Maart - April 2012 skool vakansie
Nuwe forum onderwerpe
Ek is nou so ontsteld ek snuif sommer bruinsuiker, ek sit nou juis en werk uit watter staanplekke my gunsteling plekke op Hartenbos is. Ek sit en dagdroom oor hoe ons al begin regmaak vir die skoolvakansie in Maart - April 2012 en toe sien ek dit. Die "ingelse" het waragtig die Desember vakansie verleng, die skool begin eers die 18de Januarie, en hulle het die Maart - April vakansie met n week verkort. Die skool sluit 30 Maart en open weer 10 April in 2012 - alles in gesluit n hele 10 dae lank en dit sluit Paasnaweek in. eers die Wereldbeker, toe die Curriebeker en nou my vakansie, wat kan nog verkeerd gaan.....
ek vermoed die langer Maart vakansie vir die kapenaars is om die vrugteboere en hul werkers te akommodeer aangesien hulle gedurende Desember in volle seisoen is. daai ekstra week in Maart maak 'n groot verskil vir die uitgeputte seisoenwerkers. Dit is jammer die res van die land gaan nou hier te kort skiet.
My inligting is dat die skole op 23 Maart sluit. Maak seker voor jy begin snuif!
kyk na onderstaande berig in die Beeld
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| beeld.png | 114.77 KB |
r2d2,
Weet nie hoekom jy die draad onder "Noordwes" geplaas het nie.
Gaan kyk na die staats web http://www.info.gov.za/aboutsa/school_cal/2012.htm
Ek plaas hiermee die datums soos wat ons in die drukkersbedryf gekry het en gebruik op kalenders vir volgende jaar. Hoop dit kan help.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Ek vermoed die persoon wie se werk dit is om die skoolvakansies uit te werk het 'n foutjie gemaak met die Januarie datums 
Ek het ook die datums soos Frans dit het, ek dink Damduiker gaan nes ek n redelike ontnugtering kry as hy kyk na die binnelandse vakansie datums. Ongelukkig het ek n kind op skool en het reeds by die werk aanspraak gemaak op die Maart - April vakansie vir 2012, sal maar moet vrede maak, en n week of so in Oktober ook moet vat.
Groetnis
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gert Venter
- Len Loader
- Romeo
- SHARK
- Speknek
- John Cooper
- Kampklong
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- wehan
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock








Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K
Moenie worry nie, vir ons Kapenaars is die Desember vakansie 'n week korter en kry ons die ekstra week in Maart-April.Die jaar daarop is dit weer andersom.Dit wil voorkom dat dit elke 2de jaar se storie gaan wees.
Ek hou nogal daarvan,het klaar 'n 2 weke toer in Namibia geboek vir Maart volgende jaar, moes maar tevrede wees met 'n korter vakansie in Hartenbos die Desember.
groete