Ombinda Lodge naby Etosha
Nuwe forum onderwerpe
So 'n uur se ry suid van Etosha in Namibië, is daar 'n juweel van 'n oord waarvan nie baie mense weet nie: Ombinda lodge.
Ek het nog geen verwysing na hierdie oord op die forum gesien nie, daarom noem ek dit nou.
Ons het toevallig op die die plek afgekom.
Daar is pragtige swembad, groot kroeg onder grasdak, chalets en die beste van alles: groen gras en skadu in die woonwapark.
Ablusies in die woonwapark is ongelukkig effe ondergemiddeld, maar gangbaar. Darem nie vuil nie, net nie luuks nie.
Daar is ook chalets. Suid-Afrikaners kry afslag.
Heinrich, koop gerus die nuutste Namibie van weg, ongelooflike goeie inligting.
Verder is daar net 6 km vanaf die Anderson hek by Etosha ook 'n privaat karavaan/kampplek, Eldorado. Die ou se tel is 00264 81 302 2290 Adri. Ons het verlede jaar daar gekamp en dit was toe splinternuut, het maar R80pppn betaal. Jy moet in elk geval elke dag toegangsgeld betaal vir Etosha, die ou het tot Cheetas op die plaas.
Dankie Elize
Ek het die tydskrif gekoop (my foto is op bladsy 42)
Baie dankie vir die inligting ek is hard besig met die beplanning!
Groete
Heinrich
Heinrich
Net vir inligting
Het gehoor van die baie reen in Namib, dus wees versigtig met die beplanning die paaie is verspoel. Ek beplan `n trip in November vir 4 weke en het met die ouens wat daar bly gesels vandag. Windhoek het byvoorbeeld omtrend 2 meter reen gekry tot en met die paas naweek. Al die dame is vol vir die eerste keer, en die reviere loop sterk. Van die normale paaie is toegemaak en jy kan nie daar ry nie.
Hulle se die plek is nou soos karoo. Die gras staan heup hoogte waar daar not gras was nie. Jy moet mooi kyk of jy sien nie die bokke in die gras nie.
Lekker beplan en laat weet ons hou was dit
Hi Albert
Ek was twee jaar terug (Aug 2009) in Sossusvlei toe staan die gras heup hoogte- wat `n mooi gesig!
Ek hoop dat teen Aug alle paaie toegangklik sal wees.
Geniet jou beplanning Albert
Groete
Heinrich
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- MarkP
- GrootKoos
- wehan
- Alias
- Speknek
- Gert Venter
- PaulS
- Christo de Wit
- Stalkersa
- Kampklong
- SHARK
- Wingnut
- Romeo
- Len Loader
- HugoWessels
- John Cooper





.jpg)
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX
Hi Willem
Sien dat die inskrywing al oud is. Het jy GPS koordinate vir die kamp? En weet jy van ander geheime kampe ens. in die Noorde van Namibia?
Ek is besig met my beplanning vir Augustus se toer na Namib en Botswana.
Dankie
Heinrich