Drie Berge Oord

Gesels saam op die WegSleep forum.
Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

Ons was die afgelope naweek daar om bietjie vir Vriende te kuier.

 

Dit is op dieselfde pad as Klein Paradys. Regtig n baie nice oord.

 

- Die Ablusie is skoon, netjies en die een se teels is nuut oorgedoen

- Die staanplekke is ruim en gelyk

- Die swembad is verhit

 

Daar is ook n dam wat gemaak is deur water wese in die rivier, so daar is visvang gelentheid.

 

Die oord is nie so kommersieel soos Klein Paradys nie, so jy kry so bietjie van n bos gevoel. Daar is selfs n MTB en stap roete bo oor die berg.

 

Gaan kyk gerus. 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Ebenhaeser, moet se dit is 'n baie lekker oord, was self daar 2009 saam met my kinders. Lekker ruim staanplekke en 'n baie rustige atmosfeer - soos jy se mens kry nogals die bos gevoel daar veral as jy onder by die rivier staan of op die buitense grense.

Kon ook niks vind om te kritiseer nie.

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Oubaas
Super sleper
Aangesluit: 23/05/2011
Inskrywings: 526
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Ek wou nou al 'n paar keer daar bespreek, maar het voorheen van 'n hele klomp diefstal gevalle op verskillende tye daar gelees. En dit maak my versigtig. Die plek klink altyd so lekker.

Kon julle sien of die sekuriteit skerp is? Ek is maar versigtig as ek van te veel onaangename gevalle by 'n plek hoor. Ek moet ook byvoeg dat meeste van die gevalle waarvan ek gelees het so twee jaar terug was. Weet nie of sekuriteit al beter is nie.

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Ebenhaeser,

Ons was al 3 keer daar en beoog om weer soentoe te gaan voor die Kleinparadys kamp die einde van Oktober.

Dit is lekker stil en rustig omdat die swembad ens nie nie naby die kamp is nie en die Krokodil rivier maak die rustigheid soveel meer.

Groetnis

Danie & Issie

 

 

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Eben, hier s so paar fotos wat daar geneem is

 

 

Danie Pretorius

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1021
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Oubaas,

 

Die sekuriteit probleem beweer ek is nou opgelos. Hulle het n elektrisiteit heining omgesit. Die bestuurder het gese dat dit n groot finansieele uitleg was, rondom R180 K +++

 

So ek hoop hulle het nie weer n insident nie. DIe bestuurder het gese dat vanaf die heining op is het hulle geen probleme ervaar nie.

Oubaas
Super sleper
Aangesluit: 23/05/2011
Inskrywings: 526
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Ok ek was daar die naweek.

Tariewe: R220/nag      R350/nag hoog seisoen.

Minder as 10km buite Brits. Selfde pad as Klein paradys pad (sink dit is van heerden wat jy in afdraai in Brits) Pad is redelik mooi. Nie slaggate nie, maar so bietjie op en af soos alle enkel pmattelandse paaie maar deesdae is. Die 2km grondpad tot by die oord is glad nie sleg nie. Ek sal nou nie se jy kan jaag daar nie, maar as jy stadig ry is daar geen probleem. Daar is so 50m stukkie wat jy so oor die kant van die koppie ry wat erg lyk, maar dit is eintlik mooi, en daar is elke geur en kleur karavaan die naweek oor die pad en niemand het gekla nie.

Ablusies is mooi oorgedoen. Die kamp was propvol en nie eenkeer hoef jy te gewag het vir iemand nie. Daar was altyd vuurwarm water. Hulle stook in die oggende en aande kole sodat geysers nie uitgeput raak nie. Hier sal jy nooit lou of koue water kry nie. Soos ek dit ervaar het. Daar is ook so paar "gesinsbadkamers met 'n bad, wasbak en toilet. Jy betaal nie ekstra nie, kan dit gebruik soos dit beskikbaar is. Die storte is briljant ontwerp sodat die vloer waar jy aantrek nie nat word nie. Die ontwerp boet egter spasie in en as jy nie 'n sixpack het nie maar 'n ordentlike coolbox, dan is bad jou voorland want jy gaan nie in die stort kan inkom nie. Ek het 'n paar groot manne gesien wat maar na die bad toe gegaan het. Weet nie hoe gaan hulle in daai klein badjies kom nie, spons dalk maar net af.

Ek moet hier 'n groot pluimpie gee. Soos gese die kamp was propvol en nie een keer was die badkamers vuil nie. Ek praat nou nie van buitensporig vuil nie, maar spotless die hele naweek. Die vloere het geblink dag en nag. Jy so nie eers 'n grassie, sand of iets nat ooit in die ablusies sien nie. Ek het begin wonder of die skoonmakers deurnag werk.

Sekuritiet. Wel ek het al gehoor van probleme daar so paar jaat terug. Die sekuriteot lyk vir my baie goed en van die beste wat ek al gesien het. Omhein regrondom. En die vier keer wat ek oor die naweek hier in die oggend ure opgestaan het om gou onder die boom te gaan staan, moes ek maar ablusies toe stap, want elke keer as ek uitklim dan sien ek dadelik manne met flitse rondloop.

Staanplekke is baie goed uitgele. Meeste van hulle is baie groot. Sommige van die staanplekke wat op die rivier uitkyk, is bietjie kleiner, maar definitief nie klein nie. Daar is gewone drie punt proppe sommer naby aan elke staanplek. Ook 'n kraan, drein, braaier en asblik by elk. Hier van so 26 - 37 lyk vir my die mooiste staanplekke wat oor die rivier kyk. maar die meeste rivierfront staanplekke is nice. Ek sal 34 as my eerste pick vat, met 32, 33 en 35 as 'n close twede. As jy kinders het en nie by die water wil staan nie.18-22 is weg van die water, baie groot staanplekke. baie van die staanplekke, veral by die rivier het meet grond as gras, maar dus omdat daar so baie bome is, so gras kan nie eintlik groei nie.

Vermaak. Daar is swembad (nie altyd warm nie) kinder klimrame, baie swaaie en ander goed om aan te hang, beach voleyball, tafeltennis, trampoline, tennisbane ens. Jy kan ook visvang en daar is plek om met roeibootjie te ry, Ook tv, 'n winkeltjie, staproetes ens. Al die aktiewiteite is so 500m van die kampterrein af, so dit pla niks by die kamp nie, maar ek het ook gevind dar daar nie veel aangaan nie, weet nie of dit dalk is omdat dit te ver is of die mense wil nie hulle kinders so ver weg alleen laat speel nie.

Betsuur is vriendelik en alles is reg en op datum. Daar was weer een of ander karavaan klub wat gedink het hulle besit die plek, en vandat ons daar aangekom het het die musiek gebler dar in die verte van hulle kant af. JA JA ek het niks gese nie, want na so paar brandewyne toe two step ek met 'n tentpaal daar onder die boom toe die tanne gaan inkruip het. Blykbaar het iemand wel gaan kla die Vrydagaand by bestuur, en daar was nie meer 'n geluid vir die res van die naweek nie. So die bestuur doen hulle werk.

Algemene indrukke. Tussen ablusies, vermaak en die res,, is niks die beste wat ek nog by 'n oord gesien het nie. As algehele pakket. Beslis een van die bestes. Definitief ;n plek wat ek 'n paar keer per jaar sal besoek vir 'n naweek wegbreek of dalk langer. As jy wil bietjie wegbreek van die gedruis en hoogs kommersiele oorde, is Drie Berge die plek, en daar is teeds baie om te doen. En dit is rustig met baie bome. Maar ooooeeeeweee daai stortjies. Ek kan nog so paar centimeter gaan, maar dan is afspons in die klein badjies ook my voorland. As jou vroutjie beoog om vir haar 'n nuwe stel tupperware aan te skaf, moenie die grootstes uitsoek nie, anders gaan sy ook maar moet bad.

Dit was nou nog nie lower groen nie, maar hier is so foto of twee.

Staanplek 34, baie bome met 'n rivier uitsig.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Goeiedag almal,

 

 

 

 

 

 

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

Goeie dag Pieter,

Groete.

Mark.

 

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Jinne, dit klink baie goed. Oubaas, baie dankie vir die volledige terugvoer, dit is werklik insiggewend. Kan ons kontak besonderhede kry asb...moet miskien daar gaan draai voor ek die blond stuur vir die tupperware....lol!!

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Jammer, erens het iets verkeerd gegaan en die boodskap het verdwyn. Ek wens ek kan dit met ander goed ook laat gebeur.

Ons was die afgelope naweek vir 5 dae (4 nagte) by Drie Berge. Alles is werklik baie georden. Die staanplekke is ruim. Die bestuur is vriendelik en behulpsaam (vra maar vir Arie Mooiman). Ablusie is goed en altyd skoon. As jy nie in die stort kan inkom nie, my maat, dan het jy `n ernstige probleem.

My voorstel is eenvoudig. Gaan kamp self daar en oordeel self.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Rudo Mare
  • JC
  • John Cooper
  • Kampklong
  • Diederik
  • JM
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza
  • Romeo
  • Hentie7
  • Frikadel
  • Lein Claassens

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.