Aeroden
Nuwe forum onderwerpe
Ons het so paar naweke gelede die oord besoek. Was aanvanklik skrikkerig aangesien dit eintlik 'n "microlight" vliegveld is. Skynbaar was die wind nie "reg" nie en het daar so 2 "tuigies" opgestyg". Die staanplekke is reusagtig groot - elk met sy eie badkamertjie en opwasplek. Die swembaddens was skoon en die terrein baie netjies. Die spoedwalle in die pad was effens hoog en ongelukkig moes ons Sondag reeds 14h00 uit wees. Ons sal VERSEKER weer soontoe gaan. Daar is net 6 staanplekke.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Aeroden_-_ablusies.jpg | 139.86 KB |
| Aeroden_-_koue_swembad.jpg | 148.96 KB |
| aeroden_-_warm_swembad.jpg | 105.84 KB |
| Aeroden_-_waterglybaan_-_koue_swembad.jpg | 161.65 KB |
| aeroden_-_staanplekke.jpg | 153.59 KB |
Dit lyk soos die plek, net te min staanplekke vir 'n WegSleep Saamtrek.
Camping Sites
We have six large camping sites each one separated with wooden poles for complete privacy. The sites have their own ablution facilities with a shower, toilet etc and an outside tiled wash up basin. The sites overlook the large swimming pool and water slide to make it easy to keep an eye on the children.
Give us a call and find out what our specials of the month are!
Co-ordinates: SOUTH 25 43 07.35 EAST 27 44 14.38
Tel: 083 999 3842 • Fax: 086 662 3235
Off R512, Old Rustenburg Road
Postnet Suite 28 • Private Bag X0091 • Brits
www.aeroden.co.za
Linda: 083 999 3842 • basie@aeroden.co.za
Dankie Willem.
Ses staanplekke is net reg. Ses lekker kuiermanne en die saak is reg.
Laat my dink aan Tranquil Nest. Net vier staanplekke. Ons was al daar op pad KNP toe. Dit was baie aangenaam.
Dankie vir die info Willem.
nou moet iemand nog net microlight flights aanbied dan is die naweek geboek.
Ons is so 5 karavane wat begin Maart 2012 daar gaan kamp, ons het gaan loer na die geriewe en dit lyk fantasties.
Pragtige kouewater swembad
Onderdak warmwater swembad
"Deck" wat uitkyk oor die kamp terrein
Eie ablisie geriewe per karavaan staanplek, baie netjies.
Ek sal terugvoer gee as ons klaar gekamp het.
Rawk - eerstens welkom hier op die forum!
Jy moet ASB vir ons terugvoer gee. Vind ook asb uit of radio beheerde vliegtuie daar gevlieg mag word. DIT kan lekker raak!!!
Baie lekker gebly en ek en al my gaste het ingestem, ons sal weer terugkom Aeroden toe.
Ek het ongelukkig versuim om te vra of radio beheerde vliegtuigies daar mag vlieg - jammer man. so oor die naweek was daar seker so 4 of 5 microlights wat gevlieg het, maar dit was geensins 'n probleem nie, mens het dit inteendeel baie interresant gevind.
Langnaweek in April is bleikbaar vol, mens sal vroeg moet bespreek in die toekoms, aangesien daar net 6 staanplekke is.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- PaulS
- Kampklong
- SHARK
- Wingnut
- WilleWillemien
- Benzan
- JM
- deonhitchcock
- Perdeby
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare








.jpg)
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel
Inadreyer
Waar is die kampplek. Dit lyk heel goed.
Groete
Johnny & Rachel
Germiston