Shagrila-Inniebos
Nuwe forum onderwerpe
Dit was ons eerste keer by die plek en het dit BAIE geniet.
Kortliks oor die oord.
Op die ander draad onder "Verblyf" is daar ook gepraat oor die plek en soos ek kon aflei was die terrein eers op 'n ander plek. Nou is dit regoor die Elephant Sanctuary net meer as 1km van die Damdoryn kurising af in 'n westelike rigting.
Die oord bied regtig iets vir almal. Staanplek uitleg is uit die boeke wat baie privaat is en spog elk met sy eie kombuis, badkamer selfs 'n baie private buitestort. Daar is 'n lieflike onthaal saal vir troues, verjaardae ens, kapel, swembad, trampolien en selfs 'n sprinkasteel wat die hele naweek gewerk het!!!
Eienaars Sarel en Lynette gaan regtig uit hul pad om te sorg dat almal tevrede is. Die beste van als is die afstand. Hierdie is nou regtig maklik bereikbaar vir 'n gewone naweek sonder om jou baas af te vra.
Sou jy iets by die huis vergeet is die Spar en allerhande winkels net om die draai op die Damdoryn kuising geleë.
Jammer ouens geen fotos om op te laai nie maar daar is fotos op die ander draad soos genoem asook op hulle website.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- SHARK
- Len Loader
- wehan
- Romeo
- John Cooper
- Kampklong
- Gert Venter
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock



.jpg)
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI
Dit was REGTIG lekker daar!!!
Groete
.jpg)
Ken