Malolotja-natuurreservaat | Die hoogste, oudste en groenste

Besoeker

Malolotja-natuurreservaat | Die hoogste, oudste en groenste
As ’n mens streke kon kloon, dan was die Malolotja-reservaat waarskynlik afkomstig van die berge tussen Dullstroom en Lydenburg. Die kampeerterrein is sowat 2 km van die hoofhek af en met die inry sê my pa: “Dis soos Swaziland se eie Stonehenge.”

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Kan iemand vir my meer inligting oor Malolotja Park gee?  Hoop daar is iemand wat my kan help.

Lus om in die bos te gaan wegkruip!

Hein

 

 

 

 

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Was niemand al daar nie??

 

 

 

ELU 2
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 184
Gebruiker van lyn af.

Ons was in 2002 daar gewees - dus is my info baie oud, maar nou ja, dis Afrika - dalk nie veel verander nie??

Omgewing is pragtig - golwende heuwels tot kleinerige berge, gras vlaktes, watervalle.

Staanplekke baie primitief (tog te heerlik). Destyds was daar geen krag en slegs stadig lopende water by sentrale punt. Ablusies darem spoel tipe. Warmwater met donkie wat jy self gaan stook so rukkie voor jy wil stort.

Tipiese omgewing waar oggend mis en namiddag reenbui algemeen is.

Staanplekke was kleinerig (ons het in Kombi geslaap), maar afgebaken met klippe - op verskillende vlakke en vorme. Gras op staanplekke. Elke staanplek het sy eie braai /vuur area gehad.
 

Paar fotos van destyds!!
 

(Kry nie fotos gelaai nie - stuur maar PM met jou e-po sadres, dan stuur ek 'n paar aan.)
 

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Dankie Elu

Dis presies wat ek lus is voor. Moeg vir die oorvol parke.

Daar is nog geen krag by staanplekke nie, maar ek sal regkom met my woonwa!

Ek email jou nou

Dankie

 

 

 

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Ek was toe die naweek by Malolotja Park.  Die park is `n juweel en ek was verbaas om te sien dat ons die enigste kampers in die park was.   Ek gaan beslis weer daar kamp -  HEMEL OP AARDE!!

Heg `n paar fotos aan.

Groete

 

AanhegselGrootte
DSC01698.JPG 164.56 KB
DSC01705.JPG 145.03 KB
DSC01713.JPG 104.67 KB
DSC01716.JPG 100.69 KB

 

 

 

Toppie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 462
Gebruiker van lyn af.

Malolotja is beslis ook een van my gunsteling plekke.

Die RSA gedeelte is Songimvelo en is beslis 'n besoek werd as jy 'n 4x4 het 

 

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Toppie

Ek het gesien dat dit `n "oorgrenspark" is.  Is daar kamp geriewe by Songimvelo?

Hein

 

 

 

Toppie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 462
Gebruiker van lyn af.

Daar is nie kampplek nie, maar wel afgeleefde houthuisies. Die beste is maar om deur te ry Swaziland toe na 'n dagbesoek.

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Dennis

Hiermee inligting vir kampplek in Swaziland.

Groete

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 36 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • wehan
  • PaulS
  • MarkP
  • Christo de Wit
  • Stalkersa
  • Speknek
  • Alias
  • Kampklong
  • SHARK
  • Gert Venter
  • Wingnut
  • Romeo
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.