Mbuluzi Game Reserve Swaziland

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 468
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Nou die dag hierdie plekkie ontdek, wat 'n heerlike plek om te ontspan. dit is baie primitief sien fotos van badkamer, geen elektrisiteit nie baie vuurmaak hout vir braai en om die donkie by die badkamer mee te stook. Baie goeie plek vir voelskyk. Omdat daar nie lede van die groot vyf in die deel van die reservaat voorkom nie kan die kinders lekker speel en selfs fiets ry, dit is ook veilig om 'n bietjie te gaan stap as jy moeg raak van al die ontspan. Dit is ook slegs 43km vanaf Mananga grenspos lekker naby vir 'n naweek wegbreek.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Welkom Kwagga.
Dit klink vir my na 'n rustige plek daardie. Laai vir ons so 'n paar fotos.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 468
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Hi WilleWillemien

Ek het ongelukkig nie baie fotos van die kampplek geneem toe ons daar was nie. Ja dit is baie rustig en regtig die ideale plek as jy net  wil ontspan. Hier onder is 'n link vir hulle weblad as jy meer inligting nodig het. http://www.mbuluzigamereserve.co.sz/accommodation/index.php?sid=5

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Wie's aanlyn

Daar is tans 7 gebruikers en 127 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Airbus
  • Johan Coetsee
  • Corné Wagemaker
  • DAVID KAMP
  • Gypsey King
  • Eddie Rabie
  • thysvt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.