Paaie in Oos Kaap
Nuwe forum onderwerpe
Kan iemand dalk help met die toestand van paaie in die Oos Kaap en Kwazulu Natal: Van Aliwal Noord oor Barkly Oos, Elliot, Maclear, Kokstad en darvandaan na Natal Royal National Park. Verder: Oornagplek by Maclear of Matatiele. Ons is van plan om van Burgersdorp met die karavaan te gaan toer; onder om Lesotho en bo-om terug. Bo-om weet ek is die paaie in geen toestand om met 'n karavaan aan te durf nie, en ons sal van Fouriesburg af; dit is die laaste plek op die toerplan, oor Bethlehem en Bloemfontein terugkom.
Super sleper
Baie dankie vir die raad,veral oor die skaap,want ek sleep 'n Palma, wat self nie die ligste karavaan op die mark is nie.
Anton
Ek het die paaie nie lank terug gery nie en het dit heel bevredigend gevind. Ongelukkig was dit nie met vakansie nie.
Ek dink persoonlik dat jy geen probleme met die sleep van jou karavaan sal he nie.
Groete en geniet die rit![]()
Baie dankie Bosgees. Deesdae weet 'n mens waar jy wil heengaan, maar weet nie hoe om daar te kom nie!
Groetnis
Anton.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kampklong
- SHARK
- MarkP
- Wingnut
- Romeo
- Alias
- wehan
- Gert Venter
- Len Loader
- HugoWessels
- John Cooper
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- PaulS





Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat
Anton
Ek kan ongelukkig net kommentaar lewer oor die padtoestand op die N2 tussen Mthatha en Port Shepstone, oor Kokstad. Ek het hierdie gedeelte in September 2010 met my Exclusive gery en die padtoestand uitstekend gevind. Dis pragtige wêreld met baie kronkel paaie tussen berge. Maak voorsiening vir lang, stadige ritte agter vragmotors, veral tussen Kokstad en Port Shepstone. Wees uiters versigtig vir padgebruikers wat hulle geensins steur aan verkeersreëls nie en pasop vir rondloper diere. (Ek het 'n volgroeide skaap vol van vooraf teen 110 kpu getref naby die gedeelte waar julle gaan inkom op die N2.)
Hoop die bietjie inligting help darem.
Len