R26 Roete Bethlehem tot Rouxville

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

More almal - wie kan help met padtoestande, oornagplek(kampplek) met spesiale verwysing na die area Hobhouse tot  Van Stadensrus

MariusRix
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: LADYBRAND
Ek sleep 'n 2006 PENTA met 'n HYUNDAI SANTA FE 2.2 CRDi

Hi Skallie!

My voorstel is dat julle op Ladybrand - waar ek woonagtig is - oornag by Leliehoek.    Hul nommer is 051-9240260 of 082-3865552.    Daar is beswaarlik huise op Hobhouse en nog minder op Van Stadensrus, wat nog te praat van oornag!   Verder is daar ook niks tussen die twee gehuggies nie, behalwe natuurlik die slaggate in die pad.   Waarheen is die reis?

Liewer 'n vol glas as 'n halwe!

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

More Marius - Dankie vir jou inligting. Ons is op pad Kaap toe via Oos-Londen en sal die eerste aand by Golden Gate slaap. Die volgende aand na L/Brand dan by Valschfontein anderkant Jamestown.

'n Mens dink dat ontwikkeling oral plaasvind maar dit is nie altyd so nie. In die jare vroeg '50 het my suster op Wepener gebly en het ons  in die omgewing lekker gehengel. Ek het so gehoop dat een van die vele damme darem 'n parkie of veilige slaapplek sal he maar nouja dit lyk nie so nie.

Ek lei van jou opmerking af dat die paaie maar swak is. Dink jy dis die moeite werd om dan met die R26 af te ry, of moet 'n man maar liewer wegswaai Bloem toe? Hoe lyk die N8 daar deur die "gebied"

Aangesien ek nie bespreek nie aanvaar ek dat daar plek sal wees. Het hulle kragpunte? Het jy nader aanwysings om daar te kom asb?

Groete

Anton Styger
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/03/2011
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersdorp Oos Kaap
Ek sleep 'n 1996 Jurgens Palma met 'n 2005 Isuzu KB 300 LX D/K

Skallie,

Ek sal jou nie aanraai om daardie paaie te probeer nie, 'n Mens kan nie karavaan sleep op daardie paaie nie. Gaan eerder van Golde Gate af, Bethlehem toe en dan N1 toe. As jy tussen Golde Gate en Jamestown wil oornag, Reyneke Park in Bloem is 'n goeie roep. Van Bloem af, met die N6 Oos Londen toe. 

Groete

Anton

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

 Anton - Baie dankie vir jou terugvoering. Ek slaap vannag hier in Little Rock by Ladybrand en almal raai my af om die pad te ry. Toevallig nou net het 'n SAPD offisier hier langs ons stil gehou en ook hy reken die beste is maar Bloem langs.

 Moreaand sal ons maar langs die dam by Gariep gaan oornag.

Kampgroete

Schalk en Petro

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

 Dankie vir die terug voer en moet een of ander tyd n voertuig gaan haal in uiondale en wil van daar PE toe en daarvan daan bethlehem toe sal maar dan liewers opd ie N1 bly as om burgers dorp hobhouse ladybrand terug te ry. 

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 35 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kampklong
  • Alias
  • SHARK
  • Gert Venter
  • MarkP
  • Wingnut
  • Romeo
  • wehan
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper
  • Speknek
  • Benzan
  • Perdeby
  • PaulS

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.