Oornag plek op Cradock
Nuwe forum onderwerpe
Ek weet julle Jaansbergers slaap oor op Gariep of Bloemies maar vir die Vrystaters (of Jaansberger wat dalk 3 dae lank Oos Kaap toe wil sleep) kan ek die Cradock Spa aanbeveel.
Ons het op pad terug daar oorgeslaap en die plek was dolleeg, net ons.
Daar was n werker by die hek en ek het nogals nie onrustig gevoel nie.
Die ablusie was verbasend baie skoon vir n munisipale oord en die water vuurwarm.
Ek het n onderdak swembad gesien sowel as n oop swembad en babapoel wat mooi skoon was.
Mooi bome en oorgenoeg gras. Kragpunte het gewerk.
Ek het voorheen by Bergkwagga Nas Park by Cradock oorgestaan en alhoewel die kampterrein nou nie juis iets is om oor huis toe te skryf nie en baie klein is is hulle ablusie altyd mooi skoon gewees. Net jammer vir die ongeveer 20 km grondpad.....
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Wingnut
- Romeo
- Alias
- wehan
- Gert Venter
- Len Loader
- HugoWessels
- SHARK
- John Cooper
- Kampklong
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- PaulS
- WilleWillemien
- JM


