oorslaap plek oppad oos kaap toe

acker
Groentjie
Aangesluit: 30/03/2010
Inskrywings: 20
Gebruiker van lyn af.
Plek: KRUGERSDORP

Mede lesers,ek is opsoek na oorslaap plek met my wa halfpad tussen jhb en kenton on sea, kan iemand dalk help?

JurieV
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 23/06/2010
Inskrywings: 104
Gebruiker van lyn af.
Plek: Birchleigh; Kempton Park
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Mazda BT-50 3.0 CRDI Double Cab SLE

 Hi

Ons het verlede jaar oornag by Van Zyls vlei 6 km buite Colesberg.

Hier is hulle website:  http://www.vanzylsvlei.co.za/

Hulle het 'n oulike eetsaal wat baie redelik is.  Ons het verlede Desember so R160 betaal.  Jy kan my PM as jy fotos soek

 

 

Jurie

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 895
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Ons was paasnaweek met die nasionale saamtrek by Gariepdam. Lekker gekuier en baie skoon geriewe 

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Acker,

Jy kan gerus gaan kyk na Redefin in Steynsburg. 'n Redelik onbekende maar super woonwaparkie in die dorp.

Kyk na:

http://tracks4africa.co.za/listings/item/w209207/

Groetnis

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Acker

Ek neem aan jy is oppad na Kenton on sea naby Boknesstrand?

Gariep is werklik aan te bevele veral as jy die groot vakansie gedrang kan vryspring. Daar moet jy beslis bespreek, veral binne skoolvakansie. Ek het ondervind dat die manne so breed kamp met bote, jetskis ens dat jy nie "oop" staanplekke kan vind nie. Laas Desember het die ouens maar op die plaveisel voor ablusieblokke gestaan vir die oorslaap.

Ry liewer steeds oor damwal, oor Steynsburg, Hofmeyer na Cradock en slaap in Nasionale bergkwaggawildtuin. Mens kan selde verkeerd gaan met nasionale park se fasiliteite. Maak sommer lekker uitgererkte vakansie en slaap sommer by Addo ook oor.

Lekker ry

Wessel Strydom

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Wessel JS wrote:

Ry liewer steeds oor damwal, oor Steynsburg, Hofmeyer na Cradock en slaap in Nasionale bergkwaggawildtuin. Mens kan selde verkeerd gaan met nasionale park se fasiliteite. Maak sommer lekker uitgererkte vakansie en slaap sommer by Addo ook oor.

Ry maar liewer verby!  Die pad tussen die damwal en Steynsburg is gesluit nou al vir 'n lang tyd en is onbegaanbaar net met 'n motor, wat staan nog met karavaan!

Ek het nou kort oor die wal gery en moes toe maar by die T aansluiting regs draai Colesberg toe en daardie pad is ook maar nie goed nie.

Groete

Piet

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Piet

Dankie vir die info.

Weet jy dalk wat die padtoestand is vir die roete, Gariep-damwal, na Burgersdorp, na Molteno, reguit aan na N6? Dit is my roete Oos Londen toe.

Ek het ookal oor Sterkstroom gery, teen Boesmanshoekpas af. Mens moet nogal jou kombinasie ken om alles daar af in toom te hou.

 

Groete

Wessel Strydom

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1353
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

 Ek het laasweek oor die Gariep-dam, Steynsburg, Hofmeyer, Cradock gery ... die pad is nie wonderlik nie, maar as jy rustig ry sal jy dit met gemak met jou wa kan doen!

Dis in elk geval baie beter as die N1 oor Colesberg!!!

Smile in the faces of your enemies, it just KILLS them!!!

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Jy kan ook by Springfontein wegdraai na Bethulie en van daar af Burgersdorp toe ry. Daar is 'n splinternuwe pad gebou tussen Springfontein en Bethulie en die pad ry soos 'n droom. Ongelukkig weet ek nie wat is die toestand vanf Bethulie tot op Burgersdorp en verder nie. Een van my vriende ry egter gereeld die pad so om na PE met 'n bakkie en 'n sleepwa. Hy het nog nooit gekla oor die toestand van die pad nie.

As jy so ry kan jy dalk probeer om by Cradock (Spa) of daar iewers oor te slaap. Ek weet egter nie wat is die toestand van die oord op hierdie stadium nie en iemand soos Piet of Leon V sal dalk beter kan help in hierdie verband.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Tando

Gariep dam.

Leon V
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Adelaide
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Toyota Hilux SRX

Cradock Spa - hou verby.

Geniet elke kamp asof dit die laaste kamp is.

Garth
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Dunnottar
Ek sleep 'n Sprite Select met 'n KIA Sportage 2,0l

Bethuli pad na Burgersdorp toe is 'n grondpad.

Gariep dam is omtrent 620 km van Jhb af.

Dis nog 'n lang pad van die Gariep dam na Cradock toe.

Wie's aanlyn

Daar is tans 16 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • SHARK
  • Kampklong
  • Wingnut
  • Romeo
  • Alias
  • wehan
  • Gert Venter
  • Len Loader
  • HugoWessels
  • John Cooper
  • Speknek
  • Benzan
  • Perdeby
  • PaulS
  • WilleWillemien
  • JM

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.