Kuruman Karavaanpark
Nuwe forum onderwerpe
Jammer om te se, maar Kuruman karavaanpark sien my nooit weer nie, nie nadat hulle by my kar ingebreek het en R 3000.00 se goed gesteel het nie. Dit sluit in my GPS, wat ek wel die volgende oggend terug gekry het nadat ek dit aangemeld het, maar sy skerm is tot niet. Ergste van alles is dat ek het 1 meter vd kar in my tent geslaap het!! Die dorp raas ook so dat jy, moeg gery, nie eers weet die manne is doening langs jou nie. Gelukkig het ek my beursie en ander waardevolle goed in die tent by my gehad.
My voorstel, bly weg vd munisipale oorde (n reel wat ek 1 keer gebreek het) en ondersteun eerder die privaat oorde weg vd dorpe.
By Kuruman kan mens by Redsand net buite die dorp oppad na Kathu staan. El Dorado Hotel gaan ook eersdaags begin met die ontwikkelling van 'n karavaanpark langs die hotel.
By Britstown kan mens by Kambo staan - so 20km buite die dorp aan die Kimberley kant van die N12.
Het ook een nag jare terug daar oor gestaan. Dit raas so dat jy nie kan slaap nie met al die trokke wat deur die nag deur die dorp gery kom. Maar daar was toe nog nie so probleem met diefstal gewees nie, gelukig nie
Ietsie om te onthou vir die toekoms
Ek is baie lief vir die kalahari en wil nog my familie die aarde daar gaan wys.
Lekker dag
Tinus
Ek moet beaam wat jy se. Ek laat almal wat daar wil oorslaap weet dat dit nie so 'n goeie idee is nie. Ons het langs jou gestaan en het julle baie jammer gekry met jul verlies. Die betrokke aan was daar so 'n geraas van karre en dronk mense dat NIEMAND kon slaap nie. Dus as jy wil slaap/rus hou verby die Oog karavaan park.
Hi almal.
Ja, ons het ook so 'n paar jaar moeg na 'n dag se ry oppad Kgalagadi toe by die Kuruman karavaanpark ingery. Gelukkig het 'n stemmetjie vir my gesê hier moet ons nie oorslaap nie. Ek het maar deurgedruk na die Redsands Lodge sowat 15km uit op die Kathu pad. Daar is wel sowat 3km se grondpad wat jy moet ry om daar uit te kom, maar dis in 'n goeie toestand gewees. Die plek is stil, skoon en netjies. Ons het daardie aand sommer by hulle Restaurant gaan eet, en was dit nie lekker nie! Redsands sien my elke jaar as ons deurry Kgalagdi toe.
Lekker kamp!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kampklong
- WilleWillemien
- SHARK
- Benzan
- JM
- Wingnut
- deonhitchcock
- Perdeby
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans







Tinus,
Ek was in 2007 ook daar gewees. Daar is nou wel nie in my kar in gebreek nie, maar die bure het vir my gesê dat jy alles moet toesluit wanneer jy in die aand gaan slaap anders is alles wat jy buite los gesteel. By die ontvangs is 'n kennisgewing wat sê dat die hekke om 21:00 gesluit word, maar dit gebeur nie. Ek het die hele nag baie rusteloos geslaap want jy is kort-kort wakker om te gaan kyk of alles nog wel is.
By Britstown se karavaanpark is dit ook dieselfde. Daar is dit weer die kinders van die dorp wat jou in die nag verpes.
Sterkte
Stoffel