Botswana

Kobus Jacobs
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 41
Gebruiker van lyn af.

Ons is 'n paar vriende wat graag in die Junie/Julie vakansie Botswana wil besoek. Ek verwys spesifiek na Chobe en Moremi en moontlik die Sentrale Kalahari. Is daar enigeen wat vir my inligting omtrent roetes en kamperrplekke kan verskaf.

Michelle
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 440
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons het so rukkie terug die volgende roete beplan, het net nooit daarby uitgekom nie, planne het deur die mat geval, maar ek hou maar aan die details vas, want ons sal die roete nog een of ander tyd volg:

Pretoria - Martins Drift Grenspos (450km)
Martins Drift Grenspos - Kwa Nokeng Lodge (14km)
Kwa Nokeng Lodge - Khama Rhino Sanctuary (161km)
Khama Rhino Sanctuary - Kubu Island (243km)
Kubu Island - Satatinga (326km) (Satatinga campsite)
Satatinga - Maun (12km)
Maun - Shorobe (47km)
Sharobe - Buffalo Fence (20km)
Buffalo Fence - South Gate (32km)
South Gate - Xahanaxa airstrip (41km)
Xahanaxa airstrip - Xahanaxa camp (4km)
Xahanaxa camp - Savuti (240km) (Savuti camp)
Savuti - Kasane (95km) (Kubu Lodge)
Kasane - Nata (314km) (Nata Lodge - die het intussen afgebrand)
Nata - Tuli block (400km) Limpopo River Lodge
Tuli block - Pretoria (550km)

Jy sal maar op die internet moet soek vir inligting oor die verskillende kampplekke, dit is maar wat ons gedoen het. Onthou dele van die roete benoodig 'n 4x4 veral as jy sleep.
Verder het ek nie veel meer inligting nie. Miskien is daar iemand wat 'n beter roete al self afgele het wat vir jou meer info kan bied. Hoop hierdie help darem so bietjie.

Groetnis
Michelle

Jaco aka Milord
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 248
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2012 Ford Ranger 3.2 A/T 4x2

Kobus,

Miskien moet jy net eers kyk of daar plek is, ons het probeer plek bespreek en Chobe en Moremi was vol bespreek [vir kamp]

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Kobus

Ek is besig om n roete vir een van die lede n roete uit te werk. As jy vir my kan se hoeveel dae jy wil toer en wat jy graag wil doen en sien dan sal ek kan help.

Het jy n 4x4?

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Sorry ek sien nou eers......Julle was seker intussen tweekeer in Botswana

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Tando

Doen jou beplanning mbv Internet - kry basiese plan/roete reg en plaas dan op forum - dan kan ouens vir jou raad gee.

Johan.
Nuweling
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek is ‘n intekenaar op die Wegsleep tydskrif reeds vir ‘n aantal jare en kamp graag in die Kruger wildtuin. Nou wil ons vir die eerste keer Botswana en die Caprivi aandurf met die hoofdoel om voëls te besigtig. Ons beplan om in April die volgende plekke te besoek: Nata, Kasane, Katima Mulilo en die Divundu/Shakawe area.

My probleem is dat ek ‘n Palma sleep en dus nie by parke kan oorstaan waar die toegang deur sand of grondpad is nie. Ek is op soek na karavaan parke naby die genoemde dorpe/areas waar die toegang vanaf die teerpad is.
Dankie by voorbaat.
heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Johan

Ek gaan Caprivi besoek in Augustus die jaar.  Ek sal vir jou kan terugvoering gee oor die parke in die Divundu omgewing.  Ons gaan die Noorde van Namibie (Damaraland, Koakoland, Etosha) , Caprivi en Botswana toer vir 4 weke.

Ons gaan vir `n paar aande by Nunda River Lodge kamp bly.

Heinrich

 

 

 

Johan.
Nuweling
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dankie Heinrich - dit sal gaaf wees. Vier weke in die area klink na 'n baie lekker tog - geniet dit.

Ek stel ook belang in Nunda en wil graag weet hoe die toegangspad soontoe lyk. Ek het in 'n ePos verneem dat die toegang na Drotsky's Cabins blykbaar deur dik sand is en dat ek dit nie met 'n langerige en lae karavaan moet aandurf nie. Dit is nogal jammer want ek sou hulle graag wil besoek om na die Visuile daar te gaan soek.

 

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Johan

Ek het op T4A kaart gekyk en die pad na Drotsky's Cabins is 4x4.  Ek was geluk genoeg om twee jaar terug die Olifant backpackers roete in die KNP te stap. Ons het op die tweede dag `n visuil op `n tak lang die Olifantsrivier gesien. Grootste gelukskoot!

Groete

 

 

 

 

 

 

Jankies
Nuweling
Aangesluit: 09/06/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl

Hallo Hein

Ek sal ook graag wil verneem na jou roete en kamp plekke vir Augustus , ons beplan om volgende jaar Junie/Julie van die Kaap via Botswana en Caprivi en noord Namibie en Koakoland en Etosha te reis .

Het verlede Augustus die teerpad vanaf Paarl na Caprivi (Katima Mulilo)gedoen per motor , ons het by lodges langs die pad oorgebly - Rundu (Tambotie  lodge) en Katima by die (Caprivi river lodge) reg langs die Zambezi rivier. Ons het met die gaan slag vir 2 aande net buite Etosha by Eldorado gekamp , Adri is die eienaar , die plek is baie netjies so 10km van Anderson hek.

 

Groete

 

 

 

 

Johan.
Nuweling
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dankie Heinrich - die T4A website het my baie gehelp.

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Jankies

Ek sal my reisplan plaas sodra ek al my beplanning klaar het.

Basies gaan ons vanaf Jhb (Skilpadsnek) via Botswana (Buiteposgrens) ry tot Gobabis die eerste dag. Dan Swakopmund (2 dae).  Dan Damaraland toer. (4 dae)

Etosha het ons na `n groot gesukkel plek gekry vir `n week. Van Etosha toer ons Noord -Koakoland en dan die Caprivi vir 4 dae.

Ons gaan dan die Mohembo grens gebruik om terug in Botswana te kom. Toer dan Botswana vir `n week  (Tsodile Hills, Drotsky's Caves) tot terug in JHB.

Ek het net in Etosha & Caprivi plek bespreek - Ek verkies om te ry tot waar ek kom en as ek lekker kamp bly ek  vir twee aande!  Dit is vir my lekker om "los" te wees van besprekings.  Soos ek myself ken gaan ek van my plan afwyk behalwe Etosha is vas.

Ek is opgewonde om die toer aantepak met die Prado wat 150 liter diesel vat!

Groete

Hein

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kalaharikind
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 639
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone

Hallo Johan

Jy gaan baie moeilik kampplek in BW kry waar jy nie nie met sand gaan sukkel nie. 

Ek moet heel eerste se dat ek nie by een van hierdie plekke gekamp het nie, maar in chalets gebly het. Ek het wel in die kamppleke rondgeloop en rondgekyk, maar kan bv nie help met of daar wel warm water ens is, of nie. In elk geval, kontak hierdie plekke:

Nata: natalodge.com

Kasane: chobesafarilodge.com

Shakawe: Drotsky's cabins: drotskycabins.com

My gunsteling: praat met die eienaars oor toegang: as ek met 'n babaklainkarretjie dit tot daar kon maak, is dit seker nie te moeilik nie, en die kampplek is die koelste en groenste wat jy ooit in BW sal kry.

Sepupa swamp stop: res@swampstop.com

Baie overlanders stop hier, so as saans jy rus en vrede wil he, probeer die ander twee plekke. Die ablusieblokke is groot en netjies.

Shakawe fishing lodge: t.wild@info.bw

Ek het my kuier daar nie geniet nie: ek is deur 'n Suid-Afrikaner uitgeneem, wat die rivier & lope nie goed geken het nie en met spoed probeer opmaak het vir kennis. Vra orals, maak nie saak waar nie, vir 'n local om jou uit te vat. As jy per boot wil gaan voelskyk, veral in Shakawe, stel ek voor dat jy eers uitvind hoeveel boothuur & brandstof jou per dag gaan kos, en dat jy dan eers besluit op 'n kampplek. Veral in Shakawe is dit duur, omdat alles vanaf Maun vervoer word, maar daar is nog steeds reuse-verskille wat pryse tussen die kampe aanbetref.

En as jy begroting dit toelaat, bly 'n aand oor in Xaro: dit word besit & bestuur deur Drotsky's Cabins. Jy word per boot soontoe geneem, en die voellewe daar is ongelooflik. Jy moet ongelukkig in 'n tent bly - maar jy word absoluut op die hande gedra.

 

 

Johan.
Nuweling
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dankie vir jou terugvoer Kalaharikind.

Ek het al 'n paar plekke gekontak maar van hulle neem egter hul tyd om ePosse te antwoord!

In die verlede het ek al met raserige overlanders in Kruger te doen gekry en verkies om hulle te vermy - sal dus vir Sepupa vermy dankie.

Dit is jammer as 'n mens 'n klomp geld vir 'n diens betaal, met groot verwagtinge daar opdaag net om ontnugter te word. Ek het opgelees oor die boot ritte en dat dit 'n wenner is m.b.t. voëlkyk langs die oewers. Die gids kan vir my part sommer roeispane gebruik, hoe stadiger hoe beter; ek wil immers nog foto's tydens die rit neem.

Baie dankie vir jou detail inligting  - ek gaan dit beslis opvolg. Dit wil my voorkom asof Xaro 'n idilliese plek is wat 'n mens nie behoort te mis nie.

Huisvrou
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Crecy, Springbokvlakte, Limpopo
Ek sleep 'n 1974- Gypsey / Challenger met tente... met 'n Toyota Fortuner

 Ook vir ons gaan Botswana (al is dit net vir 'n deurrit) 'n eerste wees!

 

Hallo almal

Ons is genooi na Kakamas en terwyl ons nou na daardie geweste gaan, het ons besluit om ook te gaan loer na Kgalagadi (SA-gedeelte) en Augrabies. Maar ons is Bosvelders wat nou die sandveld gaan besoek en vir die eerste keer ons vlerke buite die landsgrense wil sprei.

Ons het GEEN idee van alles wat ons moet hê, moet weet ensovoorts nie. Ons sleep 'n gewone Challenger waentjie met 'n gewone Fortuner (menende nie 4x4 nie) en gaan met tente kamp. Die gedagte is om by Tsabong oor te slaap (ek het reeds 'n kampplek daar gekry) dan dan met die nuwe "highway" tot by Bokspits te ry, 4 nagte in Kgalagadi, 3 nagte by Kakamas (waar ons na genooi is) en dan weer die roete terug (boere gun hulself nie lang vakansies nie - plase het die manier om te verdwyn as jy nie gereeld daar is nie).

Ek wil graag weet: mag ek vleis oor die grens vat (en weer oor die grens)? Watter papierwerk moet in plek wees? Plakkers op die voertuig en sleepwa? Ag, al die goedjies wat op die afmerklys moet kom, asseblief.

Groetnis

 

 Marelize @ Huisvrou

www.huisvrou.blogspot.com

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Hallo Huisvrou

Jong ja waar begin mens.

Wat papier werk aanbetref moet jy die volgende he,

a) Oorspronklike Motor Registrasie paier of gewaarmerkte afskrif. As die voertuig onder Huurkoop is moet jy n brief van die Bank he wat vir julle toesteming gee om die voertuig oor die grens te vat (Onthou dit geld ook vir n Karavaan of sleepwa)

b) n Brief van jou assuransie maatskapy wat bevestig dat jy verseker is in die lande wat jy gaan toer.

c) Hou in gedagte dat jy op die Grens pos ook gaan betaal vir dinge soos Carbon Tax, Assuransie en in somige gevalle Road Tax ook. So sorg dat julle genoeg kontant by jou het.

Wat Plakkers aan betref is hulle so vol draad werk as die ander lande nie. Maar het al ondervind dat as jy af getrek word en hulle niks fout vind nie dan begin hulle daar na kyk.

So as julle nie omgee nie sit op wat n ou in die ander lande nodig het. Ek dink hoeka dit is hoekom hulle vir dit vrae. Hulle sien die voertuie met al die plakkers en as jy dit nie op het nie probeer hulle jou daarmee vang. So twee wit en Twee rooi reflecting tape plakkers  voor en agter N wit Refecting T voor op swart agtergrond en n Rooi T agter op die sleep voertuig. Dit is nou as julle gaan sleep.

Wat die vleis aan betref is daar n groot grys area. As jy die papier werk lees wat jy by die bek en klou seer punte kry mag jy vleis van Suid na Noord vat, maar nie van noord na suid nie. Maar ons het al gekry dat hulle dit vat. So ja die beste is om nie teveel te vat as jy vat nie, ingeval jy dit verloor. Ons bere al on gevrieste groente sakkies en sit ons vleis daar in en jy kom 90% van die tyd weg daarmee. JY moet dit natuurlik weer seel. Dan gooi ek somer n pakkie bacon bo op so as hulle kla dan gee ek die bacon en gaan voort. Die beste is as n ou twee yskaste het. Dan maak jy ook een vol koeldrank en die ander een jou vleis. Jy doen die selfde da sit so R10.00 se biltong of droe wors of bacon saam die koeldrank en jy wys hulle net daai yskas. Onthou jy mag ook nie regtig suiwel produkte in vat nie soos botter, kaas . yougurten melk nie.

Hou ook asb by die spoed grens as hulle jou vang moet jy kontant betaal dadelik. Dring aan op n kwitansie of onderhandel baie minder vir geen kwitansie nie.

Probeer vermy om in die aande te ry.

Ek hoop dit help

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Huisvrou
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Crecy, Springbokvlakte, Limpopo
Ek sleep 'n 1974- Gypsey / Challenger met tente... met 'n Toyota Fortuner

 Thinus, 

Baie dankie.

Wanneer jy sê dat ek by die grenspos betaal vir al hierdie "Taxes" moet ek in Pula betaal, of is Rande aanvaarbaar?

Groetnis

Marelize

 Marelize @ Huisvrou

www.huisvrou.blogspot.com

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Hi Pulas en rande word ge aanvaar maar hou ingedagte dat jy dan op hulle wisselkoers gaan betaal....wat nie noodwendig die bank sin is nie

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Ons het sopas teruggekeer van twee weke in Botswana. Wat Thinus hier bo sê is waar. Die bek en klou beheerpunte is baie erg, Noord en Suid.

Hulle vat voor die voet as hulle dit kry. Gelukkig is die winkels in Maun, Kasane, Katima, Francistown en selfs die kleiner plekke, baie goed toegerus en daar is baie voorraad.

Drank is baie duur daar, ek het my bier in Botswana aangevul ( St Louis is baie lekker) en toevallig na hulle Rum en Brandewyn gekyk, Rum gaan vir 191.00 Pula en Klippies gaan vir 160 Pula!

Hulle vat kredietkaarte, maar daar is soms nie seine vir die terminale nie. Grensposte vat die geld eenheid van die land wat jy gan besoek, Namibie het darem ons Pula gevat.

Lekker toer!

Hans.

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 37 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • wehan
  • MarkP
  • Stalkersa
  • Speknek
  • Alias
  • Kampklong
  • SHARK
  • Gert Venter
  • Wingnut
  • Romeo
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.