Marakele
Nuwe forum onderwerpe
Hi,
Ek kan ook rerig die kamp terrein aanbeveel vir natuur liefhebbers.
Ons was ook al twee keer daar oor naweke, maar het gelukkig nie lawaaierige mense gehad nie. Ek dink die meeste mense wat soonte gaan soek stilte en wil rus en ontspan.
Daar is geen swembad nie, dus kinders is soms skaars. Ons het meestal ouer mense en jong getroude paartjies gesien.
Die renosters so tussen die tente en karavane is nogal n ervaring, maar soos gesê, kyk maar uit.
Hierdie tyd van die jaar is n mooi tyd om te gaan. dan is die gras voor die waterpoel nie so lank nie, en kan n mens die diere wat kom drink mooi sien.
Grond was redelik hard, vat maar korterige, dik penne saam met n 4-pond hammer.
Ek sal probeer om n paar fotos op te laai.
Groete
Paul
http://www.wegsleep.co.za/oorde/marakele_nasionale_park_kamp_sonder_staaldraad
Die berig is bietjie oud, maar die foto's gee 'n indruk van die plek.
Ina,
Wanneer gee jy terugvoering oor jou naweek by Marakele erens in Augustus?
Lees juis in vandag se Beeld dat die stropers nou ook `n besoek aan Marakele gebring het. Dit is so tragies. Dit kom vir my voor asof die owerhede ook maar niks doen nie. Dit is net te maklik.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- wehan
- Romeo
- John Cooper
- Kampklong
- SHARK
- Gert Venter
- Len Loader
- Speknek
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock




Beste Ina
Ek was al 2 maal soheentoe. Ek het gevind dat die plek nogal gewild geword het. Ek hoop jy gaan nie oor die 9 Aug langnaweek nie, want dan gaan Marakele beslis vol wees. soos in alee kampe, hoe voller hoe meer lawaaierig.
Indien julle met groot woonwa gaan, probeer sommer in die 1ste of 2 de singel plek kry. Jy kies jou eie plek. Ek het nie daar harde grond gehad nie, maar wat maar mieregif saam. Vanaf die staanplekke het jy uitsig op 'n dammetjie, bietjie weg van staanplekke, maar mens sien diere soheentoe drentel.
Dit is beslis so dat renosters baie lief is vir gras in woonwapark. Nogal vreemd snaaks totdat hulle eet tot teen jou grondseil. Versigtig maar met kleuters.
Lang elektriese koord mag dalk nodig wees, afhangende van jou staanplek tot kragpunt.
Oppas naby begraafplaas is daar 'n hek. Met die omdraaislag het ek oor 'n ingekapte heiningpaaltjie gery en papwiel opgetel. Nie snaaks om wiel in willetuin om te ruil nie, veral as jy weet die hek na leeukant staan oop nie.
Ek sal nie die pad vanaf Brits oor Beestekraal, Assen Thaba toe aanbeveel nie. Baie sleg. Afhangende waar julle woon, ry liewer met die R510 voor Pilansberg verby oor Northam, pad is sonder slaggate.
Geniet
Wessel Strydom
Brits