Woodbourne Holiday Resort. Knysna.
Nuwe forum onderwerpe
Arme "BOATS" .... hoe moet hy nou voel ? ?
HAH! Hy sal maar in die afsysoen moet gaan, want dan word hulle toegelaat. Sorry Boats.


Lyk na 'n heel netjiese en rustige plek. So bietjie naby aan die pad, maar die spoedgrens is daar 40 of 60 as ek reg onthou.
Die heads is nie te ver nie. Loop maklik met die visstok soontoe.
Sal weer volledig terug rapporteer as ons terug is.
Ons het laas Desember vir 'n week daar gestaan ... sal nou nie liries raak oor die plek nie, maar die geriewe was altyd skoon (hulle kom self hier by middernag in om die badkamers te mop!) en die plek self was rustig - ons het regtig net ge-"chill" en as basis gebruik om die omgewing te verken. Dit was ook goed beskut teen die wind ... swembad was skoon (ons het egter nie geswem nie) en die terrein ook netjies in stand gehou.
Ons het redelik naby aan die pad gekamp, en die verkeer het darem nie te erg gepla nie ... en 'n paar glasies voggies soos net die Kaap dit kan maak saam met die braai maak ook dat niks gehoor word nie 
Dankie Oupoot. Waardeer jou terugvoer.
Ek sien hierdie draad is onder die verkeerde provinsie. Die Oos Kaap begin eers anderkant Stormsrivier.
Hy hoort by die Wes Kaap.
Wil een van julle ouens by WegSleep se admin hom nie seblief soontoe verskuif nie?
Dankie, man.
Edit jou eerste inskrywing en verander hom self.
Te veel moeite, WilSur. Ek weet ook nie mooi hoe nie.
Hierdie draad moet eintlik in sy geheel aan die ander ene gelas word sodat die inligting bymekaar is.
Wi jy dit nie maar gou vir my doen nie?
Kan nie Jou draad "edit" nie.
Verander nou net die Forum:* se inligting.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Alias
- Kampklong
- SHARK
- Gert Venter
- MarkP
- Wingnut
- Romeo
- wehan
- Len Loader
- HugoWessels
- John Cooper
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- PaulS



.jpg)



Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Ek doen gister 'n bespreking by hierdie plek vir Desember.
Toe ek 'n e pos van hulle terug ontvang is die volgende in " bold" deel van die besprekingsbevestiging...
Please note no animals or boats allowed.
Ek dink ek kan met gemoedsrus soontoe gaan.
Rondawel Gasteplaas. Karoo.