Lichtenburg Vakansieoord
Nuwe forum onderwerpe
Van die gereelde besoekers aan die forum mag moontlik ‘n inskrywing wat ek Dinsdag, 27 Desember 2011 tov ons ervaring by Lichtenburg Vakansie-oord die vorige week gehad het, onthou.
Hierdie inskrywing is ongelukkig op aandrang van genoemde oord se prokureurs deur WegSleep verwyder.
Ek wil graag op rekord my waardering plaas vir die manier hoe Zigi hierdie saak hanteer het.
Die forum maak voorsiening onder “Terugvoer oor kampplekke” vir “Hier kan julle lees oor ander kampeerders se ervarings by spesifieke kampplekke in hierdie provinsie.”, in hierdie geval, Lichtenburg Vakansieoord in Noordwes. As lid van die publiek, en aktiewe, verantwoordelike kampeerder, maak ek van hierdie voorreg gebruik om ons ervarings by woonwa-oorde – goed of sleg – te deel met die kampeer-gemeenskap waarvan ons deel is.
Liewe vriende, na aanleiding van my terugvoer soos na verwys hierbo is ek, die forumlede wat kommentaar op my skrywe gelewer het, en WegSleep, deur ‘n prokureur namens die oord gedreig met onder meer siviele regstappe, skadevergoeding en verlies aan inkomste. Die prokureur het WegSleep versoek om my skrywe sowel as al die reaksies daarop met “onmiddelikke effek te verwyder”. Vervolgens was my skrywe en die reaksies daarop volgens die dreigbrief “wesentlik defamatories van aard, eensydig en die inligting daarin is vals”. Met ander woorde, ek en my familie word as leuenaars uitgemaak.
Die reaksie van die oord deur hulle prokureur was slegs aan Zigi (WegSleep) gerig. Ek is nooit in die verband deur die oord of hulle verteenwoordiger gekontak nie, al het ek dieselfde skrywe voordat ek dit op die forum geplaas het, direk aan die oord volgens hulle vonkpos-adres op hulle webwerf gestuur. Tot op hede het ek geen erkenning van ontvangs of enige kontak van hulle gekry nie.
Ek aanvaar ook dat my terugvoer eensydig was. Natuurlik is dit eensydig – dis ons weergawe van die gebeure en hoe ons dit ervaar het. Die oord het nie gebruik gemaak van die geleentheid om hulle kant van die saak direk op die forum te stel nie, soos wat wel die geval is in vele ander skrywes waar beide kante se saak gestel word, en die gebruikers van die forum dan hulle eie opinies in die verband kan vorm. Tot vandag toe wonder ek hoekom die oord nie van die geleentheid gebruik gemaak het nie. Of eerder, ek het my eie opinie oor hoekom hulle die roete gekies het wat hulle wel gekies het.
Ek wil dit graag op rekord stel dat geen van die inligting of stellings wat ek in die skrywe gemaak het, vals of oneerlik was nie. Daarvoor is ek, Annatjie en Alwyn (ons gestremde seun, wat tydens die intervensie wel teenwoordig was in die oord se kantoor), bereid om onder eed te gaan. Ons integriteit in die verband is vir ons onvoorwaardelik, en elkeen van ons lewe met sy en haar gewete.
Elkeen na sy of haar eie persoonlike keuse, maar hierdie van Staden-gesin sal onder die huidige omstandighede nooit weer by die Lichtenburg Vakansieoord wil kamp nie. Daar is geen regverdiging om ‘n vrou en ‘n persoon met gestremdhede ooit of onder enige omstandighede so te behandel nie.
Baie dankie vir die personeel van die oord wat ons wel menswaardig en met empatie behandel het.
Johann, dit is nog 'n GROTER SIES!!!!! Ons staan by jou en wat jy gesê het, en staan by die kommentaar wat ons daarop geplaas het. Weereens SIES> Dit is die sterkste woord wat ek amptelik sal gebruik.
Ons dink en voel saam met julle.
Altyd egte kampgroete
Frans
Johann, Annetjie & Alwyn
Onder geen omstandighede verdien julle hierdie skrikwekkende swak behandeling nie.
Dit spreek boekdele van die karakter van die betrokke persoon. Om in die eerste plek so teenoor 'n wonderlike persoon soos Alwyn op te tree en dit dan viervoudig te vererger deur op 'n nog 'n laer vlak teenoor 'n dame sodanig op te tree, is absoluut skandalig.
Net soos gemeld deur die vorige twee inskrywings, kan en sal ek en my vriende ons nooit vereenselwig met sulke swak gedrag nie. En sal ons uiteraard nooit by die betrokke oord ons gesigte wys nie.
Ek vermoed tog dat hier 'n sinnistere agenda betrokke is: hoekom sal enige oord nie eens die moeite doen om hulle gaste te kontak na so 'n slegte gebeurtenis nie? Hoekom direk 'n prokureur betrokke kry? Is die oord betrokke by onheilighede? Of dalk selfs in die mark en kan dus nie enige vorm van 'ongure' publikasie bekostig nie (selfs al is dit die waarheid en ten koste van 'n gestremde persoon en sy moeder)?
Dis 'n openbare skande dat hierdie oord nie eens betrokke wou raak by hulle enigste bate - hulle gaste - nie. Integriteitloos ... ruggraatloos ... en spoedig ook sonder enige kampeerders.
Aan die van Staden-gesin: staan regop en fier en trots - julle is mense met die allerhoogste vlakke van suiwer karakter en absolute onkreukbaarheid. Soveel anders as die eienaar van die oord.
Johan,
Staan vas en sterk ons is baie wat julle steun.
Sterkte
Swak
Swakker
Swakste
-
-
-
-
-
-
Allerswakste = Lichtenburg oord
Hoekom direk 'n prokureur betrokke kry? Is die oord betrokke by onheilighede? Of dalk selfs in die mark en kan dus nie enige vorm van 'ongure' publikasie bekostig nie (selfs al is dit die waarheid en ten koste van 'n gestremde persoon en sy moeder)?
Dis 'n openbare skande dat hierdie oord nie eens betrokke wou raak by hulle enigste bate - hulle gaste - nie. Integriteitloos ... ruggraatloos ... en spoedig ook sonder enige kampeerders.
Aan die van Staden-gesin: staan regop en fier en trots - julle is mense met die allerhoogste vlakke van suiwer karakter en absolute onkreukbaarheid. Soveel anders as die eienaar van die oord.
Stadig nou. Ek neem aan jy ken die oord en die eienaar persoonlik, dat jy sulke aantuigings kan maak?
Ons weet nie al die feite nie, so moenie aanames maak nie. Niks om die van stadens gerig nie, maar daar is mense wat dink die lewe skuld hulle iets en almal moet na hulle poppe dans. Ons kan nie net elke keer die eerste persoon wat op hierdie forum kla, se woord vat as feite nie. Hoeveel keer het dit nou al gebeur en dan "backfire" dit as die ware feite later uitkom.
En hoekom sal 'n oord in hierdie saak betrokke raak? Al is hulle kant redelik skoon, hulle moet 'n "dame en haar gestremde kind" aanvat. So maak nie saak wie is reg en wie is verkeerd nie, die oord sal die woordewisseling elke keer verloor. En jammer om te se, maar in die verhaal(veral die oorspronklike draad) word die simpatie kaart die heeltyd gespeel.
En nee ek probeer nie moedwillig wees of nie simpatie toon nie. Kyk slegs objektief na die situasie, veral in die wete dat ek nog nie veel ander klagtes gehoor het ten opsigte van die oord nie, en selfs sien dat baie mense die oord en bestuur geniet. As die ware feite aan die lig kom en dit blyk dat die Van Stadens niks neerhalend gese het teenoor die bestuur of onbillike eise gestel het nie, sal ek die oord se reputasie orals versprei, ek is nie bang vir 'n perd en sy prokureur se dreigbriewe nie, mits ek die waarheid weet. Elkeen het 'n reg tot vryheid van spraak, en daar is ook vryheid van inligting, maar dan moet die ware feite vesprei word.
En al is Johan se storie 100% die waarheid en daar was niks geniepsig van hulle kant af nie, gaan dit steeds een ou se woord teen die ander wees. En die enigste manier gaan wees om dit in die hof op te los. So maak maar verder aantuigings teen die bestuur, hierdie draad gaan ook maar net weer verwyder word deur die prokureurtjie, en dan wen hy weer.
Johann
Ek het self 'n oord se diens op die forum verkla, met goeie oordeel en sonder fenyn! Dit is waaroor die orod gaan, om inligting te kry, goed en sleg! Ons het al die forum gebruik en fantastiese inligting gekry oor paaie om te ry en vermy as voorbeeld. Ek neem 'n kamper kwalik as hy nie ander kampers inlig oor goeie kamper en swak kampe.
Daarom neem ek kennis van die betrokke kamp, en soos toe ek die ander kamp op die forum "aangekla' het, het dit soseer geaan oor wat beleef is tydens die kamp nie,maar die gesindheid van die bestuur en hulle keuse hoe om die klagte te hanteer! Die klagte was eers na die kamp gestuur, en toe daar swak, onprofessioneel daarop gereageer is, het ek gevoel plaas dit op die forum.
Ek is seker naief, maar ek goeie dat alle redelike, billike kampers oordeel aan die dag sal le voor hulle 'n kampplek in 'n swak lig stel op die forum
Dus WIL EK WEET van onlangse geuare en raad oor kampplekke, motors en sleepgoed as voorbeelde. Op die forum het ek dan nou net gelees van iemand wat 'n motorvervaardiger aangevat het, en hulle het nie na 'n prokureur toe gehardloop nie, dus ek aanvaar dat die kampplek, iets het om wegtesteek! Laat mens dink net
Plaas dit op Hello Peter man!
Johann, ek dink hierdie idee van Pieter die Kamper is uitstekende idee. Hello Peter.com. het vir onsnou verlede week of so briljante resultate behaal met mediese fonds!!!
Groete.
Frans
My opinie is dat die kruks van die saak lê in die hantering van 'n klagte deur 'n onderneming - daaruit kan andere aflei watter kaliber bestuur aan die stuur van sake by die onderneming is.
Enige onderneming lewer 'n diens deur middel van sy werknemers en omdat mense faal, sal daar altyd klagtes wees. Trouens, klagtes is 'n baie handige bestuurshupmiddel in ondernemings om flaters aan te spreek en as dit in 'n positiewe lig gehanteer word, kan dit selfs besigheid uitbrei.
Onlangs tydens een van die eerste uitgawes van Rapport hierdie jaar, het die skrywer van hul verbruikersklagtes rubriek 'n lys genoem van groot korporatiewe ondernemings wat gereeld deur die publiek verkla word, maar wat altyd blitsige, positiewe reaksie getoon het om die probleme op te los. Vir hierdie optrede het Rapport die betrokke ondernemings bedank - die negatiwiteit van kliënte klagtes is deur hierdie ondernemings in iets positief omskep.
Ondernemings wat klagtes sodanig hanteer, pluk gewis die vrugte van hul positiewe gesindheid. Ondernemings wat dit nie doen nie mag dalk op tegniese regsgronde die stryd op die korttermyn wen, maar gaan op die lange duur die kompetisiestryd om uitbreiding van besigheid verloor.
Len
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Len Loader
- Romeo
- Gert Venter
- SHARK
- Speknek
- John Cooper
- Kampklong
- Benzan
- Perdeby
- Alias
- PaulS
- wehan
- Wingnut
- WilleWillemien
- JM
- deonhitchcock







Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI
As ek die eienaar / bestuurder van die Lichtenburg Vakansieoord was, het ek my kop in 'n gat gaan druk na aanleiding van bogenoemde skrywe.
Lichtenburg Vakansieoord sal my nooit in sy lewe sien nie, en ek sal almal afraai wat miskien belangstel om daarheen te gaan.
Lichtenburg Vakansieoord, druk dit in jou pyp en rook dit. Gee sommer vir jou prokureur ook 'n trek.
Groete
Flip
"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"