Ezemvelo | 'n Winskoop-wegbreek

Besoeker

Ezemvelo | 'n Winskoop-wegbreek
Om ’n naweek in die Ezemvelo-natuurreservaat net anderkant Bronkhorstspruit uit te span is nie net goed vir die siel nie, maar ook vir die sak. Marisa Bester het hierheen uitgewyk.

Prof Neels
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 529
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Willem, ek sal nie 'n gewone woonwa Ezemvelo toe sleep nie. Die 20+km grondpad is plek-plek lelik sinkplaat. Hulle het aansoek gedoen om 'n gradering (3-ster) maar hulle was nie tevrede met my aanbeveling (2-ster) nie. 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Neels,

Jy het my nou by die kort hare.  Ek weet ek het geandwoord op Ezemvelo se poeier stof pad maar ek sien nie my pos stuk hier nie, dit is 'n Besoeker en dan #1 is jou pos?

Ons was baie lank terug daar toe was dit nog net Zemvelo was en wou weer daar gaan kamp het.

Johann van Staden
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2429
Gebruiker van lyn af.
Plek: GP

Het enigiemand onlangs by Ezemvelo gekamp ? Enige terugvoer, wat was julle ervaring ? Is die pad begaanbaar vir 'n gewone kar en karavaan - verwys na die insette van Prof Neels hierbo.

Voormalig johannvs

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Môre Johann,

Sovêr ek weet is die pad nog die selfde, sinkplaat en BAIE stof.

Bostoe
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 77
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heeltemal te naby aan die stad.....
Ek sleep 'n Xplorer met 'n LC 70 SW

Hallo!

 

Dis nog net 3 maande van Willem se antwoord op die vraag maar ek wil graag (weer) hoor of iemand intussen die pad gery het of weet in watse toestand die pad nou is.

Groete

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Steeds vrot, my kliente gebruik net bakkies is bure en was oorspronklike eienaars, gebruik eerder die tweede afdraai.  groete,  Geo

Stefan Labuschagne.
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 81
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kuruman
Ek sleep 'n Tour-A-Way met 'n Opel Astra Estate 160i

Vertel asb meer van die "tweede afdraai".

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Goed, met die eerste afdraai net na die brug op die Groblersdal-pad draai die pad ooswaarts en later noordoos dan noord dan is daar weer die afdraai regs na Zemvelo as jy egter nie hier afdraai maar reguit aanhou dan draai die pad self later links noordwes en dan wes tot by die Groblersdal-pad. So ry net so20 kilos aan draai by die tweede Zemvelo bord regs oos dan met pad later suid is die afdraai dan links dus by die afdraai na Zemvelo

Wie's aanlyn

Daar is tans 16 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • MarkP
  • Ian Laing
  • Hentie7
  • Mariskab
  • wehan
  • Alias
  • Gert Venter
  • GrootKoos
  • Speknek
  • PaulS
  • Christo de Wit
  • Stalkersa
  • Kampklong
  • SHARK
  • Wingnut
  • Romeo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.