Karee Kloof Tariewe

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Karee Kloof se tariewe is nou 'n bietjie rof. R 120.00 pn. vir die staan plek en R 65.00 pppn

Leon C
Nuweling
Aangesluit: 12/01/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Hallo Garth,

Het die plek se naam nie verander na Suikerbosrand. Ek wil graag daar gaan kamp maar die tariewe is te kwaai. Wanneer het jy laas daar ge-kamp.

Groete Leon

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Hallo Leon,

Hulle noem die plek nou Protea Hotel Suikerbosrand. Het vroeg laas jaar daar gaan kamp en wat nou R250 vir twee mense gaan kos het daai tyd omtrent R160 gekos. Die plek is lekker naby vir ons en is 'n lekker kamp plek maar is definitief NIE R250 werd nie. Sal liewer na ander parke toe ry.

Leon C
Nuweling
Aangesluit: 12/01/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Dankie Garth,

Ons is 4 persone so die lang naweek gaan ons meer as R1000 kos. Hopeloos te veel dink ek. Sal maar 'n ander plek soek. Het jy enige voorstelle.

Groete 

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Daar is 'n paar in die Hrtebeespoort / Buffelpoort gebied wat redelik lyk

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Nog ene naby Meyerton is Koppiesol wat ok netjies en redelik skoon is. Dink ek gaan daar probeer.

Koppisol Klub  Gauteng Vereeniging Tel: 016 556 1112/ 6125
Fax: 016 556 1155
koppisol@cyberserv.co.za
www.koppisolklub.co.za
  PO box 93, De Deur, 1884

Germar
Groentjie
Aangesluit: 06/02/2010
Inskrywings: 33
Gebruiker van lyn af.
Plek: Suid Afrika

Ons kamp gereeld by Malonjeni tussen Meyerton en Heidelberg.  Daar is net 'n koue swembad, skoon ablusies, put put, wild en 'n diereplaas en baie rustigheid.

 

Malonjeni - 082 309 8075

 

Groete Marlene

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Dankie Marlene, ek vergeet altyd van Malonjeni

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Ek was op Kareekloof die langnaweek. My argu oor hulle pryse gaan definitief op dooie oore val. Die plek was stampvol gewees. Mense is bereid om sulke pryse te betaal. Sal maar alleen ander plek wat ietwat goedkooper is gaan soek. Malonjeni se pryse is heelwat goedkooper,

Leon C
Nuweling
Aangesluit: 12/01/2010
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Hi Garth,

Ek was ook daar. Jammer ons het nie bymekaar uitgekom nie. Ja die plek was vol. Ek was nogal beindruk met die geriewe -  skoon ablusies, asblikke, water krane ens. Net jammer die braai geriewe is pateties.  Die winkel se pryse is ook gek. R18.50 vir 'n 2 liter coke is rof. Was te bang om te vra wat die bier en ciders kos. Ek dink die dagbesoekers word beroof. R80 per persoon, R40 vir kinders en dan nog R40 vir motor. Dit is darem net 60 min van my huis en dit is omtrent heelpad snelweg. Ek kom van Roodepoort (14e laan) af.

Groete  Leon  

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Hi Leon,

Ons het ook al 'n paar keer daar gestaan, en het dit omtrent elke keer geniet.  Die pryse vir dagbesoekers is vir my heel aanvaarbaar omdat dit die skuins elemente uit die oord uit hou.  Die dae toe dit baie goedkoper was, het dit baie rof geraak in die oord.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker is aanlyn
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

kan iemand my se waar is Malonjeni ek sal dit waardeer

 

 

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Die Guest Farm?
Volgens hulle webtuiste is dit:

GPS Co-ordinates: 

 S 26 36.402
 E 28 10.690
Germar
Groentjie
Aangesluit: 06/02/2010
Inskrywings: 33
Gebruiker van lyn af.
Plek: Suid Afrika

Malonjenie is halfpad tussen Drie Riviere en Heidelberg.

 

 

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker is aanlyn
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

dankie sal op die gps kyk

 

 

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Shark, as jy dieselfde pad volg vannaf Heidelberg na Meyerton toe is daar 'n pad wat links afdraai na Drie Riviere toe, neem die eene. Malonjeni is 'n ent verder met pad af op die linker kant.

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • wehan
  • Gert Venter
  • Ian Laing
  • Hentie7
  • Mariskab
  • Alias
  • GrootKoos
  • Speknek
  • PaulS
  • Christo de Wit
  • Stalkersa
  • Kampklong
  • SHARK
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.