Amigo's Rietspruitdam (Ventersdorp)
Nuwe forum onderwerpe
Amigo's [Rietspruitdam] is so 10km vanaf Ventersdorp in Noordwes gelee. Kostes was R380 vir die naweek vir ses mense. Ons was daar vanaf 30 Jan tot 1 Feb. Kamp bestaan uit drie oewers, die "B" en "C" oewers is meer vir die groot vissermanne, ons was by die "A" oewer. Al die staanplekke op die "A" en "B" oewers het kragpunte en krane. By die "A" oewer is daar 'n onderdak warmwater swembad en 'n kouerwater swembad met 'n lang glybaan. Die amblusie blokke (twee) is baie skoon en warmwater was nooit 'n probleem nie, een van die blokke is nuut.
Die oord het pragtige gras ["A" en "B" oewer] tot teen aan die water wat baie netjies in stand gehou is. Daar is ook vier huisies wat jy kan huur. By die "A" oewer is staanplekke A1-A24 op die water en A6 to A17 is naby die amblusie blokke. Ek sal A12 of 13 aanbeveel. Visvang by die "A" oewer is goed maar jy moet baie ver kan ingooi [aasboot sal beter wees] om die grootes te kry
Kan nie regtig oor iets kla nie, my vrou was so bietjie ongelukkig omdat daar nie toiletpapier in die amblusie beskikbaar gemaak word nie, maar ons manne is mos nie skaam om met die rol te stap nie!!
Die Chrysler groep, Volkswagen en nog 'n vervaardiger of twee het ssamgespan en enjins ontwikkel om die kostes in toom te hou. Hulle deel baie tegnologie op die enjins. Vir dieselfde rede is daar baie van die nuwe motors op die pad wat amper dieselfde lyk. Dis nou die Peugoet 107 en gesante en dan die nuwe bussies van Opel en Nissan en nog een wat omtrent presies dieselfde is
So gepraat van handelaars, ek sien dat die Toits vertoonlokale in Pretoria leeg staan
Dankie vir die tip Russel, ek het dit gaan verander!
Dar was Saterdag so 'n storm in die Amandasig area in Pretoria dat die boomslopers heel Sondag besig gehou was
> Afrikaans farmer who wanted to get a divorce paid a visit to a lawyer . The
> lawyer said, "How can I help you?" The farmer said, "I want to get one of
> them dayvorces . "
> The lawyer said, "Do you have any grounds?" The farmer said, "Yes, I got 40
> acres" The lawyer said, "No, No, you don't understand, Do you have a suit?
> The farmer said, "Yes, I got a suit, I wears it to church on Sundays . " The
> lawyer said, "No, no, I mean, do you have a case?" The farmer said, "No, I
> ain't got a Case, but I got a John Deere .
> The lawyer said, "No, I mean, do you have a grudge?" The farmer said,"Yes, I
> got a grudge, that's where I parks the John Deere"
> The lawyer said, "Does your wife beat you up or something?" The farmer said,
> "No, we both get up at 4:30 . "
> By now the lawyer is getting frustrated but tries one last question . The
> lawyer said, "Is your wife a nagger?" The farmer said, "No, she's a little
> white gal, but our last child was a nagger and that's why I wants a
> dayvorce
Goeie more almal ,Het getrek die naweek en is nou baie moeg ,gaan maar sukkel deur die dag ,hoop almal het n lekker dag verder
Heinrich,
Eintlik moes jy en jou vroutjie daar voor die mooi wa in jul stoele gesit het, met 'n glasie in die hand. Een van die kinders kon 'n foto van julle geneem het.
Groetnis
Ryno
Stem ook saam, 1 Goeie ablusie en een nie so hot nie....Verder baie nice kan nie rerig kla nie...
Nico, waar's die foto van die kroeg? Sien, ons moet weet waarvoor om reg te maak, want sênou ons loop halfdag Saterdag droog???
QUOTE: Stofdonkie - 2/2/2009 8:59 AM Het ook al die vuurvaste stene in parafien ding probeer. Moet met Hennie saamstem, makliker om sommer Blitz by die "keffie" te koop
___________________________________________________________
Moenie 'n fout maak nie - ek koop ook maar blitz by die keffie 
Amigos was lekker. Ons was so 3 weke gelede daar maar kyk.
Die plek se ablusieblokke is nie op standaard nie. Die nuwe een het nie warm water gehad nie en die ou een kort verf, Kon dit al 2 jaar terug geverf het. Tensy hulle die ablusie blokke regkry, sien hulle my nie weer nie.
Groete
Arno
Selfde ervaring by Klub Amigos gehad, die water wou ook nie dreineer in die storte nie, hulle ontvangs is maar baie onvriendelik , sal my ook nie weer sien nie
Kom net nou net terug van Amigos af....
WHATA WEEKEND !!!!
Ek is nou nie daai tipe wat sit en kyk wanneer maak die bestuur 'n oopsie nie....
Ons was saam met die ringbal mense daar vir hulle jaar eind funksie.....en WHATA WEEKEND !!!
Probeer om vis te vang, maar die kuier was baie lekkerder as visvang !!
Lekker Hennie,
Ons gaan more middag soontoe vir die naweek, kan nie wag nie.
Graag wil ek ook mede kampeerders inlig van my ondervinding op klub Amigos, ons was die naweek daar en wat n wonderlike oord. Die opgegradeerde badkamers lyk asemrowend en die staanplekke is mooi groen. Maar daar sal altyd iets of iemand wees wat dit bederf, en in die geval was dit die ene Pieter Van Wyk (bestuurder van die oord) wat nie sal skroom om jou met sy bitsige tong iets toe te snou nie. Bitter ongeskuk nadat ek om 17:00 n sakkie kole by die kafee wou gekoop het. Kastig was die winkel klaar toe maar die deure was nog oop en sal hy nie die vermetelheid he om vir my te se " ek het die hele dag tyd gehad om dit te koop nie" Ek is jammer nie almal soek dieselfede dinge in kamp nie maar een ding is verseker dit maak nie saak hoe die terein lyk nie maar vriendelike diens is altyd vir my n pluspunt. Pieter my ou vriend ek kom van die Vaal af en daar is hordes plekke in en om my waar ek kan hengel maar Klub Amigos sien my nie weer nie. Ons was n saamtrek van 16 mense die naweek daar en ons voel almal dieselfde
Ek WOU NOG soontoe gaan maar bogenoemde terugvoer het my so pas anders laat besluit!!
Wonder hoe het Jacquesb dit ondervind??
Dit gaan my verstand te bowe dat mens soveel "klagtes/stories" kry oor onbeskofte bestuurders by kamp terreine!!!!!!??
Mens sou werklik gedink het dat iemand wat 'n vakansie oord bestuur darem 'n redelike kennis van kliente diens het?
Soos in een van die ander drade oor 'n kampterrein genoem, maak nie saak hoe mooi 'n kamp terein is, hoeveel sterre en wat hy alles bied nie - met swak/onbeskofde bestuur gaan hy beslis kliente verloor!
Ek sal BESLIS [en ek glo baie voel soos ek] nie weer na 'n kamp gaan war ie bstuur 'n slegte smaak in my mond gelaat het nie!
Dagsê Almal,
Soos Skippie genoem het, was ons ook die naweek daar.
Ons was 'n groep van 4 staanplekke, en moet sê dat ons dit weereens baie geniet het. Die nuwe ammunisieblokke lyk baie mooi., dink net hy sal een of ander tyd moet kyk na die "drain".
Soos altyd sal daar iemand wees wat nie weet hoe om 'n ammunisieblok te los nadat jy daar was nie. Die persoon het in een van die wasbakke, aan die mans kant, opgegooi en dit net so gelos. Dit het Vrydag Saterdagaand een of ander tyd gebeur.
Dit is regtig jammer om van Pieter se gesindheid teenoor sy gaste te hoor, ek het nog nooit met hom enige probleme gehad nie, so ek kan nie regtig daarop kommentaar lewer nie.
Dagse mense.
Ons gaan Amigo's toe van 15-23 Desember, sal terugvoer gee as ons terug is.
Almal moet maar mooi ry en onthou die vakansie begin as jy by die huis se hek uit ry en nie as jy daar opgedaag het nie.
Groete
Barry & Maxi
Hi
Meeste van die kommentaar was in 2009/2010 gelewer. Die plekkie is aangeraai deur 'n kennis en die kommentare sover, het my glad nie opgewonde oor die plekkie nie. Kan iemand wat meer onlangs daar was dalk vir my 'n idee gee van hoe dit daar lyk en gaan? Fotos sal ook baie waardeer word.
Baie dankie
Amanda,
Wat is dit wat julle verwag ???
Dit is regtig 'n lekker plek vir vis vang vernaam die ower waar die dagbesoekers verby ry.
Hi Willem
'n Kamp- en visvangnaweek beteken vir ons rustigheid. M.a.w. visstokke se lyne wat hardloop 2uur in die na-nag is 'n fees vir enige oor, maar 'n klomp dronkgatte, om dit reguit te stel, wat 'n onaardse lawaai maak en oorverdowende musiek speel is bedoel vir die stad se nagklubs en kroeë.
As kind het ek gereeld en oral saam met my oorlede Pa gaan visvang en net die krieke en muskiete is na 6 saans gehoor. Die ou wat dit gewaag het om 'n "wireless" aan te sit, eintlik enige geluid bo 1 desibel gemaak het, is "oortuigend" gevra om die area te verlaat.
Qodesh is so plekkie. Doodstil en die kampers se gesels is nooit steurend nie - eintlik vorm dit deel van die ontspanning, maar wanneer ons kan, verken ons ons land so staanplek tot staanplek - die nomade in my man - en probeer daarom graag nuwe plekke.
Iemand op Wegsleep het eendag gesê: Doen goed huiswerk voor jy 'n oord besoek om teleurstelling te voorkom. Dis wat ek nou doen oor Amigos.
Groete
Dit is waar maar die een wat langs jou inkom is nuut en jy weet nie hoe hy gaan reageer op wat hy drink nie. Ons het 'n baie lekker naweek daar gehad, maar kon netsowel die teenoorgestelde gewees het.
Klein Paradys by Brits is baie streng oog geraas en die water is reg voor jou, gaan kyk na die Saamtrek se terugvoer foto's.
Dankie Willem. Ek gaan verseker so maak.
Amanda
Ons het nou al drie keer die afgelope 12 maande daar gekamp en nog geen probleme opgetel nie.
Dankie baie Nico. Ek waardeer die terugvoer.
Dankie vir die inligting Willem. Hou ons asb op hoogte want ons was die afgelope naweek te Swartruggens dam en het absoluut niks gevang nie. Die gedagte is/was om dan Rietspruit volgende op die lysie te maak
'n Ekologiese ramp is besig om Rietspruitdam te tref.
Vriend Barnie se seun het so twee dae gelede teruggekeer vanaf 'n hengeltrippie daar. Hulle het so 3 kleintjies gevang. Hy rappoteer terug dat daar baie vis besig is om te vrek. Jy vang die karpe met jou hande en dan is hulle lippe, oë en kiewe opgeswel en vol sere. So ook die lywe.
So, indien jy sou beplan om daar te gaan hengel in die nabye toekoms, weet verseker dat 'n vrottende dam en oewer jou gaan begroet.
Wat die rede hiervoor is, weet ek nie, maar sal deur die loop van die dag probeer uitvind.
PS. Kom ons verwyder maar die red alert.
Nou net 'n lang gesprek met die eienaar gehad. Daar is geen waterbesoedeling nie. Die waterkwaliteit word gereeld gemonitor en getoets omrede dit van die oog afkomstig is en die boere se besproeingswater is.
Mense "catch & release", maar hou die visse vir lang tydperke eers in die hounette. Die vis se koppe, lippe en lywe word in die hounette beseer en beserings soorgelyk aan die soos bo genoem kom dan voor op die visse wat die mense dan vrylaat.
Blykbaar gebeur dit gereeld veral oor Desembervakansies wanneer daar baie mense by die oord is.
So, geen gevaar, maar as jy daar vang is die versoek dat jy jou vis moet huistoe vat en nie so met dit maak soos ek hier beskryf het nie. Die dam is blykbaar heeltemaal oorbevolk met die vis en die eienaar probeer mense oorreed om die vis te vat en nie terug te gooi nie. Indien jy wel wil vis teruggooi, moet hulle nie eers in 'n hounet aanhou nie.
Kommentaar #29 is geredigeer. Lees hom gerus.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- wehan
- SHARK
- PaulS
- Len Loader
- Kampklong
- Wingnut
- WilleWillemien
- Benzan
- JM
- deonhitchcock
- Perdeby
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare








.jpg)







.jpg)




.jpg)
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT
Dit is altyd sleg as 'n handelaar toemaak. Ek was in Januarie daar op soek na 'n partjie en hulle het nie gelyk of hulle van plan was om toe te maak nie
Come to think of it, ek dink amper daar was mense wat die woonwaens deurgekyk het en alles neergeskryf het
WillemJVR