Kamp in Zim

Cheetahs
Ou hand
Aangesluit: 07/02/2010
Inskrywings: 200
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Echo 1 met 'n 2004 Toyota Hilux 2.7i

Dis vir my interessant dat ek niemand sien wat kampplekke in Zim bespreek nie.  Is daar iemand op die forum wat al by Mana Pools of Matusadona of Chizarira gekamp het?

Mana Pools is loshande my gunsteling!! - dis so naby aan die hemel soos kan kom.

 


It's mush in the bush!

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Ons besoek Mana Pools in Julie 2011, maar vir die eerste keer.  Watter wenke het jy, veral wat mag 'n mens saamvat oor die grens, veral in die lyn van brandstof en kos, oorslaapplek vir die eerste aand, verkieslik in Zimbabwe, ens.?  Dan wil ek ook graag weet welke plekke om te vermy, want ek was nog net in 2000 in Zim, en voor dit in die 80's.  Ek beplan via Beitbrug, maar hoor stories oor Harare in die lyn van arrestasies.

Ek hoor graag ook van almal.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ek hou die gesprek met belangstelling dop.

 

Groete,

Jacques


 

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ons was in Augustus vanjaar daar, ons roete het geloop deur Botswana(Kasane) en toe Vic falls na Binga langs Kariba meer, daar oornag en toe met grondpad, baie sleg gemiddeld 30 Km/uur aan ooste kant van Kariba op gery tot in Kariba dorp, daar het ons by M.O.T.H.S kamp oornag, kan hulle aanbeveel, het toe verder gery na Mana Pools, as jy afdraai van die teerpad na Mana is die eeste 30Km maar baie sleg, sinkplaat, geen karavaan gaan dit oorleef nie, so terloops ons was met daktente en een boswa totaal 5 Bakkies, moenie eers probeer om 'n gewone karavaan te sleep nie. Koop alles wat jy nodig het in Kariba, daar is NIKS in Mana, net diere, wees maar versigtig in die aande , die diere besoek die kamp gereeld, maar ja dit is baie mooi, die ablusies is Afrika, as jy warm water kry is jy gelukkig, ons het maar water saam gery veral vir drink.Daarvandaan het ons oor Harare gery tot in Gonarezhou teen Mosambiek grens, daar is ook minder as in Mana, vat genoeg branstof saam en drink water, ons het in die Runde rivier gebad, sy water is gekik vir bad, ons het 5 dae daar gekamp en nooit ander mense daar gesien nie.Wat branstof aangaan het ons orals op die trip petrol en diesel gekry behalwe in Makuti, tussen Kariba dorp en Mana Pools was daar nie petrol nie, Zambie se mense tap hom blykbaar gereeld leeg, goeie idee is om altyd vol te maak waar jy kom, een van ons voertuie moes terug Kariba toe vir petrol, die prys is +- US$7.2 per liter. Hou ook maar by spoed grense, hulle beboet jou en jy moet net daar betaal. Die mense daar is baie vriendelik en ons was orals altyd baie vriendelik ontvang.Jy kan alles in Zim deesdae koop, vat net US$, hulle vat ook Rand maar wisselkoers 1$ vir R10, ons het al ons vleis saamgevat, sal nie aanbeveel om daar te koop nie, moet net nie vleis terug bring RSA toe nie.

Cheetahs
Ou hand
Aangesluit: 07/02/2010
Inskrywings: 200
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Echo 1 met 'n 2004 Toyota Hilux 2.7i

Geo,

Ben gee goeie raad.  Ons ry altyd van Beitbrug af na Gweru.  daar slaap ons oor by 'n plek met die naam Antelope Park.  Ons vermy Harare.  By Makuti (naby Kariba) is daar 'n motel met 'n dame wat baie hulpvaardig is met allerhande reëlings.  Sy is Mev Coetzee - in die dae toe petrol skaarser was het ons dikwels in ruil daarvoor vir haar goed saamgery wat hulle moeilik in die hande kon kry, goed soos seep, waspoeier, sjokoade, skoenpolitoer, ens.

Die pad waarvan Ben praat (die grondpad) het ons gery van Hwange af oor Binga na Chizarira, Matusadona, Kariba na Mana.  Wat 'n belewenis, maar die pad is BAIE sleg.

Wat die pad van Makuti af betref, af met die platorand, wees BAIE versigtig - vreeslik baie trokke van Zambië, en baie ongelukke en trokke wat hul vrag verloor. Daar is ook 'n Zim Parekraad kantoor op hierdie stuk waar jy permitte moet kry vir Mana. Die laaste 47 km Mana toe is grondpad, ek sal nie 'n gewone karavaan daar probeer sleep nie.  Plek-plek ook sanderig. 

Maar dan is jy in die paradys!  Ek hou daarvan om die gewone kampeerterrein te verruil vir Mucheni - dis wilder as die wildtuin!  Dis teen die rivier, geen geriewe, maar o, wat 'n fees!!

Geniet dit!


It's mush in the bush!

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Ek moet saam stem - Mana is Paradys!!! nog nooit in al die jare enige probleme in Zim ondervind nie, mense almal vriendelik en behulpsaam. Jy het net die wereld se geduld nodig by die grens poste en ook by die padblokades!

Die pad aan die ooste langs Kariba Dam is baie sleg maar ek glo dit is die moeite werd om te ry vir die ondevinding en die natuur.

Ek het gelukig nog familie daar wat kan reel vir petrol en die besprekings doen, help baie!

Dan moet ek se as - soos hier bogenoem- jy volmaak as jy 'n pomp sien behoort jy geen probleme te he nie.

Stem 100% saam dat jy beslis NIE 'n gewone karavaan Mana toe kan vat nie!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Hallo almal,    i/s  voertuigpolisievrywaringsvorm vir Zimbabwe

Kan iemand asb help?

In die nuwe Wegry se ene Francois Visagie van Gordonsbaai dat as mens in Zimbabwe wil vakansie hou, jy 'n Polisie-vrywaringsvorm nodig het  welke dokument mens by die Munisipaliteit verkry.

 

Ons Munisipaliteit hier het glad nie sulke vorms nie en volgens hulle is dit nie nodig nie.  In 2002 was dit ook nie nodig nie. 

Die persoon by Watloo voertuigsentrum se ek moet die voertuig en die Explorer tesame met die geregistreerde eienaars (my Familie Trust seker ekself, en my vrou)  moet teenwoordig wees vir 'n ondersoek.  Dus moet ek al die pad van Bronkhorstspruit met die voertuig en karavaan na Watloo in Silverton ry.  En as ek gehelp kan word sal die vorm voltooi word, maar as hulle te besig is sal ek moet terugkeer.

Van julle wat al Manna Pools besoek het, wat het julle gedoen?

 

 

David Kruger
Nuweling
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Parys

Ek sien niemand antwoord jou vraag oor die polisieklaring nie.  Ek het myne verlede jaar gekry by ons plaaslike POLISIESTASIE nie Munisipaliteit nie.  Dit was ook nie nodig dat al die trustees teenwoordig moet wees vir die uitreik van die sertifikaat nie.  Dit was wel nodig dat die hele "rig" by die stasie moet wees vir inspeksie. 

Onthou, dit is 'n Polisieklaring nie 'n padvaardigheidsertifikaat nie.  Ek kan nie onthou of ek ooit daarna gevra is nie, maar ek het dit maar vir die wis en die onwis gekry net om vir my baie moontlike probleme te spaar (dit is nogal ver van Kasane af huis toe net vir 'n polisieklaring Smile).

O ja, dit is makliker en die prosedures van deur die grens gaan word bespoedig as jy alreeds derdepartyversekering uitgeneem het voor jy by die grens kom.  Dit is beskikbaar by die AA.

 

GENIET!!!

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Hi Dawid

Baie dankie, ek het heelwat inligting op ander forums gekry. Ek sal verseker die AA in Pretoria besoek. Die plaaslike polisiekantoor het my ook na Watloo in Silverton verwys en het ek weer probeer om 'n afspraak te maak maar ek kon nie, so ek sal maar een oggend vroeg deurskiet.

Die wit en rooi reflekter bande wat voor en agter die voertuig moet opkom kon ek net in meter lengtes koop. Niemand egter tot dusver kon 'n aanduiding gee oor die lengte daarvan nie, met ander woorde of daar 2 kortes en of dit die hele lengte moet wees. Wat het jy gedoen?

'n Ander vraag, kan ons vleis deurneem? Ons volg vorige raad en gaan halfpad by Antelope park oorslaap.

Groete

Geo

mier
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.

Hello Geo

Die reflektor bande is so 20cm lang stukke op die hoeke van die buffers, wit voor en rooi agter Kontak my dan stuur ek vir jou Dick Pitman van ZIM4x4 se April nuusbrief aan, daar is duidelike fotos in van hoe dit moet lyk.

 

Cheetas, kan jy my 'n idee gee wat julle reistyd was van Chizarira na Tashinga in Matusadona en dan weer van Tashinga tot by kariba as jy sleep? Ek weet die pad is sleg maar om te sleep was glad nie in my oorspronklike beplanning nie

 

Groete

Mier

 

David Kruger
Nuweling
Aangesluit: 21/04/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Parys

Ek het so 10cm stroke geplak op die hoeke (wit voor en rooi agter).  As jy 'n trailer sleep, moet jy nog 'n rooi T regs agter op jou wa ook hê.  'n Mens kry ook 'n wit T te koop, maar dit lyk vir my asof Zim nie eers weet waar jy dit moet ophê nie.  Toe ek die grens oukies vra waar ek dit moet opsit wou hy eers weet of het die AA dit vir my gegee en toe is sy antwoord (In soveel woorde) "where-ever you like sir!"  (onthou dis net vir sleepdoeleindes).  Ons het nie die rooi weerkaatsers op die waens ook geplak nie, dis skynbaar nie nodig nie.

Vleis kan gery word van suid na noord en oos na wes.  (As ek van vleis praat, is dit ALLE vleis, selfs spek en vakuum vleis, behalwe gaar vleis en dis nou deur Botswana.)  Jy kan dit ook ry oor die grens van Botswana na Zim toe, maar kan dit nie terugbring uit Zim uit in Botswana in nie.  Ook nie OOP vars melk, kaas, botter en yoghurt (suiwel) nie.  Langlewe boksmelk wat nog toe is is orraait.

David

 

Cheetahs
Ou hand
Aangesluit: 07/02/2010
Inskrywings: 200
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Echo 1 met 'n 2004 Toyota Hilux 2.7i

Mier,

Ons het op daardie stadium glad nie gesleep nie, so dis moeilik om vir jou tyd te gee.  Ek sal moet raai as ek sê ongeveer ses tot sewe ure, maar ek kan nie werklik presiese tye onthou nie. 

Ek raak egter bekommerd as jy sê jy gaan sleep.  Ek weet nie hoe die pad nou lyk nie, maar dit was destyds (2007) baie sleg, veral die stuk in Matusadona is ERG gewees. 


It's mush in the bush!

mier
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.

Dankie Cheetahs, ek glo nie die pad het enigsins verbeter nie, het gereken op 9 ure van Tashinga tot Kariba sonder sleep waarvan 3-4 ure vanaf kampplek tot Matusadona afdraai is. Ons is gewoond aan erg slegte paaie maar dit is 'n risiko; ek sal nog verder rondvra.

Groete

Mier

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Geo,

lees ons kommentaar hierbo van 10/11/2010

Ons is deur Botswana na Zimbabwe en terug by Beitbrug deur met net ons oorspronklike of Polisie geverifieerde Registrasie sertifikate, ons was 5 voertuie en niemand weet van die vrywaring nie.

Wat die reflektors betref, dit MOET plakkers (tape) wees en moet jy 2 wit voor en 2 rooi agter op jou voertuig plak en hulle moet 60mm x 60 mm wees, hulle het ons gestop en dit nagegaan en ons sin was reg volgens hulle

Hou net by die spoed grens,hulle is baie streng en jy moet net daar betaal as hulle jou vang, hulle het radar

Ja, Mana is baie mooi maar baie basies en dit maak dit so lekker, wees maar heeltemal self versorgend en moenie jou karavaan soontoe sleep nie, hy gaan nie terug kom nie, daai eerste 30 Km is baieeeee sinkplaat

geo
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bronkhorstspruit
Ek sleep 'n Explorer met 'n Fortuner

Ben dag,baie dankie, ook ander advies ontvang.  Ons sleep Explorers en was al daarmee in Savuti, moremi, Nambwa, Mabua en met lg.na Kang en verskeie sand,modder bv. Khutse klippe etc gedoen. ons het vertroue om Manna met ons ervaring,kruipspoed en genade te hanteer.Met n besoek aan VIC-FALLS het niemand iets gesoek nie.Van ander gehoor van probleme. Ek het goeie advies van Mier prigrvaat ontvang en van ander dat die polisie-uitklaring wel verlang was,glo oor baie voertuig diefstalle.  groete Geo

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

geo wrote:

Hallo almal,    i/s  voertuigpolisievrywaringsvorm vir Zimbabwe

Kan iemand asb help?

In die nuwe Wegry se ene Francois Visagie van Gordonsbaai dat as mens in Zimbabwe wil vakansie hou, jy 'n Polisie-vrywaringsvorm nodig het  welke dokument mens by die Munisipaliteit verkry.

 

Ons Munisipaliteit hier het glad nie sulke vorms nie en volgens hulle is dit nie nodig nie.  In 2002 was dit ook nie nodig nie. 

Die persoon by Watloo voertuigsentrum se ek moet die voertuig en die Explorer tesame met die geregistreerde eienaars (my Familie Trust seker ekself, en my vrou)  moet teenwoordig wees vir 'n ondersoek.  Dus moet ek al die pad van Bronkhorstspruit met die voertuig en karavaan na Watloo in Silverton ry.  En as ek gehelp kan word sal die vorm voltooi word, maar as hulle te besig is sal ek moet terugkeer.

Van julle wat al Manna Pools besoek het, wat het julle gedoen?

 

 

Hi almal

Jammer as ek nou party dinge herhaal. Nou nie die hele draad gevolg nie Soos julle al gesien het ek travel baie en doen so 4 keer n jaar Beitbrug in Zim in.

Die sertifikaat wa na die ou verwys is defnitief n Polisie Klarings setifikaat( Bewys dat jou voertuig nie gesteel is nie) Die kan jy slegs by die voertuig diefstal eenheid kry. Maar as jy net in Zim in gaan ry dan het jy dit nie nodig nie. Al wa jy hom nodig het as jy uit Zim uitry in Moz in oppad Tete toe. Die rede is hulle het geen komper stelsel nie en die ouens da dringaan op die sertifikaat.. Die volgende plakkers en nood goed is n moet.....dit is nou as jy nie wil probleme he nie.

a)Hou by jou spoed grens veral voor jy dorpe binne gaan

b) 40 x40 mm Wit reflecting tape voor en Rooi agter

c) ZA Plakker

d) Swart agtergrond met wit reflectin T voor

e) Swart agtergrond met Rooi reflectin T agter op jou wa.

f) Jy moet ook die Rooi square blokkies agter op die wa sit

g) Sorg maar dat jy n Refecting Vest ook het. Ek het nou al gekry dat hulle vrae vir die ding( Eindlik Moz Wet)

Grade Driehoeke

i) Moet asb nie stop vir ouens wat jou verduidelik dat da iets fout is met jou wiele of wa of enige iets nie. As jy aftrek is dit nag. ( selfs wa dit besig is as jy uitklim sluit alles in jou kar toe.(Ek is in Desember in Harare so ge Hi-Jack)

Crazy Moet nie n Runner by die Grenspos gebruik nie beplan jou trip so om tyd op die Grens te spandeer. Dit kos jou minder.

Ja jou voertuig lyk amper soos Joseph and His Tecnicolour Dream Coat ma ja dit is makliker en minder probleme

As jy meer raad soek voel vry om my te kontak 

 

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 36 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • PaulS
  • MarkP
  • Christo de Wit
  • wehan
  • Stalkersa
  • Speknek
  • Alias
  • Kampklong
  • SHARK
  • Gert Venter
  • Wingnut
  • Romeo
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.