oueres gebruik nie

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Hanre
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 47
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark

Ons was paasnaweek daar. Kyk die vaaldriehoek mag maar koud word en die water van die swembadens is selfs in die somer koel. . . . Die admosfeer van die plek is gr8 "bosveld in die vaaldrie hoek" die mense doen regtig moete toe ons daar was dit was skoon. EK kan kla die gieser van 1 van die abusie blokke kon nie by hou nie. Ekt ondersoek in gestel da het 'n contactor op gepak so daar was net 1 van die 3 stelle elemente wat gewerk het. Dit geraporteer en hul het dit gou gefix. Vir 'n vinnige naby weg breek "in die bos" met wild en stap roetes en al is dit die plek vir my

Quagga
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.

Hallo, ek stem saam, het die plek terdee geniet laas jaar. Veral die kinders het uit hulle nate geraak oor daardie supertube en glybane. Die badkamers was vir my vergelykbaar met die Bela Bela vaandeldraers, maar ek het gestap tot by die een by die groot swembad, want dit lyk vir my nuuter as die res. Die dagbesoekers is hoogs irriterend op 'n naweek, maar vir die kinders is dit nou weer vet pret, so dis die tipe plek waar ons wel kan ontspan tot 'n mate oor 'n naweek, maar vir die kinders is dit net so goed soos enige plek, dit verseker ek julle! My seuntjie praat in dieselfde asem van Kareekloof as van Dikholo, so dit se baie van hoe die jongspan dit sien.....

Groete,

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Ons was die naweek daar. Ek het dit geniet, maar kan nie dieselfde van die vrou sê nie. Die vrouens het omtrent nooit warm water gahd nie. Met ons aankoms daar, het ek sowat 13 "motorhomes opgemerk, wat op die lieflikste plekke staan. Daar was ook twee SAWA saamtrekke, en ons moes maar met 'n grond staanplek tevrede wees. Saterdag oggend, toe pak al 13 op en vertrek. Ek was noggal nukkerig, toe ek die mooi oop staanplekke sien. Die swembad se water was baie koud, en die kleinding wou nie swem nie. Daar was geen kontrole of toesig by die glybane en glywurm nie. Party van die klein kinders was beseer deur onbedagsame groter kinders.

Ten spyte van alles het ek dit nog geniet. Ek sal weer gaan as ek die vrou kan oortuig.

 

 

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Die badkamers is almal omtrent die selfde ouderdom en was so 2 jaar terug opgeknap deur die huidige bestuur. Warmwater is gewoonlik verskaf vanaf een geyser / tenk in elke ablusie. Vrouens en Mans deel maar die warm water. Oor die jare was daar altyd by die onderste groot ablusies 'n probleem met die warm water stelsel. As dit nie werk nie kry vrou en die mans gedeeltes geen warmwater. Ek dink die ablusie "spook" 'n bietjie.

Die groot swembaddens se water was nog altyd baie koud en daar was nooit entlik enige beheer oor die veiligheid van mense by die dagbesoekers se kant.

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Ek het die naweek by Kareekloof gekamp, heel lekker gestaan op die groen gras naby die ingang. Die kinders het dit baie geniet veral die "supertubes" !

Passop vir die staanplekke onder die bome, dit verander in `n modderbad as dit begin reen. 

Neem jou eie braai saam, en passop vir die bobbejane wat vroeg in die oggend amok maak. 

Ek beplan om weer daar te kamp

 

Groete

Hein

 

 

 

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

 Was so 3 weke terug by Suikerbosrand en het dit so geniet dat ons Paas naweek so halwe familie naweek daar hou.

Ek is te maer om in daai koue water te klim maar die peuters het geswem dat dit klap, blou kleur en wapperende onder lippe - maar swem swem hulle.

Geen probleme met warm water gehad nie en die ablusie blokke was skoon. Behalwe vir een KAMPER wat dit goed gedink het om die toilet ring met sy ontlasting te besmeer. Dit was egter vinnig skoon gemaak.

Standaard besluit is om nerens op die rand van n kamp te kamp nie - minder kans vir kees om homself te kom help en daai ander wat mos nie n ander man se goed kan uitlos nie is ook minder geneig om jou te kom besoek.

Het die staptog gedoen. Die roetes is egter nie baie duidelik gemerk nie.

Kos ekstra om met jou fiets van die kamp terrein af deur die reservaat te gaan ry. Weet net nie hoe beheer hulle dit nie. Tragies van die 2 nuwe hekke (daar is een by Doring kloof ook) wat so in ongebruik staan.

Ditto vir die "lapa/kamp" heel aan die ooste van die terrein

 

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

Ilse
Groentjie
Aangesluit: 13/02/2010
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Ons was einde Feb by Kareekloof en wat 'n ramp! Die badkamers was glad NIE skoon nie, wel "skoongemaak" met 'n vuil mop met geen seep.  Jy stort saam die ander mense se bolle hare - jik! Die braaiplek was nie een keer skoon gemaak nie so ook die asblik, net die dag toe ons ry, toe word die vullissakke verwyder. 

My seuntjie se lyfie is vol blou kolle van die supertube en daar is geensins toesig by die supertubes nie.  Die groter seuns het op en af gehardloop by die supertube asook van die ander glybane af gestaan en gly! (Ja, op 'n blou matjie, gestaan, en daar gaan hulle - af by die glybane) Hoe dom en gevaarlik is dit nie!! Die swembad by die supertube was vuil en die groot teel swembad was vol mos wat toe losgekom het en teen die tweede dag was hy ook groen. (Jy moet maar lekker swem tussen die mos wat so ronddryf).

Die hekwag het ons verneuk met ons kleingeld vir die hout en die man wat by die "kafee" (as jy dit so wil noem) werk, wou oor die toonbank spring en my man aanrand nadat ons hom gevra het vir sy baas se telefoon nommer omdat hy geensins met ons ordentlik kon kommunikeer nie. My seuntjie van ses was in 'n toestand!! Hoe belaglik.  Klagtes val op dowe ore.....nee wat, ek kan nog baie aangaan, betaal bietjie meer en kry waarde vir jou geld iewers anders!

NeefZA
Nuweling
Aangesluit: 09/04/2010
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Newcastle

Ons het die afgelope lang naweek vir die eerste keer by Kareekloof gaan kamp. Soos van die ander kommentaar is ons ook met gemengde gevoelens huis toe.

Dit was vir ons 'n eerste om nie 'n toegekende staanplek te hê nie, tog voel ek dat dit baie goed werk veral as jy in 'n groep gaan en julle wil behoorlik laer trek, daar is vele areas waar jy 'n bietjie privaatheid sal hê vir bv. 3-6 families. Net 'n waarskuwing, maak seker dat daar 'n kragpunt naby is. Party van die mooi staanplekke het nie krag naby nie.

Daar is verskeie ablusie blokke (Agt) regoor die kamp, maar party het net toilette en wasbakke. Baie staanplekke is ver van die storte af, ons moes ry om by 'n stort te kom. Die ablusie naby ons (toilet/wasbak) was in die oggende skoon gemaak. Die algemene toestand van die ablusie was swak. Die toilet sitplek was stukkend en in die dames toilet kon die deure nie toemaak nie. Ons het die eendag gestort by die verhitte swembad ablusie blok. Die water was lou en die storte vuil, daar was net 'n pen waar die seep bak was en net een van die drie hakkies was nog heel. Hoeveel kos dit om 2 hakkies vir klere op te sit? Ons het die volgende oggend gaan probeer by die hoof ablusie stort maar die storte was vol en die warm water lankal op. Ons is toe na die volgende ablusie gery en na 'n kort wag 'n heerlike koue stort geniet. Ek moet sê die hoof ablusie het bietjie skoner gelyk.

Daar is heelwat aktiwiteite vir die kinders en ons het die parkie baie geniet. Daar is twee wipmatte en een oop gat waar daar eens 'n wipmat was. Die gat is baie gevaarlik veral met kinders wat rond hardloop. Die kinder swembad was skoon maar lyk onnet omdat die bodem afdop en 'n laag verf nodig het. Die teël swembad was soso, net baie koud. Die glyplanke en waterwurm se swembad water was bruin en baie vuil. Die modder voete van die glyers maak dit moeilik om die water skoon te hou. Die gedrag van heelwat van die glyers was roekeloos en gevaarlik. Ek het gesien hoe een man sy kop hard op die bodem stamp toe hy probeer het om iemand te mis wat voor hom ingeswem het. Party kinders wat die die waterwurm gebruik het sommer oor die kant van die waterwurm geklim voor hulle by die water gekom het. Daar was ook kinders was halfpad in die waterwurm af op die randte gesit het sodat ander onder hulle bene deur gly.  As hiedie kinders hulle balans verloor en oor die rand val, dan val hulle 'n goeie 4m. Pasop ook maar vir die kinders wat met hulle fietse om die swembad jag!

Die winkel het basiese items en almal drom maar saam voor die toonbank en wag om bedien te word.

Dit is vir my jammer dat 'n kamp 'n swak naam kry weens kampers wat hulle nie kan gedra nie. Ons bure, aan die ander kant van die bos, het sty op getel en dit het net 'n vuisgeveg en 'n gevloekery geeindig. Dis moeilik om sulke dinge aan jou kind te verduidelik as jy rustig om die kampvuur sit en sulke goed gebeur 15m weg.

Ek dink steeds dat hierdie kamp het baie potensiaal. Die omgewing is fantasties en dit is so naby Johannesburg. Hulle moet aandag gee aan die ablusie geriewe, hulle kan nie verwag ons moet top pryse betaal en koud stort nie. Kamp terreine word nie uit 'n kantoor bestuur nie. Die bestuurders moet rond beweeg en beskikbaar wees om probleme op te los. Hulle sal ook baie streng moet optree teen mense wat nie die reëls van die kamp en swem terrein nakom nie. 

Ons sal volgende keer maar een van die ander kampe in die omgewing besoek.

  

 

 

 

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

 Het toe die paas naweek die semi familie ding by Suikerbosrand/Karee kloof gaan doen.

Ja. Daar is dinge wat pla maar die meeste kan met n bietjie beplanning op gelos word.

Skuld daai perd wat my wou skop omdat ek hom in die nag by die asblik gaan weg jaag het nog n vuis hou tussen die oe. Die oord moet hulle beter toe maak in die nag

Sukkel met die braai pits. Volgens die een bestuurder (in wie ek 2 keer vas geloop het terwyl hy sy inspeksies gedoen het) is hulle bewus van die probleem en is besig om daaraan te werk. Of ek kan volgende keer maar net my eie braaier saam vat.

Die piering vormige kinder swembad sonder die kante is idiaal vir die kleintjies. Die groot probleem daar was die sogenaamde 3 DJ's wat ook daar gespeel het. Fiets ry om die swembad moet verbied word.

Ek en my broer het net een keer ons kleintjies by die water glybane af gevat en het nie enige probleme op getel nie. Om die waarheid te se die groter kinders was baie beskermend/konsidererend teenoor die kleintjies.

Stem saam dat die gat by die wipmatte gevaarlik is en of herstel of toe gegooi moet word. Sal ook daarvan hou dat hulle sand sakke (soos in die ou dae) oor die hoek yster kante van die ander twee wip matte sit.

Die badkamers hanteer ek maar soos spits verkeer in Johannesburg - vermy dit tot dit stiller is. Elke keer in heerlike warm water gestort. Daar was hakies om jou klere op te hang en n hout reeling bord om op te staan in die hokkie wat ek elke keer gebruik het. Sou kon doen met n bankie daar. Die toilet deure kon toemaak maar het nie n skuif knip gehad nie - die was afgebreek.

Ons het die personeel vriendelik en hulpvaardig gevind. Asblikke en braai pit is elke oggend skoon gemaak en die skoonmakers was gereeld by die ablusie blok. Die kafeteria se toonbank diens is te stadig en daar sal regtig een of ander plan gemaak moet word om dit te organiseer. Wat van n reling om die kampeerders in n ry in te dwing, dan is dit mos "first come first served" en nie n geval van grotes eerste of die ou met die grootste mond/minste maniere eerste nie. Dit sal ook druk van die kassiere af vat.

Ja. Daar kort hier en daar onderhoud, maar ons as kampeerders kan ook ons kant bring. Hiermee bedoel ek dat toilet sit plekke, skuifslotte, klere hakke ens nie van self breek nie.

Voel ons as kampeerders nie te maklik ons is nou in n veilige omgewing en laat ons kinders dan los om rond te hardloop en hulle self te geniet nie. En dan eindig ons op met fietse wat om die swembad jaag of kinders wat gevaarlike toertjies by die gly bane uithaal. Ek vra net.

Op die einde van die dag het die positiewe die negatiewe baie ver oorskadu en sal Karee Kloof my en my gesin baie beslis weer sien. Net nie in die winter nie - daar sal n man dood gaan van die koue.

 

 

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

Lori
Groentjie
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 29
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

Was iemand dalk meer onlangs daar wat ons kan laat weet hoe dit daar gaan ?

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Gaan maak 'n draai met /n geruste hart

Thinus Botha
Nuweling
Aangesluit: 19/01/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n 2005 Sprite Swing met 'n Hyundai Tucson

Kareekloof is 'n baie lekker oord.  Veral as jy in so 100km radius is.  Dit voel asof jy diep in die bosveld is as jy daar gaan kamp.

Ons kamp nou al vir 4 jaar lank daar, ons gaan so 1 naweek elke twee maande of so soontoe. 

Protea Hotels begin hom regtig nou reg ruk, en die gras begin ook nou mooi lyk. 

Hulle winkeltjie is nou wel bietjie duur, maar behalwe vir dit geniet ek dit baie om daar te kamp. 

Hierdie foto hieronder is heel toevallig die langnaweek daar geneem.

 

 16 - 19 Des. Maroela

19 - 22 Des. Satara

22 - 25 Des. Krokkedil Brug

25 - 29 Des. Skukuza

29 - 1 Jan.    Berg en da

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Ek was in Jan & Feb die jaar daar. Lekker gekamp!   30 min. se ry van my huis.

Badkamers kort bietjie aandag. 

Groete

Hein

 

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • GrootKoos
  • Molekule
  • MarkP
  • Gert Venter
  • wehan
  • Ian Laing
  • Hentie7
  • Mariskab
  • Alias
  • Speknek
  • PaulS
  • Christo de Wit
  • Stalkersa
  • Kampklong
  • SHARK

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.