Natures Valley Woonwaparke
Nuwe forum onderwerpe
Dankie RoyV
Ek weet die een wat aan die parkeraad behoort in Natures Valley self is pragtig, maar geen krag. Daar is 'n privaat oord ook in Natures Valley self, maar ek kan nie onthou wat sy naam is nie. Ons wil graag in Natures Valley self gaan kamp. Anders sal Knysna ook 'n opsie wees. Ek kyk na Brenton Lake, maar vrek duur.
Willie
Ons het so 18 maande gelede daar deurgery toe ons in Hartenbos was. Soos jy sê die staanplekke het nie krag nie, maar sovêr ek kan onthou was daar sonkrag vir lig in die badkamers en daar was gas geysers. Die kamplekke is baie beskut en daar is baie bome, elke staanplek is as't' ware in sy eie area in die bos oopgekap. Daar is geen gras op die staanplekkie nie en as dit reën dink ek kan dit dalk nogal baie modderig wees. Die strand is pragtig en loop vir kilometers aaneen. Daar is nie baie staanplekke nie, en te oordeel aan ons gesprekke by Gariep dink ek dit kan heel in julle kraal val.
Ek verstaan die hengel in die area is goed. Buiten vir rondlê en niksdoen, rondry in die Tshitsikama bosse en die omliggende area, hengel en stap is daar verder nie veel meer om te doen nie.
Soos ek sê dit was sowat 18 maande gelede en dinge kon dalk intussen ietwat verander het. Miskien kan J.J. of iemand in die omgewing vir jou meer op-datum inligting gee.
Dankie Machiel.
Die sonder krag is ietwat van 'n probleem aangesien ons beplan om Desember vir ten minste twee weke te gaan kamp.
Ek oorweeg op die oomblik Lake Brenton in Knysna. Ons was lanklaas in daardie area en kan dan die hele omgewing, Natures valley inkluis, onder oge kry.
Hi WW,
Wat van Archrock karavaan park. Dis op die see. Ons het voorlaasjaar die trailer sommer oor die Prins Alfred pas gesleep soontoe.
Dis my gunsteling see kamp vakansie plek, aangesien jy by Plett, Knysna en al daai plekke is.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gert Venter
- SHARK
- John Cooper
- Len Loader
- wehan
- Romeo
- Kampklong
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock



.jpg)

<
.jpg)
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab
Hallo Willie,
Onderstaande is al wat ek kan opspoor, Stormsrivier is en bly hoogaangeskrewe. Verder wes is dan ook Keurboomsrivier en andere in die omgewing van Plet.
http://www.holidayresorts.co.za/277.results.htm?cplctry=5&cplprv=1&cpltour=60
You can't please everyone, so you gotta please yourself