Namibiese Nasionale Toerismeraad knap Webwerf op

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0


 

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Nou is jou kaans om 'n namib saamtrek te reel Jacques...

 

Hulle probeer regtig om dit maklik te maak sien ek.

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

He he Johan - jy praat my taal!

Dis 'n ongelooflike land. Probleem is net dat ek sal wil ry waar mens nie gan kan sleep nie...  

Ek kyk noudieaand die laaste episode van "Op die rug van 'n Ysterperd" waar hulle hulle Namibiese trippie afsluit en ek raak so bewoe... 

Ons jongste is nou so 4 weke. Mammie se ons kan nognie weer so ver ry nie...  

Dis so "unfair"!!  

Hier is so biki fotos van ons trippie in 2008:

www.flickr.com/photos/jacquesr/sets/72157604844235267/

 

Groete,

Jacques

 


 

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Aai Jacques, jy maak my hart seer... Ek was nog nooit daar nie, maar beplan my eerste trip vir die julie skool vakansie.

Jy moet laat weet of jy wil saam?

Smile

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dit klink goed Johan!!  

Man, ek het vir mammie belowe dat kleinste eers 'n jaar oud moet wees voor ek weer ver sal ry. 

Laai gerus ook my trip verslaggie hier af (so 10MB).

www.overland.co.za/travel_reports/Jacques_Rousseau/Jacques_Rousseau_Namibia_April_2008.pdf (Regs kliek en 'Save')

Hoe lyk die planne waarlangs julle wil ry?

 

Groete,

Jacques

 


 

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

LOL, ek het al my idees ook op die overland en kampvuur gekry.

Op die stadium is dit Richters, Sesriem, Rooisand, Swakopmund, Windhoek, dan terug deur bots. Ek moet net deur die Kgaligadi terug kom.

Op die stadium is dit 20 dae, maar ek skaaf nog, want ek wil nie heeldag ry nie

Smile

 

Ek gaan jou trip report deurgaan.

Dankie

 


Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Kookwater - dit klink goed Johan - julle gaan dit baie geniet!!

 

Groete,

Jacques

 


 

JOHN CRAFFORD
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.

Ons wil graag Namibie volgende jaar toer o.a. na Etosha Sleep Gypsey Romany met Landrover Puma enige voorstelle waar ons kan gaan Land onbekend aan ons.

John Crafford

Onrusrivier

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi John,

Sjoe, dis nogal 'n wye vraag. Dis 'n land met soveel om te beleef, maar ek sou aanbeveel om 'n paar roetes van die teerpad af ook te neem. In die opsig kan die Romany dalk 'n swaar tyd beleef.

Etosha is maklik bereikbaar met die wa. Teerpad tot daar. Af na Swakopmund ook Teerpad (van Windhoek se kant), maar jy gaan dalk mooi roetes deur Damaraland en verby die Brandberg mis.

Ek het nou maar nog net een trippie soontoe gedoen (sien die verwysing na my trip verslaggie bo) en toe het ons Kaokoland gery. Lees hom gerus - die Puma sal julle maklik daar deurneem, maar sonder die Romany.

Als hang af of julle gelukkig is om op teerpaaie te bly met die Romany, anders is dit 'n goeie idee om met 'n paar dome tente te toer en by al die plekke langs te ry wat stofpaaie insluit.

Sterkte met die beplanning!

Jacques


 

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Jacques,

Ek het vanmore deur al jou FlickR foto's geloer en dit nogal lekker met die toer wat julle ondergaan het. Die natuur is asemrowend en ek sou dit geniet het om ek dit te beleef.

Dankie dat jy dit met ons ander deel wat nooit daar sal kom nie.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dis 'n plesier Ryno - dankie vir die kompliment!

Beplan net jou trippie en RY soontoe - mens mag dit nie misloop nie.

Jy kan amper my hele roete ry met jou Ranger - ek sal net Van Zyls pas uitsny.

 

Groete,

Jacques

 


 

JOHN CRAFFORD
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.

Jacques

Baie dankie ons sal dit defnitief moet heroorweeg of ons die Romany sal haak maar ons gaan defnitief n .  Sal alles baie goed opweeg.   Groete  John

John Crafford

Onrusrivier

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dit klink goed John!

Loer ook hierso vir nog Trip Verslae:

www.overland.co.za/feedback/Namibia_Travel_Reports.html

Daar is 'n klompie manne met baie meer ondervinding van die land as ek.  

 

Groete,

Jacques


 

Albert Harmse
Groentjie
Aangesluit: 25/05/2010
Inskrywings: 39
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2004 Romany met 'n 2.5 TDi Triton

Die namibie tripie lyk alte goed. Wil in 2011 `n trip in swazieland gaan doen vir so 28 dae. Het julle enige inligting oor swaziland, so iets soos die namibie. Sal in 2012 `n trip doen bots na namibie en terug bots toe ook vir 28 dae

 

Albert Harmse

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Albert,

Ek het nognie deur Swaziland gereis nie, maar het al bietjie raad op die Kampvuur Overland forum gekry van Hannes Thiron.

Ek heg dit hieronder in.

 

Hoop dit help,

Jacques

 

Hannes se fotos: www.flickr.com/photos/hannes_thirion/collections/72157611180945461/

Quote:

Terug van Swaziland waar ons Malolotja Natuurreservaat wat op 18 000 ha die grootste bewaringsgebied in Swaziland is, besoek het.  Ons kon voor ons tent in die kampeerterrein sit en kyk hoe die blesbokke en hul lammers op die heuwel baljaar na die reën.  Dit het net een dag gereën en dit het ons min beperk.  Ons het van die staproetes in Malolotja gestap maar agv die baie bulte besluit om die res nie te stap nie. 

Vanaf Malolotja het ons ook Mantenga Natuurreservaat besoek wat op 725 ha die kleinste bewaringsgebied in Swaziland is.  Die hoof aantrekkingskrag in Mantenga is die kulturele dorpie en die waterval.  Die enigste wild wat ons in Mantenga gesien het was ape (vervet monkeys).

Na drie nagte in Malolotja het ons ons kamp verskuif na Ndlovu Kamp in Hlane Koninklike Nationale Park vir 4 nagte.  Beide Malolotja en Hlane het nie elektrisiteit nie maar 'n donkie by die ablusie vir warm water in die storte.  Ndlovu het 'n restaurant en curio winkel.  Mens kan die heeldag in Ndlovu onder 'n boom sit en voëls kyk, daar is 'n groot verskeidenheid.  Van die restaurant se stoep kyk jy vir die seekoeie in die watergat en na die renosters wat ook soms daar kom afkoel.   Daar kom van tyd tot tyd toerbusse met buitelanders maar hulle oornag nie in Ndlovu nie. Ndlovu se kampplek is groot en die ablusie is baie mooi en skoon met parafienlampe om bietjie lig te maak.  Daar is genoeg storte.  Brandhout vir jou kampvuur en of braai is gratis. Jy kan jouself gaan help by die houthoop agter die ablusie.  Daar was min ander mense in Ndlovu en sommige aande was ons alleen in die kamp.  Daar is ook rondawels en groot chalets.  Snags hoor jy die leeus brul in hul kamp naby Ndlovu. Ndlovu en Hlane sien my beslis weer.

Van die paaie in Hlane is bietjie toe gegroei en krap jou voertuig.    Die wildbesigtigingsvoertuie is oop Defenders. Hulle  ry ook nie die toegegroeide paadjies nie omdat die voertuie se sitplekke weerskante oor die voertuig se kante gebou is.  Na Donderdagnag se waterloop-reën was daar 'n paar moddergate in die pad wat die renosters laat gly het wanneer 'n voertuig aankom.  Nêrens was dit nodig om 'n tweede keer te probeer om deur 'n moddergat te kom nie.  Die Hilux het maklik in 4x4 deur al die moddergate gekom.  Sommige van die paaie wat minder gery word is sleg verspoel. 

Op ons eerste dag in Hlane het ons op twee olifantkoeie met kalwers afgekom.  Die een het ons teruggejaag en gewag dat die ander koei en die kalwers eers weg is voor sy omgedraai het en agter hulle aangeloop het.

Van Hlane het ons ook Mlawula Natuurreservaat besoek, die tweede grootste bewaringsgebied in Swaziland.  Die paaie in Mlawula is in 'n goeie toestand en daar is orals bruggies oor die droë lope. Ons het 'n paartjie met 'n Toyota Camry (nie 'n Avis-kar nie) op die paadjies gekry en hulle het heel maklik gery.  Mens sien nie maklik die wild in die digte bos nie.  Wanneer jy hulle wel sien hardloop hulle weg.  Dit wil voorkom of hulle min voertuie sien.  Daar is heelwat voetslaanpaaie in Mlawula.  Ons het nie van die voetslaanpaaie in Mlawula gestap nie. 

Iewers oppad na Hlane tussen Manzini en Malindza het die Hilux begin krag verloor en wou nie vinniger as 100km/h sonder lugreëling op gelyk pad ry nie.  Ek het gestop en hom laat idle. Idle mooi gelyk. Alles na gegaan en verder gery.  Die eerste ent het hy weer mooi geloop, maar toe weer begin kop-tussen-die-voorpote-trek teen 'n bult.  Ek het besluit dit lyk na vuil diesel en aangehou met die gedagte om in Hlane 'n skoon dieselfilter in te sit.  Nie vêr nie het hy sy nukke laat staan en weer mooi geloop.  Dit was nog met diesel wat ons voor ons vertek in Pretoria ingegooi het.  Die res van die pad het die Hilux mooi geloop.    

Ek kan saamstem met die mense wie my voor die tyd vertel het dat die Swazi's vriendelike mense is.


 

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Speknek
  • Gert Venter
  • Alias
  • wehan
  • PaulS
  • MarkP
  • Christo de Wit
  • Stalkersa
  • Kampklong
  • SHARK
  • Wingnut
  • Romeo
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.