Manzi Maningi (Brits)
Nuwe forum onderwerpe
Ken,
Gee vir my (stuur) die inligting, ons gaan Saterdag Brits toe, iskien kan ek sommer ook 'n paar fotos neem.
Kyk na hulle webside vir meer inligting
Sal probeer om Saterdag te gaan kyk.
As ek reg verstaan het die plek einde laas jaar oopgemaak.
My seun het die naweek saam met sy meisie se ouers daar gaan kamp. Ons het toe Sondag gaan kyk hoe lyk dit daar. Die plek is op dieselfde pad as Dikololo. Die krag punte is mooi uit gelê en splinternuwe braaiers is uitgepak, maar dit is dit ten opsigte van die staanplekke. Hulle is nie uitgemerk nie jy druk jou wa in waar jy plek kry tussen die bosveldbome en die mense het nogal gesukkel om die karavaan tussen die bome inte kry. Dis bosveld geen gras, geen gelyk staanplek en jy moet oppas vir die takke anders kan jy jou wa krap of beskadig.
Die ablusieblokke ruik nog na sement so nuut is dit. Soos ek verstaan kry elke staan plek sy eie badkamertjie se sleutel. Die badkamertjie maak deel uit van een gebou waarvan jy alleen 'n gedeelte gebruik. Die is baie netjies en jy het 'n keuse van 'n badkamertjie met 'n stort of 'n bad.
Die swembad het orals die "rockfacing" met 'n groot grasdak saal langsaan vir pool en 'n groot DSTV. Hierdie is ook 'n kroeg. Naby die koue swembad en saal word daar 'n onderdak warmswembad gebou. Hier word gewerk en gebou so by so dat die kamp atmosveer verlore raak.
Daar is ook huisies wat jy kan huur met elk sy eie braai area en afgebakende tuintjie. Mens kry die idee dat kampeerders slegs nou toe gelaat word totdat die ontwikkeling klaar is, want daar is nie eintlik ontwikkeling by die staanplekke behalwe vir die kragpunte nie.
Opsomming gewys ideale kampplek vir 4x4 waens en die wat dit baie rof geniet, ablusies is puik met mooi ontspannings area. Tariewe soos ek kon aflei. R250 per nag 4 persone.
Enige foto's ?
Mufasa som die plek baie goed op. Vir 'n rowwe 4x4 tipe ou sal dit dalk lekker wees maar defnitief nie vir 'n woonwa tipe persoon nie. Ek het ongelukkig nie my kamera saam gehad toe ons na die plek gaan kyk het nie. 'n Ander faktor is 'n lang grondpad na die plek wat dit moeilik vir woonwaens gaan maak.
Die plek het beslis potensiaal. Aspekte soos gras, gesnoeide bome, vermaak vir die jongspan ens ens is dinge waarop verbeter kan word.
Die lang grond pad wat julle van praat is dit van Dube of Dikololo se kant af wel ek gaan maar 'n kans waag ek het daar geboek vir paas naweek vir 5 dae en dan gaan ek van daaraf na bush'nbuck toe vir 6 dae.
Net so Karel!!! As jy by Manzi Maningi se hek verby ry is Dikhololo nie ver in die pad af nie. Ek hoop julle geniet dit baie - ek persoonlik sou die plek nog 'n tydjie gegee het om dige mooi te maak voordat ek daar sou kamp.
Geniet!!!
Dankie Leon,
Nou het ek nie nodig om Saterdag daar op die grondpad te gaan kyk waar en nie my karavaan sal wil in sleep nie.
Jammer ouens en sal nie meer gaan foto's neem nie.
Hierdie klink na 'n plek wat mooi dop gehou behoort te word. Ek dink my bos waentjie sal baie gelukkig wees om hier te gaan kuier.
Karel, jy moet sommer vir ons 'n paar fotos neem, en laat weet sommer hoe lyk die sekuriteit.
Hi almal!
Ja sal so maak sal foto's neem en vir julle behoorlike terugvoering gee. Ek hoop maar die weer speel saam daar is niks erger as om in 'n modderige gemors te kamp nie.
Groete
Soos belowe bietjie terug voer oor Manzi Maningi.
Jip en toe staan ons in die modder na 3 dae se reen gelukkig het die solid grondseil ons gered en die ergste modder uit gehou. Die oord het nog 'n ver pad om te stap om dit suksesvol te maak en tog het dit al die potensiaal in die wereld.
Die Bar is mooi maar dit pla my nie. Die badkamers is mooi modern en netjies maar warm water was bietjie aan die probleem kant. Die staan plekke het elk sy eie braai maar asblikke is bietjie van 'n probleem daar was te min.
Die staan plekke is net sand en in my geval modder met baie dorings. Dis net grof geskraap dit het gelyk of hulle net gou probeer plek maak het vir die karavane. Jy kan maar gerus verseker wees dat jy jou karavaan en bakkie gaan krap tussen die doring takke deur tot op jou stand.
Die wild was okay nie so baie gesien nie. Die rus was fantasties as jy van doodse stilte hou. Wat my ook gepla het was ons was vir 3 aande net 3 karavane in die oord. Daar was geen eienaar of sekuriteits wag sigbaar nie en hulle het nie eers die lapa oop gemaak nie dit het gevoel of ons aan ons eie genade oor gelaat is. En dan wat my pla is die eienaar drink op die job voor jou kampers dis 'n groot NEE! My perssonlike opinie wag tot hulle bietjie meer uitbrei en dan gee dit 'n try maar ek sal dit nie aanraai vir vriende nie en ek sal ook nie weer soentoe gaan nie al hoewel ek lekker gerus het.
Hier is 'n paar fotos wat ek die naweek by Manzi Maningi geneem het
Ons staanplek
Koue Swembad
Warm Swembad
Ablusies
Dit is hoe die staanplekke lyk.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- SHARK
- wehan
- John Cooper
- Gert Venter
- Len Loader
- Romeo
- Speknek
- Kampklong
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock



.jpg)





.jpg)

Ek sleep 'n 2003 Jurgens Fleetline ( my droom) met 'n 2000 Mitsubishi Colt 3.0 V6 D/cab 4x4
Hi Vrystater!
Deel met ons die inligting sodra jy meer het ek is so hardop om plek te kry in daai wereld oor paasnaweek maar kom nerens reg nie almal is vol.
My hart is waar my karavaan is!