Trans-Magalies Brits
Nuwe forum onderwerpe
Hi ek het net gedink ek sal met julle meedeel wat het met ons gebeur by Trans magalies karevaan park in Brits 25/02/2011. Ons het die naweek daar gaan kamp en 12:30 is ons wakker geskree deur ons buurman se vrou terwyl rowers besig is om haar man aanteval met messe terwyl hy slaap, Gelukkig het hy hulle met i paal geslaan en is nie beseer nie. Wat die hele storie nog erger maak is dat ons 5 gessine die vrydag nag daar gekamp het en 4 van die 5 was beroof (almal behalwe ons, ek het i alarm buite gehad) ons vriende wat langs ons gestaan het se goed is uit hulle tent gesteel en terwyl ons die rowers soek beroof hulle sowaar die mense wat aan die een punt staan. Die ou aan die anderkant van ons het wakker geword tewyl hulle in sy tent besig was. 2 am saterdag oggend toe pak almal op en ry behalwe ons want ons het i hele klomp kinders en die se vriende gehad so ons moes maar die hele aand verder wag staan. Ons het die polisie 11 keer gebel en elke keer se hulle net "hulle is opad" 3:30 am toe daag hulle eers op. (Die eerste oproep na die polisie was 12:30 am) Die 1 enkele ou wag wat daar is het hulle i bietjie later gekry uitgepaas en vas aan die snork. Hulle kon hom nie wakker kry nie. Die ambulans is toe met hom so 4:30 daar weg en vir ons is daar vertel dis miskien i stroke of i vit wat hy gehad het. Ons het met die einaar se vrou via die wag se radio gepraat en gevra dat hulle iemand sal kry om ons te kom help aangesien ons nou alleen daar staan en die rowers hou aan terug kom en al wat ons van haar af gekry het is "wat will julle he moet ek doen" Ek moet darm by se die eienaar van die oord se seun was daar vir i groot gedeelte van die oggend maar dit was nie regtig baie belangrik vir hom om iemand te soek om vir die res van die aand die plek te beveilig nie. Hy het maar so 1 of 2 met sy penlight flits deur gery en verder net rondgehang en al wat hy te se het is "ek hoor jou maar wat kan ek die tyd van die oggend doen". Die sasterdag oggend trek daar noge karevaan in om te kamp en ons vriende sien hoe wys almal hoe lekker stil, rustig en leeg is die oord toe besluit my vriend se vrou om maar net oor te stap om hulle te waarsku wat die vorige nag gebeur het net om te hoor hulle het vir die eienaar se vrou gevra hoe veilig die plek is en daar is aan hulle gese "daars geen probleme" nou dit maak my sommer moerig sy het glo ook vir hulle gese hulle sal sien daar is ander mense (dis nou ons) wat besig is om uit te pak (dis terwyl ons besig was om OP te pak) en toe ry hulle maar ook sommer. Ek moet se die eienaar oom Rassie het die saterdag wel daar opgedaag om te kom hoor of ons ok was en onverskoning gevra vir hom se ek dankie. Dit is regtig so mooi oord en rustig dis tog so jamerte i mens sal nie daar kan oorslaap nie. Dis duidelik dit is maar lewers beter om maar net vir die dag te gaan visvang. Ek het maar net gedink ek sal dit met julle deel as iemand gedink het om oorteslaap wees net baie wakker. P.S verskoon maar asb my spelling ek het nog nooit i A op skool gekry vir spelling. (Hier is i link wat einde verlede jaar by die selfde oord gebeur het)
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Campers-attacked-with-panga-and-p...
Ek stem volkome saam met jou, dit sal gaaf wees as daar van die oorde gepraat word net i klein voet nota of iets sodat almal weet hoe die sekuriteid in die oorde is. Deesdae is dit baie meer belangrik as om te weet hoeveel koelte of warm water daar is. Gelukking was ons almal nie beseer nie maar vir die volgende kampeerders mag hulle nie so gelukkig wees nie. Wat dit seker erger maak is dat van die oorde die gevalle net eenvoudig wil wegsteek en niks doen om die kampeerders te beveilig nie. Ek verstaan wel elke ou het maar sy eie verantwoorlikheid wat veiligheid betref soos jy seker maar by jou huis ook doen maar hoe rus en ontspan jy as jy die hele nag moet wagstaan. Ek wonder of ons nie soos jy se i swartboekie topic kan he wat net oor sekeriteid gaan en dan kan die mense wat onlangs daar was se of daar enige verbeterings gedoen is sodat ons terug kan gaan na die oorde.
Ja ek is ook nou besig om kamp plekke vir ons KSA Magalies streek te soek vir volgende jaar. As die parke nie die kampers se veiligheid kan verseker nie is ek bevrees, hulle gaan n klomp kampers verloor.
Groete
Kobus
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- John Cooper
- Gert Venter
- SHARK
- Len Loader
- wehan
- Romeo
- Kampklong
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock




Dit is nie die eerste en enigste voorval van ernstige aanranding en roof by Trans Magaliespark nie. Onlangs was hierdie Oord in die Beeld nuus toe vroue oorval , aangerand en beroof is.
Maar nou ja, ons geheues is maar kort en ons leer ook nie maklik nie.
Plaas hierdie Oord op jou swartlys en hou maar verby. Totdat sulke plekke ons Kampers van veilige vefrblyf kan verseker., behoort ons hulle te boikot.
Gee jul mening aangaande sekuriteit in vakansie oorde asb.