Lumana Oord Bothaville

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Hallo Almal,

Ons was die naweek weer by Lumana Oord naby Bothaville. Het goed gedink om so paar foto's te neem vir die wat belangstel. Die visvang was maar swak aangesien, twee groepe besluit het om voerplek te maak en ons ouens tussen in het toe niks gevang nie. Behalwe vir dit het ons weerens baie lekker gekamp. Die ablusies was skoon en het genoeg warm water gehad. Daar is 'n parkie met 'n trampolien vir die kinders. Die swembad is net bietjie vêr van die staan plekke af en jy moet maar soontoe ry afhangende waar jy staan. Ons het by B8 gestaan.

 

 

 

 

'Because outside is the new inside'

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5704
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Baie dankie Annalie.

Is die oord op die Vaalrivier geleë?

Kontak besonderhede

Kontak persoon Willem Swanepoel
   
Internasionale kontaknommers
Telefoon nommer +27 (0)18 581-9725
Faks nommer +27 (0)18 581-9835
Selfoon nommer +27 (0)83 253-0222
   
E-pos adres epos swanie@lantic.net
Taal Afrikaans
Aanwysings na kampplek Vanaf Bothaville 26 km op Leeudoringstadpad, ry oor die rivier en draai met Klipspruitpad links. Ry sowat 1 km en Lumanaoord sit op linkerkant. Vanaf Leeudoringstad ry na Bothaville vir 27 km, draai regs met Klipspruitpad en ry 1 km en Lumanaoord sit op linkerkant.
 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Annalie, dankie vir die fotos, Probeer by ondewr die 100kb per foto bly, hy laai bietjie stadig af op sommige rekenaars. Gooi bietjie pryse ook by!!!

Wat  het julle vriende toe gerapporteer oor Klerksdorp dam? Ek is baie nuuskierig.

Altyd egte kampgroete.

Frans

NS: Ek het gevind dat jou beste vangs by so 'n oord,  waar baie ouens hengel, eers by Maandag en Dinsdag begin!!

 

 

 

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Dankie Oom Frans, ek sal die groottes van die foto's volgende keer in ag neem. My vriende het dit vreeslik geniet by Klerksdorp dam. Die watervlak het baie gedaal en hulle het nie vis gevang nie. Die supertube is net oor naweke oop.

Willie, Ja die oord is reg op die Vaalrivier gelee. Die koste beloop R180 per aand vir 4 persone. Kontak Lalie by die oord op Cell: 0834095246

'Because outside is the new inside'

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Annalie, ja, so ken ek daardie dam, een dag vol en ander dag half leeg, maar nou moet ek darem vir jou sê, hierdie outjie het so in 1963 daar, maar aan die oorkant van die dam waar die oord vandag is, 'n babertjie gehaak wat so om en by 90 pond, ofte wel 40kg geweeg het, Vir 'n 15 jarige laaitie op 'n trapfiets was dit 'n helse gespook om daai ding by die huis te kry,  seker so 12 km of meer, en een mo**sre pakslae moes eers ontvang word  voordat erkenninf vir die dag se vangs gegee was. Het ook my grootste karp opgelewer van 42 pond (19kg) so 'n paar maande later, dit was vanaf die grondwal, naby die sluis. My ouboet was destyds deeltydse fotograaf/verteenwoordiger/beriggewer van ons plaslike koerant, hedendaags Kl;erksdorp Record, daadir tyd beken as die Goue Weste of  iets, en, natuurlik was ek in albei gevalle voorbladnuus!!!!

\ek het in 1966/7 gesien wat se monsters daar was toe die dam heeltemaal opgedroog het. As jy dit nie beleef het nie, sal jy nie kon glo nie. Dit was erge knou, en van daardie jare4 af was dit aan en af, en het grootliks maar te doen gehad met 'n daw hoër op wat al die water begin terughou ook, en die visbevolking ook beinvloed het. Goeie ou jare gewees. Ons jongmens jare, ag, hoe kry ek nou heimweë, al my neefs en stiefbroer wat hengelmaats was, reeds hierdie aardse lewe verlaat. . . . .

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1878
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Ek sien die drukpot het nie 'n prop nie. Toilet geen sit of deksel.

 

HPJV RENSBURG

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 34 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Alias
  • Kampklong
  • SHARK
  • Gert Venter
  • MarkP
  • Wingnut
  • Romeo
  • wehan
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper
  • Speknek
  • Benzan
  • Perdeby
  • PaulS

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.