Dube - wat is jou opinie

spydr
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Wat sê mense oor Dube naby Brits?  Ons was nog nooit daar nie en wil graag gaan.  Hulle restaurant is blykbaar toegmaak - watter ander geriewe is daar en hoe lyk die kampeerplekke?  Wat van sekuriteit?  Sal graag wil hoor van mense wat onlangs daar gaan kamp het asb!


Masserings-diens by Bakgatla - baaie persoonlik!

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Goeie dag Spydr,

Gaan lees graag die volgende draad.

http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/hier-praat-ons/kletskamer/dube-wonderlik

 

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 201
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Spydr

Ons het in 2010 daar gekamp, geen probleme gehad nie. Ons maak maar altyd ons eie kos so die restaurante pla nie veel nie.

Groete

 Die lewe is lekker...

spydr
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie Hennie, ek het ook daarna gekyk.  Net gewonder hoekom die restaurant nou toe is en of die res van die geriewe goed is, maar dit lyk belowend.


Masserings-diens by Bakgatla - baaie persoonlik!

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Hello Spudr, ons het vroeg Desember laasjaar daar gaan kamp, dit was ons derde keer in 'n jaar (ek dink dit se alles). Ons beplan nou weer om die naweek van die 25ste Februarie te gaan, ek persoonlik het nie eers geweet hulle het 'n restaurant gehad nie, ons het dit nog nooit gemis nie.

Die kampplekke is onder redelike "bosveld bome" soos bv. doring bome en "raasblaar bome".  Die sekuriteit is uitstekend so ook die ablusie blokke. Ek geniet hul onderdak swembad verskriklik want, dit is baie, baie skoon en netjies. 'n Mens kan regtig lekker gaan sap of fietsry en die wild 'n bietjie nader beskou.

Volgens my mening is dit die ideale plek om na toe te gaan vir 'n naweek, julle sal nie spyt wees nie....

 

 

Annemarie

 Hak en ry.....

spydr
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 10
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie Annemarie, dit klink goed.  Ons het bespreek vir 10-12 Feb en ek sal bietjie terugvoer lewer op die forum.


Masserings-diens by Bakgatla - baaie persoonlik!

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 46 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kampklong
  • Benzan
  • Perdeby
  • Romeo
  • Alias
  • Len Loader
  • PaulS
  • wehan
  • SHARK
  • Wingnut
  • WilleWillemien
  • JM
  • deonhitchcock
  • Christo de Wit
  • Diederik
  • JC
  • John Cooper

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.