Kalahari Monate (Spitskop Natuurresevaat)
Nuwe forum onderwerpe
Ons het die naweek gaan kamp by Kalahari Monate, Hierdie Kamp is so 13km buite Upington op die pad uit na die Kalagadi toe.
Daar is 43 staanplekke met gras, elk het krag en 'n braaiplek , daar is water by elke braai. Die bome is aldaar maar dit gaan nog 'n jaar of twee neem voor dit goed gevestig en genoegsame koelte verskaf. Die hoofhek word beheer met 'n "remote" wat elke besoeker ontvang. dit is dus heel rustig in die kamp.
Daar is 'n ablusie blok ook met opwas geriewe vir skottelgeod en wasgoed. Nie ultra modern nie maar skoon en heel gerieflik..
Goeie plek om nou oor te staan siende dat al die ander plekke nou onderwater is ..
Ek gaan ook poog om 'n foto of twee aan te heg..
Tarief is tans R150.00 per nag..
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kampklong
- WilleWillemien
- SHARK
- Benzan
- JM
- Wingnut
- deonhitchcock
- Perdeby
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats


